Selfmoorde onder die troepe van die VSA het ‘n gemiddeld van byna een ‘n dag hierdie jaar bereik – die vinnigste tempo in die land se dekade van oorlog.
Die 154 selfmoorde vir aktiewe troepe in die eerste 155 dae van dié jaar is baie meer as die Amerikaanse magte gedood in aksie in Afghanistan – sowat 50 persent meer – volgens die Pentagon se statistieke wat verkry is deur Associated Press.
Die ongewilde oorlog in Afghanistan se einde is in sig met die laaste gevegstroepe wat aan die einde van 2014 sal onttrek. Maar hierdie jaar se rekordgetalle van soldate wat deur Afghaanse troepe doodgemaak is, val saam met verskeie skandale oor Amerikaanse wangedrag.
Die 2012-selfmoordtotaal van 154 tot 3 Junie vergelyk met 130 in dieselfde tydperk verlede jaar, ‘n toename van 18 persent. En dit is meer as die 136,2 selfmoorde wat die Pentagon vir hierdie tydperk op die tendens van 2001-2011 geprojekteer het. Hierdie jaar se Januarie-Mei totaal is 25 persent op van twee jaar gelede, en dit is 16 persent bo die tempo vir 2009, wat geëindig het met die hoogste jaarlikse totaal tot dusver.
Selfmoordsterftes het konfliksterftes in Afganistan vir die VSA ook in vorige tydperke oorskry.
Die getalle styg dus onder die 1,4 miljoen aktiewe militêre personeel, ten spyte van jare van pogings om troepe aan te moedig om hulp te soek met geestelike probleme. Baie in die weermag is van mening dat dit ‘n teken van swakheid is, en ‘n potensiële nadeel vir bevordering.
Jackie Garrick, hoof van ‘n nuutgestigte Selfmoordvoorkoming by die Pentagon, het in ‘n onderhoud Donderdag gesê kenners sukkel nog om te verstaan wat veroorsaak selfmoordgedrag.
‘n Goeie voorbeeld daarvan is ‘n senior weermag-generaal wat onlangs aan soldate oor selfmoord gesê het hulle moet “optree soos volwassenes.”
Die militêre hulpdienste het intussen vertroulike telefoonlyne opgestel, meer geestelike gesondheidspesialiste op die slagveld ontplooi, opleiding in streshantering bygevoeg en meer belê in navorsing oor geestelike gesondheidrisiko’s.
Die Marines het ‘n beradingsdiens by name “DStress-lyn,” wat ‘n tolvrye nommer gebruik en wat Marines anoniem kan skakel. Hulle kan ook ‘n webwerf om aanlyn anoniem met ‘n berader te gesels.
Die Marines het waarskynlik die meeste sukses in die verlaging van hulle selfmoordsyfers, wat min of meer in lyn met die vlakke van die afgelope vier jaar bly. Die Lugmag se syfers het opgeskiet sedert die ontplooiing van onbemande tuie.
Die hernieude oplewing in selfmoorde het die Verdedigingsekretaris Leon Panetta bekommerd gestem. Verlede maand het hy ‘n interne memorandum aan die Pentagon se top burgerlike en militêre leiers gestuur waarin hy selfmoord as “een van die mees komplekse en dringende probleme” wat die Verdedigingsepartement in die gesig staar, beskryf het.
