President Jacob Zuma is gevra om ‘n kontinentale beraad oor sosiale kohesie na sy toespraak in Kliptown, Soweto, gister te belê.
Die beraad, by Walter Sisulu-plein, wat aangebied is deur die minister van Kuns en Kultuur Paul Mashatile, is bygewoon deur die VF+, DA-leier Helen Zille, Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, godsdienstige organisasies en gemeenskapsorganisasies.
Helen Zille, DA-leier, die pres. Zuma het mekaar se geselskap tydens die beraad Woensdag terdeë geniet. Hulle het neffens mekaar gesit. Ernst Roets van Solidariteit/Afriforum is ook een van die genooides.
Roets het intussen getwiet dat hy Naledi Pandor ondersteun. “Naledi Pandor by die mikrofoon. Sê SAners moet meer in ekonomiese terme dink. Bravo!”
Alhoewel Zille die Basiese Onderwys Departement gekritiseer het vir die versuim om die “verleentheid” in Limpopo oor handboeke op te los, was die DA en ANC dit verder eens oor die mikpunte van die beraad.
Die VF+ het egter die agenda van die beraad as kommerwekkend beskryf in die sin dat dit eintlik maar ‘n geval van “Be reasonable, see it our way ” is.
Dr. Corné Mulder se toespraak het ‘n gesis en ‘n spotlag in die gehoor veroorsaak. Mulder het gesê minderhede word uitgegeskuif.
Solank sommige dink hulle is meerderwaardig op grond van ras, sal daar nié nasionale eenheid en samehorigheid in Suid-Afrika wees nie, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, in antwoord op Mulder gesê.
“Deur die manier waarop ons praat en optree, is dit duidelik die meeste van die mense wat moet aanvaar hulle is Afrikane … dink nog hulle is meerderwaardig omdat hulle van ‘n sekere ras is.”
Sy het gesê minderhede moet by die meerderheid aansluit en ophou dink hulle verdien “aparte en spesiale” behandeling.
Suid-Soedan se Minister van Jeug, Kultuur en Sport, dr. Cirino Hiteng Ofuho, wat die Soweto-byeenkoms bygewoon het, het gesê Zuma moet so ‘n beraad op die vasteland organiseer.
Hy het gesê Suid-Afrika is nie alleen in die hantering van sake van kohesie nie en dat so ‘n beraad sal tot voordeel van die vasteland.
Zuma het gesê Suid-Afrika nodig het om te belê in skoolsport, opvoeding en moet beleid wat die gaping tussen arm en ryk oorbrug, implementeer.
Hy het gesê tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat Suid-Afrika suksesvol aangebied het, is burgers van alle rasse en agtergronde verenig agter Bafana Bafana en ‘n verenigde front het die toernooi se sukses verseker.
Vavi het gesê ongelykheid was by verre die grootste struikelblok vir nasionale eenheid en maatskaplike samehorigheid.
“Geen hoeveelheid gepraat by berade soos dié sal ons nader aan mekaar bring nie, tensy ons die onderliggende strukturele probleme in ons ekonomie, wat die oorsaak is van ons werkloosheid, armoede, ongelykheid en sosiale verdeeldheid, oplos,” het hy gesê.
