Nuwe Batman: Die slegte wit man

Dis ‘n moddergooiery in die VSA tussen Romney en Obama wat in die komende maande gaan verhewig. Hollywood se jongste mega-fliek Batman: The Dark Knight Rises, gaan ook nie aan ‘n paar volblertse ontkom nie.

Die DC Comics se wit karakter Bane is die slegte ou in die jongste Batman-avontuur. Bane klink natuurlik soos Bain, Bain Capital, die maatskappy waarvoor Romney gewerk het en wat ‘n sentrale tema by die Demokrate teen hulle opposisie is.

Republikeine dink daarom die homofoon is nie toevallig nie. Batman word in die fliek weer tot op die punt van uitputting gedruk deur die kwade en Bane is uiteindelik die booswig wat Batman se rug breek.

Bane se oorwinning lei dan tot chaos, anargie en wetteloosheid. Wat die Demokrate betref, is hulle opponente “17 kwaai wit mans” wat die land wil oorkoop.

En wie het gesê die Amerikaanse verkiesing gaan nie oor ras nie?

topcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae