Britse pedofiele vas voor Spele

Die polisie het klopjagte onderneem by die huise en eiendomme van tientalle vermeende pedofiele in Brittanje en het 76 mense, insluitende ‘n afgetrede onderwyser, in hegtenis geneem.

Beamptes van 40 taakmagte wat onder die beheer van die Child Exploitation and Online Protection Center ontplooi is, het 141 lasbriewe uitgereik.

Die oortredings sluit onder andere in die besit en verspreiding van onsedelike beeldmateriaal van kinders.

Kate Fisher, ‘n navorser by die sentrum, sê die beelde wat deur pedofiele afgelaai word, word toenemend meer ekstreem, sadisties en gewelddadig. Dit bevat ook toenemend meer jonger kinders.

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was ook ‘n skeidsregter, patoloog, brandbestryder en rekenaarprogrammeerder.

лобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae