Danksy die PVV, die party van Geert Wilders, is Afrikaans deel van die komende verkiesing.
Die opskrif in die Volkskrant lui: Verkiezingsprogramma’s over cultuur: ‘steun aan het Afrikaans’.
Nuus oor die wêreld buite Suider-Afrika
Danksy die PVV, die party van Geert Wilders, is Afrikaans deel van die komende verkiesing.
Die opskrif in die Volkskrant lui: Verkiezingsprogramma’s over cultuur: ‘steun aan het Afrikaans’.
Dis ‘n moddergooiery in die VSA tussen Romney en Obama wat in die komende maande gaan verhewig. Hollywood se jongste mega-fliek Batman: The Dark Knight Rises, gaan ook nie aan ‘n paar volblertse ontkom nie.
Die DC Comics se wit karakter Bane is die slegte ou in die jongste Batman-avontuur. Bane klink natuurlik soos Bain, Bain Capital, die maatskappy waarvoor Romney gewerk het en wat ‘n sentrale tema by die Demokrate teen hulle opposisie is.
Republikeine dink daarom die homofoon is nie toevallig nie. Batman word in die fliek weer tot op die punt van uitputting gedruk deur die kwade en Bane is uiteindelik die booswig wat Batman se rug breek.
Bane se oorwinning lei dan tot chaos, anargie en wetteloosheid. Wat die Demokrate betref, is hulle opponente “17 kwaai wit mans” wat die land wil oorkoop.
En wie het gesê die Amerikaanse verkiesing gaan nie oor ras nie?
Barack Obama sal bedrywig wees in Augustus om fondse in te samel vir sy herverkiesing as president van die VSA.
Hy sal onder meer in Switserland, Swede, Parys asook… Kommunistiese China aandoen om geld in te samel.
Hier is die lys van sy verskynings.
Frankryk se Nasionale Front gaan Madonna dagvaar nadat sy beeldmateriaal van partyleier Marine Le Pen met ‘n swastika bo op haar gesig by ‘n konsert in Parys Saterdag vertoon het, het ‘n amptenaar van die party gesê.
Die video wat op ‘n groot skerm vertoon is, is reeds gebruik op die ander bene van die Amerikaanse sanger se toer en toon die sanger se gesig met ander openbare figure, soos Pous Benedictus en die voormalige Egiptiese President Hosni Moebarak, wat verlede jaar deur die Arabiese Lente ontsetel is.
Die gesig van die Nasionale Front se leier verskyn vir ‘n paar sekondes, met die Fascistiese simbool kortliks bo-oor, en word gevolg deur ‘n man wat lyk soos Adolf Hitler.
Hy het die beelde “onaanvaarbaar” genoem omdat Madonna probeer om Le Pen, wat 18 persent van die stemme in die eerste ronde in April gewen het, met fascisme te assosieer.
Sedert die leisels van die Nasionale Front verlede jaar deur haar ex-valskermsoldaatvader Jean-Marie Le Pen aan haar oorhandig is, het sy probeer om haar party se aansien uit te brei deur die verdrywing van “ekstremiste, rassiste en anti-Semiete”.
“Dit is ons plig om ‘n klag te bring om ons kiesers en ons ondersteuners te verdedig,” het Philippot gesê.
Hoewel Le Pen se oproepe vir proteksionisme en vir Frankryk om die eurosone te verlaat baie simpatie gewen het, het hulle slegs twee setels in die 577-lid Nasionale Vergadering in verlede maand se wetgewende verkiesings ingepalm.
Die nuwe verslaggewer op die Amerikaanse mediatoneel neem nie ‘n koffiepouse nie, kry nie griep nie, lewer artikels teen die spoed van lig, en werk sonder pensioenvooruitsigte.
Noem hom sommer Al, ‘n afkorting vir algoritme!
Dit is omdat dié verslaggewer nie ‘n mens is nie, maar ‘n rekenaaralgoritme, geslyp om rou data oor korporatiewe verdienste en sporttellingvooruitsigte in leesbare prosa te vertaal.
Algoritmes word in die vervaardiging van ‘n groeiende aantal artikels vir koerante en webwerwe gebruik.
