Spiessaak vandag voor

Die saak van ‘n man wat probeer het om die woord “respect” op ‘n muur van die Goodman-galery in Johannesburg te spuit sal Donderdag in die Hillbrow-landdroshof hervat word.

George Moyo se verhoor is in Junie uitgestel.

Sy borgtog is verleng met sy laaste verskyning. Hy is op 23 Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Moyo staan tereg op ‘n aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

Hy het die letters “res” op ‘n wit muur van die galery gespuit voor hy aangekeer is.

Moyo is die derde oortreder om in hegtenis geneem te word nadat twee ander mans, Barend la Grange en Louis Mabokela, ‘n dag voor Moyo se inhegtenisname Brett Murray se skildery The Spear met rooi en swart verf besmeer het.

Die omstrede kunswerk wys pres. Jacob Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. ‘n Duitse versamelaar het intussen die kunswerk vir R136 000 gekoop.

лобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae