Amerikaanse televisienetwerke het die FBI aangehaal, wat gesê het die skieter het sover bekend geen bande met terroristegroepe nie.
Holmes het glo op mense losgebrand terwyl hulle ‘n middernagvertoning van die nuwe Batman-rolprent The Dark Knight Rises by die Century 16-teater in Aurora gekyk het.
‘n Plaaslike radiostasie het berig dat mense gillend uit die teater gehardloop het.
Die skietery het sowat 30 minute ná die rolprent se aanvang, begin.
Party van die fliekgangers het eers gedink die skietery is deel van die vertoning.
Spekulasie oor die motief agter die massaskietery groei, met ‘n ondersoeker wat beweer dat Holmes deel van Occupy Wall Street was. Holmes is blank.
Die Batman-film beeld die OWS-groep in ‘n negatiewe lig uit, wat hom laat glo dat dit ‘n oorsaak van die skietery kon gewees het.
