Die skietery het Woensdagaand plaasgevind toe twee groepe van die betogers vermoedelik stry gekry het.
Ooggetuies het aan die polisie gesê een groep wou buitelanders se winkels plunder terwyl die tweede groep dit wou keer, het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.
Hy sê die man is in ‘n kritieke toestand na die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg geneem.
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Dlamini sê die polisie het Woensdag 12 mense aangekeer wat teen swak dienslewering betoog het.
Hy sê die verdagtes sal in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.
Dlamini sê die polisie hou steeds wag.
Beyers Naudé-rylaan naby die Zandspruit- informele nedersetting is Woensdag en Donderdag gesluit nadat betogers motors met klippe bestook het.
