Altesaam 228 mense is in die ongeluk dood.
Die geregtelike verslag, wat aan die families van die slagoffers voorgelê sal word, het tot die slotsom gekom dat foute deur die vlieënier en spoedsensors verantwoordelik was vir die ongeluk, het ‘n bron naby aan die saak Woensdag gesê.
Die Nigeriese lugredery, Dana Air het intussen begin om vergoeding te betaal aan die families van die slagoffers van ‘n vliegramp ‘n maand gelede.
‘n Passasiersvliegtuig het op 3 Junie in Lagos in Nigerië neergestort en al 153 mense aan boord is dood.
‘n Onbekende aantal mense op die grond is ook in die ongeluk dood. ‘n Woordvoerder van die lugredery, Tony Usidamen sê nege families het reeds sowat 240-duisend rand ontvang en sal in totaal bykans 800-duisend rand kry.
Hy sê ‘n verdere 67 eise word verwerk. Dana Air is sedertdien verbied om te vlieg, en die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