Narrative Science, wat in die vervaardiging van sulke algoritmes spesialiseer, het byvoorbeeld die volgende geproduseer:”Wall Street is high on Wells Fargo, expecting it to report earnings that are up 15.7 percent from a year ago when it reports its second quarter earnings on Friday, July 13, 2012,” wat op Forbes.com verskyn het.
Terwyl rekenaars nie die subtiliteite van elke storie kan ontleed nie, kan hulle groot hoeveelhede rou data neem en dit na nuus omskakel, sê ontleders.
“Dit kan werk vir enigiets wat basies is en op formules staatmaak,” sê ‘n ontleder by ‘n media navorsingsgroep.
En met die mediamaatskappye onder geweldige finansiële druk, kan die skuif om nuusproduksie te outomatiseer “die herbou van die koste-ekonomie van joernalistiek beteken”.
Stephen Doig, ‘n joernalistiek-professor by die Arizona State University, wat rekenaarstelsels gebruik om te sif deur data wat dan aan verslaggewers gegee word, het gesê die nuwe rekenaar-gegenereerde nuus is ‘n logiese volgende stap.
“Ek het nie ‘n filosofiese beswaar teen hierdie soort van skryf wat uitgekontrakteer word aan ‘n rekenaar nie, indien die verslaggewer die tyd nuttig kan gebruik vir iets meer interessant,” sê Doig.
Ontleders sien dit as “die volgende generasie van inhoudskepping.”
“Oor die volgende 12 tot 24 maande, sal elke media-maatskappy ‘n mate van ‘n outomatisasie strategie nodig hê,” het ‘n ontleder aan AFP gesê.
Om die effek van die tuisdorpkoerant na te boots, sal sekere maatskappye wat in dié soort nuus spesialiseer, artikels genereer met ‘n ander “tonaliteit”, afhangende van die leser se voorkeur of plek.
Dinesh D’Souza gesels met Obama se broer, George Obama, oor die beweerde woede teen kolonialisme wat president Obama van sy eie (en George se) swart vader geërf het.
D’Souza stel dit in sy boek: “Hierdie rondloper, dronk Afrika-sosialis, wat teen die wêreld fulmineer dat sy anti-koloniale ambisies nie gerealiseer het nie, kan nou die die land [Die VSA] se agenda bepaal deur die reïnkarnasie van sy drome in sy seun.”
Hy gesels ook in die ekslusiewe onderhoud oor Suid-Afrika se posisie.
‘n Optog vir die 4de Julie in Huntsville, Utah, in die VSA, het gesorg vir omstredenheid toe ‘n deelnemer die president nageboots het.
Agter op die motor wat “Obama” vervoer het, was onder meer ‘n plakkaat met die woorde: “Vra oor ons aanvalsgeweerplan”.
Lees hier.
Die arme prinses! Dit is skaars ‘n paar maande, of sy word vir die wolwe gegooi. Nie net haar tande nie, maar ook die land wat sy verteenwoordig, is onder die soeklig.
Die jongste voorblad van die Amerikaanse konserwatiewe tydskrif, The New Republic, bevat ‘n aantal artikels oor die einde van die Britse Ryk, met die troonopvolger se vrou, Kate Middleton, wat ‘n vrot stel geel tande op die voorblad flits om die tema van die tydskrif te belig.
Tuis in die VK het die arme eggenoot van William ook nie rus gehad nie. Die Britse Daily Mail het haar hele ongelukkige tandheelkundige geskiedenis blootgelê in antwoord op die Amerikaanse voorblad.
Haar gebit is blykbaar “reggemaak” deur ‘n Franse tandarts in Londen, wat nie hou van tande wat te egalig is nie. Volgens een van sy medewerkers, is dit ‘n Amerikaanse voorliefde: Tande wat té perfek is. Die Franse tandarts, Didier Fillion, praktiseer in Wimpole Street in Londen, en het kamers in Parys en Geneve.
Hy het verlede jaar ‘n versteekte harnas gebruik om mikroverstellings aan die hertogin van Cambridge se tande te maak, sodat dit nie te perfek lyk nie. Die werk aan Kate se tande het glo duisende ponde gekos.
Haar tande is ook met ‘n baie duur, spesiale proses witter gemaak.
Die Sosialistiese Francois Hollande wat die Franse presidentskap dié lente oorgeneem het, het vele Franse kiesers laat hoop dat sy nuwe regering ‘n duidelike verandering in die rigting van die “bling-bling” administrasie van sy voorganger, Nicholas Sarkozy sal bring.
Sy kabinet met baie vars gesigte, lyk asof hy omstrede kwessies met nuwe perspektiewe wil aanpak.
Hierdie week, is een van die mees ongemaklike en ongeskonde elemente van die Franse politieke grondslag – die kwessie van ras – uitdruklik genoem deur een van Hollande se nuwe ministers.
Volgens die filosofiese ortodoksie in politiek in Frankryk, is daar net een soort Fransman: ‘n Nie-rassige een. Almal is gelyk in Frankryk, want in Frankryk is elke Fransman ewe Frans. As gevolg hiervan, dra die “koppelteken-identiteite” soos in die Verenigde State nie amptelike goedgekeuring in Frankryk nie.
Alhoewel daar “Afro-Amerikaners” en “Swart Britte,” in Frankryk is, is daar geen “Franse Afrikaan” nie.
Hierdie week het egter Yamina Benguigui, Minister van die Franse taal, die radikale voorstel gemaak dat die Franse regering die konsepte van etnisiteit en ras moet erken en moet toegee dat dit werklik bestaan in die Franse Republiek.
Tot op datum is geen amptelike statistiek saamgestel op grond van etniese of rasse-agtergronde nie, sodat geen formele poging aangewend kan word om die Franse volk te analiseer nie, of enige probleme wat dit in die gesig staar, vanuit hierdie perspektief ondersoek kan word nie.
Benguigui, ‘n filmprodusent wie se pa uit Algerië kom, argumenteer dat Frankryk die gevolge van dekades van immigrasie en die mislukking van assimilasie moet erken. Ten spyte van die belangrikheid van “gelykheid” en “broederskap”, het ‘n gebrek aan pragmatisme beteken dat abstrakte ideale oor hoe die Franse staat gebou moet word om die regering se vermoë om belangrike ras-verhoudingsprobleme aan te spreek, beperk.
Die TV-nuus van brandende motors en ‘n nag van geweld wat gereeld uit die arm voorstede om Parys en ander groot Franse stede gebeeldsaai word, is ‘n konstante herinnering dat baie mans en vroue, gebore as die kinders of kleinkinders van immigrante in Frankryk, nog steeds nie ingesluit voel in die Cartesiaanse volmaaktheid van die Franse Republiek nie.
Volgens na Benguigui, het die tyd aangebreek vir die regering om sy blinddoek af te haal en te begin om te erken dat die rasgemeenskappe nog altyd bestaan het in Frankryk en sal voortgaan. Slegs dan kan ‘n pragmatiese benadering bestaan om die uitdagings wat Frankryk die gesig staar, aan te spreek.
Te midde van negatiewe ekonomiese vooruitsigte, dit is steeds onduidelik hoeveel van ‘n prioriteit Hollande sal gee aan Benguigui se radikale nuwe voorstelle oor hoe Franse burgers hulself moet definieer en, gevolglik, hoe die Franse regering beleid moet ontwikkel om die uitdagings van diversiteit te bestuur.
Altesaam 228 mense is in die ongeluk dood.
Die geregtelike verslag, wat aan die families van die slagoffers voorgelê sal word, het tot die slotsom gekom dat foute deur die vlieënier en spoedsensors verantwoordelik was vir die ongeluk, het ‘n bron naby aan die saak Woensdag gesê.
Die Nigeriese lugredery, Dana Air het intussen begin om vergoeding te betaal aan die families van die slagoffers van ‘n vliegramp ‘n maand gelede.
‘n Passasiersvliegtuig het op 3 Junie in Lagos in Nigerië neergestort en al 153 mense aan boord is dood.
‘n Onbekende aantal mense op die grond is ook in die ongeluk dood. ‘n Woordvoerder van die lugredery, Tony Usidamen sê nege families het reeds sowat 240-duisend rand ontvang en sal in totaal bykans 800-duisend rand kry.
Hy sê ‘n verdere 67 eise word verwerk. Dana Air is sedertdien verbied om te vlieg, en die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.