Aandklokreël in Tunisië ingestel

Tunisië se Lente-rewolusie het nog geweld gebaar.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden, noem egter die Arabiese Lente steeds ‘n “demokratiese beweging“.

Op dieselfde dag as sy toespraak, het die Egiptiese hoë hof die Islamitiese meerderheid in die parlement nietig verklaar en die Egiptiese weermag het beheer van die wetgewer oorgeneem.

‘n Aandklokreël moes in agt streke in Tunisië, insluitende die hoofstad, ingestel word ná onluste oor ‘n omstrede kunsuitstalling uitgebreek het.

Die regering blameer Salafiste, ‘n Moslemsekte, vir die geweld, het ‘n beampte van die ministerie van binnelandse sake gesê.

Die aanklokreël van agt uur is ingestel na verskeie gewelddadige aanvalle uit protes teen ‘n kunswerke met uitbeeldings van insekte wat die woord, “Allah” spel.

Polisiekantore is ook aan die brand gesteek. Nourredine Bhiri, die land se minister van justisie, het gesê diegene wat geweld aanstig sal ‘n “duur prys betaal”.

Salafiste het egter ontken dat hulle by die onluste betrokke is.

Die aandklokreël geld in die stede Sousse, Monastir, Jendouba en Ben Guerdane.

Intussen is Zine el-Abidine Ben Ali, voormalige president van Tunisië, deur ‘n militêre hof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ben Ali is gevonnis vir sy rol in die dood van betogers teen sy regime tydens verlede jaar se opstande. Altesaam 22 mense is in die opstande dood.

Staatsaanklaers het gevra dat Ben Ali, wat in ballingskap in Saoedi-Arabië is, die doodstraf opgelê word.

лобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae