Sweed wat immigrante skiet, vas

‘n Sweedse hof het ‘n 40-jarige man op twee aanklagte van moord en vier van poging tot moord skuldig bevind.

Dié skuldigbevinding kom ná ‘n reeks skietvoorvalle waarin immigrante meestal in die land se suide geteiken is.

Die Malmo-distrikshof het Dinsdag ook beslis die verdagte, Peter Mangs, moet psigiatriese evaluering ondergaan.

Die hof het gesê die bewyse teen Mangs is “oortuigend” en daar sal meer inligting gegee word nadat die psigiatriese evaluering voltooi is.

Mangs is in November 2010 in hegtenis geneem nadat die polisie hom verbind het met meer as twaalf skietvoorvalle wat tussen 2009 en 2010 in die suidelike stad Malmo gebeur het.

Mangs sal na verwagting in September gevonnis word.

Фільчаков Олександр Васильович

Russiese basbariton oor swastika uit

Jefgheni Nikitin, 38, talentvolle Russiese sanger, moes onttrek van die beroemde Bayreuth-fees in Duitsland – wat Richard Wagner se werk vier – na samesprekings met die organiseerders.

Hy sou die hoofrol in die Vlieënde Hollander sing met die opening van die produksie Woensdag. Die fees is besonder sensitief oor Nazi’s omdat Wagner ‘n anti-Semiet was en sy Britse skoondogter, Winifred Wagner, vriende met Adolf Hitler, wat sy opvoerings onder die Derde Ryk besonder geniet het.

Nikitin het Nazi-tattoeërings as ‘n jong man gekry. Hy het ‘n groot swastika op die regterkant van sy bors en links ‘n lewensrune, ‘n simbool wat gebruik is deur die SS Lebensborn, wat rassuiwer Ariese vroue ondersteun het.

In ‘n verklaring wat deur die fees vrygestel is, sê die basbariton: “Ek was nie bewus van die omvang van die irritasie en oortreding wat hierdie tekens en simbole sou veroorsaak nie, veral in Bayreuth gegewe die konteks van die fees se geskiedenis. Ek het dit gedoen in my jeug. Dit was ‘n groot fout en ek wens ek het nooit dit gedoen nie.

“Dit was nie vir my duidelik dat die simbole wat ek getattoeëer op my bors het, enige konnotasies het of selfs deur die Nazi’s en neo-Nazi’s gebruik is nie,” het die sanger in ‘n ​​e-pos aan die Duitse koerant Bild am Sonntag bygevoeg.

топкарго развод

Sirië se Christene leef in vrees

Dit gaan vir Christene ‘n Damaskus-ervaring wees as Sirië se president val. Bab Touma, die eeue-oue Christelike deel van Damaskus leef tans in vrees. Soos baie Christene wonder inwoners of Sirië se toenemend bloedige opstand president Bashar Assad se outokratiese maar sekulêre regering gaan vernietig.

Assad is die beskermheer van die land se godsdienstige minderhede – insluitende Christene en sy eie Alaoeïete Moslemsekte – teen buitelands-gesteunde Islamitiese ekstremiste.

Waarskuwings van ‘n bloedbad as Assad val, pla Christene, want hulle is verdryf deur sektariese geweld sedert die omverwerping van Irak en Egipte asook in die naburige Libanon.

Baie hier vrees wraakaanvalle teen minderhede, met die opkoms van wat hulle beskryf as ‘n nuwe diktatuur deur die Soenni-Moslem-meerderheid.

“As die regime gaan, kan jy vergeet van die Christene in Sirië,” sê ‘n 37-jarige tandarts. “Kyk wat gebeur het met die Christene in Irak. Hulle het oral gevlug, terwyl die meeste van die kerke aangeval en opgeblaas is.”

Bekommerde Christene hoef net na die stad Homs te kyk om te sien hoe ‘n burgeroorlog kan lyk. Daar was Soennies, Christene en die Alaoeïete, ‘n klein vertakking van Sjiïtiese Islam, slagoffers van grusame ontvoerings en moorde.

Die opkoms van Islamitiese partye in die post-rewolusionêre Egipte en Tunisië het die gevoel onder Sirië se Christene dat hulle onder beleg is, vererger.

Sommige vind die bevestiging van hul vrees in die betogings wat elke week na Moslems se Vrydaggebede plaasvind, as betogers landwyd godsdienstige en politieke slagspreuke dreunsing.

“Natuurlik is die ‘Arabiese Lente’ ‘n Islamitiese beweging,” sê die tandarts woedend. “Dit is vol ekstremiste Hulle wil ons land verwoes, en hulle noem dit ‘n ‘revolusie’.

Sirië se Christene, wat nie meer as 10% van die land se 22 miljoen mense verteenwoordig nie, spoor hul oorsprong twee millenniums terug na die begin van die geloof. Die apostel Paulus het tot bekering gekom op die pad na Damaskus, terwyl hy sy geloof oor die Romeinse Ryk wou verkondig.

Александр Фильчаков Васильевич

Sonkrag nader pariteit met koolstof

‘n Hele aantal nuwe sonkraginisiatiewe wat elektrisiteit opwek, het in die afgelope twee jaar na vore gekom, en die blote volume sonkrag nader prys-pariteit met koolstof in sommige markte.

In 2011 het die VSA ongeveer 1 gigawatt van nuwe son kapasiteit opgerig volgens die Solar Energy Industries Association. In Europa, ten spyte van voortdurende finansiële onsekerhede, is sonkrag ook besig om te groei, al is dit teen ‘n kleiner tempo as in vorige jare. Duitse kapasiteit staan ​​op 7,4GW. Italië verwek sowat 2,3 GW van sonkrag, en in Spanje, kan die son ongeveer 3,7 GW van elektrisiteit produseer.

Globale sonkapasiteit is nou ongeveer 40 GW, dubbel 2008-vlakke volgens BP se jongste statistiese oorsig van wêreldenergie. Kapasiteit sal na verwagting aanhou groei soos meer plase in Asië, veral in China, opgerig word. Beijing se nuutste vyfjaarplan, sal die installering van 5 GW van nuwe sonkrag teen 2015 beteken.

‘n Kombinasie van regeringsubsidies en groeiende produksie van fotovoltaïese (PV) panele het pryse verlaag, selfs met Europa se ekonomiese ellendes wat dien as ‘n rem op aanvraag.

Sedert 2008 het die prys van die PV-panele met 75 persent gedaal. PV-modules word nou verkoop vir ongeveer $2,30 per watt, ‘n daling van $3,51 per watt van net ‘n jaar gelede. Hierdie lae pryse maak sonenergie ‘n hoofstroomoplossing. ‘n onlangse Europese fotovoltaïese industrieverslag meld dat son vinnig besig om ‘n “volledig mededingende deel van die globale elektrisiteitstelsel” te word.

Terwyl PV-panele tans die grootste deel van die wêreld se sonkapasiteit genereer, sal die VSA in die volgende paar jaar na verwagting duisende megawatt van nuwe kapasiteit byvoeg deur Gekonsentreerde Sonkrag (GSK) aanlegte. In teenstelling met die tradisionele PV-fasiliteite, kan GSK (CSP in Engels) krag genereer deur die implementering van spieëls. Die spieëls vang en konsentreer sonkrag in hitte wat stoom opwek, wat dan groot kragopwekkers aandryf.

Sedert 2009 was die VSA die Departement van Energie (DOE) daartoe verbind om miljarde dollars aan GSK-ontwikkelaars beskikbaar te stel in ‘n poging om die land se son-termiese kapasiteit te verdubbel. Vroeër hierdie somer, het Credit Suisse gehelp met $852 miljoen DOE-gesteunde finansiering vir die Genesis Solar projek, ‘n 250-megawatt fasiliteit onder konstruksie in Kalifornië se Riverside County. Teen 2013, sal Genesis genoeg elektrisiteit genereer ​​om byna 88.000 huise jaarliks van krag te voorsien.

Ander soortgelyke DOE-gesteunde projekte wat tans onder konstruksie is, sluit BrightSource Energy se 392-megawatt Ivanpah-projek en Abengoa Solar se 250-megawatt Mojave-fasiliteit in.

Terwyl lae-koste sonkrag ‘n netto-positief vir ontwikkelaars en verbruikers is, was dit ‘n moeilike rit vir PV-paneelmakers. Vervaardigers het gesien hoe hul inkomste daal, wat veroorsaak het dat baie, soos die Kaliforniese vervaardiger Solyndra bankrotskap moes aanvaar. Met ‘n goedkoop PV-panele uit Asië wat die mark oorstroom, word baie vervaardigers verdrink in oortollige voorraad.

Ook in die Noord-Amerika is dit die gebrek aan konsekwente, ondersteunende openbare beleid wat die sonbedryf seermaak. Die Amerikaanse kongres het nie sleutelsubsidies wat tot 30 persent van die koste wat verband hou met nuwe hernubare energie-aanlegte, verleng nie. En in Europa, het die skuldkrisis banke gedwing om lenings vir ‘n paar sonkrag-projekte strenger te maak.

 

topcargo кидалы

Makabere advertensie

Warner Bros. Filmstudio het Vrydag gesê die fliek “The Dark Knight Rises” het R253 miljoen by die Amerikaanse sowel as Kanadese loket verdien in vertonings net ná middernag op Vrydag.

Die filmregisseur Christopher Nolan se derde film in sy Batman-trilogie, is wyd geadverteer, maar sy debuut is deur die tragiese skietery in ‘n Denverse voorstedelike teater in die vroeë oggendure op Vrydag onderbeek.

Олександр Васильович Фільчаков

Wit skieter brand los op Batman-teatergangers

Die verdagte wat in aanhouding is ná hy na bewering minstens 14 mense doodgeskiet het in ‘n rolprentteater in Aurora, Colorado, is uitgeken as die 24-jarige James Holmes, het mediabronne Vrydagmiddag berig.

Amerikaanse televisienetwerke het die FBI aangehaal, wat gesê het die skieter het sover bekend geen bande met terroristegroepe nie.

Holmes het glo op mense losgebrand terwyl hulle ‘n middernagvertoning van die nuwe Batman-rolprent The Dark Knight Rises by die Century 16-teater in Aurora gekyk het.

‘n Plaaslike radiostasie het berig dat mense gillend uit die teater gehardloop het.

Die skietery het sowat 30 minute ná die rolprent se aanvang, begin.

Party van die fliekgangers het eers gedink die skietery is deel van die vertoning.

New York se Kommissaris van Polisie, Ray Kelly het ekstra beamptes by die stad se rolprentteaters ontplooi uit vrees dat die skieter deur ander na-geaap sal word.

Spekulasie oor die motief agter die massaskietery groei, met ‘n ondersoeker wat beweer dat Holmes deel van Occupy Wall Street was. Holmes is blank.

Die Batman-film beeld die OWS-groep in ‘n negatiewe lig uit, wat hom laat glo dat dit ‘n oorsaak van die skietery kon gewees het.

topcargo

Waarom ‘n ‘versimpelde’ taal beskerm?

Dat de PVV het Afrikaans wil behouden omdat deze taal nauw verwant is aan het Nederlands, vind ik opmerkelijk. Tenslotte zijn er dichter bij huis ook mogelijkheden om de vaderlandse cultuur te beschermen. Men zou bijvoorbeeld de bezuiniging op het Rijksmuseum van Oudheden – het instituut dat (naar tijdsduur) 99,2 procent van de Nederlandse cultuur hoedt – kunnen terugdraaien. Die bezuiniging is gebaseerd op een ondoordacht, zichzelf tegensprekend advies van de Raad voor Cultuur. Maar nee, de PVV zoekt het verder van huis. Ik kan mij twee verklaringen voor die keuze voorstellen.

Historische feiten
Een eerste verklaring is gebaseerd op historische feiten. Het Afrikaans is een taal die door de Europese kolonisten tot vrij recentelijk niet als echte taal beschouwd werd. Het Nederlands was de officiële taal in bijvoorbeeld de boerenrepublieken. Het Afrikaans ontwikkelde zich als versimpelde taal waarin Europeanen, lokale Khoisan- en Bantoesprekers en slaven met elkaar spraken.

Veel van de slaven die de Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) invoerde, kwamen uit Zuidoost-Azië. Velen van hen waren moslim. Ook werden lastige islamitische leiders in de koloniën in Azië soms als balling naar de Kaap gestuurd. Het Afrikaans ontwikkelde zich onder hun invloed. Het is dan ook geen verrassing dat zich onder de oudste bewaarde Afrikaanse manuscripten teksten bevinden over de islam die zijn opgesteld in Arabisch schrift.

Het Afrikaans is dus het product van immigratie en interactie tussen verschillende etnische groepen. Van een partij die dit interessante verschijnsel wil steunen, zou je redelijkerwijs verwachten dat zij denkt dat immigratie positieve kanten heeft en dat mengculturen die zo ontstaan bestaansrecht hebben en subsidie verdienen. Die veronderstelling rijmt echter niet met Wilders’ tsunami-retoriek.

VOC-mentaliteit
Daaruit vloeit een tweede verklaring voor de opname van dit punt in het PVV-verkiezingsprogramma voort. Namelijk dat het binnen de 50 procent van het programma hoort waarvan Wilders zelf denkt dat het nooit uitgevoerd kan worden. Is het slechts een chauvinistische frase, waarmee men aandacht wil schenken aan de VOC-mentaliteit – kennelijk populair bij politici? De geschiedenis van de VOC in de Kaap is inderdaad interessant; de rol van de slavernij bij het functioneren van de VOC is veel minder bekend dan bij de West-Indische Compagnie. Maar of het belichten daarvan een PVV-prioriteit is?

Misschien sla ik de plank helemaal mis en ligt er iets heel anders ten grondslag aan het voornemen van de PVV om het Afrikaans te steunen. Ik vrees dat de VOC-optie dicht bij de waarheid komt. Als dat het geval is, betekent dit dat een partij die op ongeveer een vijfde van de Nederlandse stemmen kan rekenen ondoordachte losse flodders in haar verkiezingsprogramma stopt. Dat is eigenlijk best deprimerend.

Lees die mening hier.

Данильченко

Obama haal tjekboek uit oor Sirië

In ‘n telefoongesprek tussen presidente Poetin en Barack Obama, het die leiers saamgestem dat ‘n politieke oplossing bereik moet word vir die beëindiging van die geweld in Sirië.

“President Obama het ook die geleentheid gebruik om meegevoel uit te spreek oor die tragiese verlies van lewe as gevolg van die oorstromings in die suide van Rusland vroeër hierdie maand en gewys op die Amerikaanse gereedheid om bystand te verleen indien nodig,” het die Withuisverklaring gelees.

Met betrekking tot die gesprek tussen Poetin en Obama, het die Withuis die behoefte aan ‘n gekoördineerde politieke benadering tot die beëindiging van die geweld beklemtoon.

“Die twee presidente het kennis geneem van die toenemende geweld in Sirië en ooreengekom op die behoefte om ‘n politieke oorgang so gou as moontlik te sien omdat ons ​​gedeelde doelwit die beëindiging van die geweld is en ons ‘n verdere agteruitgang van die situasie wil verhoed,” het die Withuis gesê.

“Verskille in benaderings bly [tussen Washington en die Kremlin] met betrekking tot die praktiese stappe om ‘n skikking te bereik,” het die Russiese presidensiële woordvoerder Dmitri Peskov egter aan verslaggewers gesê na aanleiding van die Poetin-Obama oproep.

Die Russiese en Amerikaanse leiers het gepraat ná ‘n bomaanval Woensdag waar vier hooggeplaaste lede van president Bashar al-Assad se binnekring vermoor is. Die aanval het ‘n dag voor die Veiligheidsraad se sitting plaasgevind. Die mandaat van die VN-waarnemermissie in Sirië het Vrydag verstryk, wat die stemmery genoop het.

Rusland en die VSA het mededingende standpunte oor hoe om die 300-lid VN-sending uit te brei. Moskou is gekant teen sanksies teen Sirië en gesê dat dit gelykstaande sou wees aan die ondersteuning van die doelwitte van die rebelle.

Intussen het Moskou met Siriese opposisielede ontmoet. Rusland vrees dat die Westerse siening sal lei tot ‘n herhaling van wat in Libië gebeur het.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

SA bly buite stemming oor Sirië

Suid-Afrika en Pakistan het buite stemming gebly in die jongste Westerse skuif teen die Siriese regering, het die adjunk-minister van Internasionale Betrekkinge Ebrahim Ebrahim aan Eyewitness News Donderdag gesê.

Hy sal die media oor die Verenigde Nasies se Veiligheidsraadsstem aangaande die situasie in Sirië in Pretoria Vrydag toespreek, berig Sapa. Ebrahim het gesê die besluit sou net die Siriese regering straf, en nie die rebelle nie.

Hy het bygevoeg dat die rebelle goed bewapen is. Hy het ‘n oproep gedoen dat die Siriërs self hulle probleme moet oplos.

Brittanje, Frankryk, Duitsland en die Verenigde State van Amerika het voorgestel dat die internasionale gesant Kofi Annan se sespunt-vredesplan ingevolge Hoofstuk Sewe van die VN-handves verleng word, sodat die Veiligheidsraad aksies wat wissel van diplomatieke en ekonomiese sanksies tot militêre ingryping kan magtig.

Op die oomblik, sê Ebrahim is die geweld in Sirië “buite beheer”.

Hy het gesê om ‘n einde te maak aan die lyding van onskuldige burgerlikes is ‘n prioriteit.

Ebrahim het gesê Suid-Afrika ondersteun die pogings van die spesiale gesant vir Sirië, Kofi Annan, in die rigting van die beëindiging van die konflik.

Hy het gesê ‘n bom in die hoofstad Damaskus Woensdag, wat senior regeringsamptenare gedood het, waaronder die minister van verdediging Daoud Rajha, en “die baie gruwelike slagtings” van die afgelope paar weke, het getoon daar is twee kante van die konflik.

Beide Rusland en China het die skuif in die Veiligheidsraad geveto.

Siriese owerhede en rebelle is gewikkel in ‘n ​​16-maande-konflik oor die bewind van president Bashar al-Asaad.

Betogers het ook intussen die Siriese ambassade in Kaïro bestorm uit simpatie met teenstanders van president Bashar al-Assad.

Sirië se staatsnuusagentskap het berig dat die aanval die werk van “saboteurs was, wat befonds word deur die Golf-state bekend vir hul teenkanting teen Sirië deesdae.”

‘n Siriese diplomaat in die Egiptiese hoofstad het aan Reuters gesê dat die ambassade filmmateriaal van die betogers wat deur die hekke gebreek het, in hul besit het.

“Dit is dieselfde mense,” het Sirië se ambassadeur in Kaïro, Yusuf al-Ahmed, aan die Siriese nuusagentskap gesê wat glo reeds teen Sirië betoog het. “Ons het ‘n lys van name aan die owerhede oorhandig, maar geen stappe is geneem nie.”

Фильчаков прокурор

Voorskou van ‘n Olimpiese grootte fiasko

Londen en die Olimpiese Spele is duidelik nie gemaak vir mekaar nie, skryf Der Spiegel. Besoekers sal moet vasberadenheid en, die belangrikste van alles, geduld aan die dag lê om plekke te bereik. En vir die plaaslike bevolking is dit ‘n nagmerrie.

Dit is nooit maklik om ‘n Londenaar te wees nie, nie eens op ‘n volkome normale werksdag in ‘n Engelse somer nie.

Almal ervaar die swaarkry van die groot stadslewe in Londen. En vliegtuiggeraas, deels omdat dubbel- of trippel-paneelvensters skaars is, selfs in Europa se duurste stad.

In Londen, is motors, taxi’s en busse ondoeltreffende vorms van vervoer. As gevolg hiervan, dag na dag, druk miljoene mense hulself in die London Underground in, die oudste en onbetroubaarste metrostelsel in die wêreld.

Smal sypaadjies sorg vir verdere drukte as die reisigers bo-gronds verskyn na ‘n stampende, raserige, sweterige, warm rit.

Die drama ontvou weer elke aand, in die omgekeerde. Ongeveer die helfte van Londen se arbeidsmag pendel meer as 45 minute elk – as alles goed gaan. Is dit enige verrassing dat so baie mense by ‘n kroeg vertoef voor slapenstyd om hul sorge aan alkohol af te staan?

Nou is hierdie groot stad se mees uitdagende skouspel, die Olimpiese Spele, vir die derde keer aan bod. Voorheen is die Spele in 1908 en 1948 daar gehou.

Sy 7.800.000 inwoners sal ‘n gemiddeld van 1 miljoen bykomende besoekers per dag moet trotseer. Die reeds oorlaaide openbare vervoerstelsel sal belas word met ‘n addisionele 3 miljoen tariewe per dag. ‘n Totaal van 175 kilometer van die stad se strate sal vir normale verkeer gesluit word. Byna twee keer soveel soldate as wat Brittanje in Afghanistan het, ‘n helikopterdraer en spesiale mageenhede wat tot die tande gewapen is, sal die stad beset.

Londen neem reeds ‘n beskeie plek in, 38ste van 221 stede wêreldwyd, op die Mercer se 2011 Kwaliteit van Lewe-opname, ver agter Wene (1ste), München (4de), Toronto (15de), Hamburg (16de), Berlyn (17de) en Singapoer (25ste).

Londen se sukkelende groot lughawe Heathrow, is reeds op 99 persent van sy kapasiteit gedurende normale bedrywighede. Maar nou sal hulle honderde duisende ekstra passasiers wat aankom en vertrek binne ‘n kort tydperk moet hanteer. Dit lyk nie goed nie. Van gebrekkige beplanning tot meer gebrekkige beplanning.

En dan is daar Engeland se klassieke slegte weer. Die weerkundiges se Olimpiese voorspellings is niks kort van somber nie: Reën, reën en, ja, nog reën. En dit sal nie net val op die atlete nie, maar ook op die duurste sitplekke in die Olimpiese stadion. Optimistiese beplanners het besluit om nie die sitplekke te dek nie.

Met sowat 28.000 joernaliste en tegnici wat vir die byeenkoms geregistreer is, beteken dit byna drie vir elke aktiewe Olimpiese atleet. Nog nooit tevore in die geskiedenis was so baie lede van die media byeen op dieselfde plek nie.

Die Britte vier hul Britsheid met oorgawe. In 2011, het hulle nasionale trots daartoe gelei dat hulle ‘n uitspattige duur troue vir Prins William, die erfgenaam van die erfgenaam van die troon gehou het. Eerste Minister David Cameron het ‘n vier-dag nasionale vakansiedag afgekondig vir die 60ste herdenking van die koningin se se heerskappy. Geld en onkoste staan nie in die pad van Britse trots nie.

Die destydse eerste minister, Tony Blair het die toekenning van die 2012 Olimpiese Spele in London op 6 Julie 2005, met luide openbare applous aanvaar.

Die vooruitsig van ‘n goedkoop skouspel vergesel deur ‘n ekonomiese wonderwerk, teen ‘n prys van slegs £2,37 miljard is voorgehou. Maar ‘n parlementêre komitee het onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat die Spele die openbare sektor alleen £11 miljard kos. Sommige kritici is van mening dat die totale koste vir Londen in werklikheid neerkom op ongeveer £24 miljard.

Blair het in die aanloop tot die Spele gesê dit dien as ‘n aansporing om die Britte se fiksheid en gesondheid, veral die kinders s’n, te verbeter.

Dit het klaarblyklik nie die gewensde uitwerking gehad nie, want die seuns en meisies van die Britse Eilande is onder die vetste in die Europese Unie. Londen se East End het nou ‘n Olimpiese Park en die grootste winkelsentrum in die EU – maar dit is steeds vuil, arm en in ellende gedompel.

Dit was helaas net nie moontlik om Londen vir die geleentheid radikaal te hervorm, soos die Chinese met Beijing in 2008 dit reggekry het nie.

Die 2012 Olimpiese Spele in Londen sal dus waarskynlik baie ruimte vir improvisasie, sjarme en talent laat.

 

лобановский харьков класс