Londen en die Olimpiese Spele is duidelik nie gemaak vir mekaar nie, skryf Der Spiegel. Besoekers sal moet vasberadenheid en, die belangrikste van alles, geduld aan die dag lê om plekke te bereik. En vir die plaaslike bevolking is dit ‘n nagmerrie.
Dit is nooit maklik om ‘n Londenaar te wees nie, nie eens op ‘n volkome normale werksdag in ‘n Engelse somer nie.
Almal ervaar die swaarkry van die groot stadslewe in Londen. En vliegtuiggeraas, deels omdat dubbel- of trippel-paneelvensters skaars is, selfs in Europa se duurste stad.
In Londen, is motors, taxi’s en busse ondoeltreffende vorms van vervoer. As gevolg hiervan, dag na dag, druk miljoene mense hulself in die London Underground in, die oudste en onbetroubaarste metrostelsel in die wêreld.
Smal sypaadjies sorg vir verdere drukte as die reisigers bo-gronds verskyn na ‘n stampende, raserige, sweterige, warm rit.
Die drama ontvou weer elke aand, in die omgekeerde. Ongeveer die helfte van Londen se arbeidsmag pendel meer as 45 minute elk – as alles goed gaan. Is dit enige verrassing dat so baie mense by ‘n kroeg vertoef voor slapenstyd om hul sorge aan alkohol af te staan?
Nou is hierdie groot stad se mees uitdagende skouspel, die Olimpiese Spele, vir die derde keer aan bod. Voorheen is die Spele in 1908 en 1948 daar gehou.
Sy 7.800.000 inwoners sal ‘n gemiddeld van 1 miljoen bykomende besoekers per dag moet trotseer. Die reeds oorlaaide openbare vervoerstelsel sal belas word met ‘n addisionele 3 miljoen tariewe per dag. ‘n Totaal van 175 kilometer van die stad se strate sal vir normale verkeer gesluit word. Byna twee keer soveel soldate as wat Brittanje in Afghanistan het, ‘n helikopterdraer en spesiale mageenhede wat tot die tande gewapen is, sal die stad beset.
Londen neem reeds ‘n beskeie plek in, 38ste van 221 stede wêreldwyd, op die Mercer se 2011 Kwaliteit van Lewe-opname, ver agter Wene (1ste), München (4de), Toronto (15de), Hamburg (16de), Berlyn (17de) en Singapoer (25ste).
Londen se sukkelende groot lughawe Heathrow, is reeds op 99 persent van sy kapasiteit gedurende normale bedrywighede. Maar nou sal hulle honderde duisende ekstra passasiers wat aankom en vertrek binne ‘n kort tydperk moet hanteer. Dit lyk nie goed nie. Van gebrekkige beplanning tot meer gebrekkige beplanning.
En dan is daar Engeland se klassieke slegte weer. Die weerkundiges se Olimpiese voorspellings is niks kort van somber nie: Reën, reën en, ja, nog reën. En dit sal nie net val op die atlete nie, maar ook op die duurste sitplekke in die Olimpiese stadion. Optimistiese beplanners het besluit om nie die sitplekke te dek nie.
Met sowat 28.000 joernaliste en tegnici wat vir die byeenkoms geregistreer is, beteken dit byna drie vir elke aktiewe Olimpiese atleet. Nog nooit tevore in die geskiedenis was so baie lede van die media byeen op dieselfde plek nie.
Die Britte vier hul Britsheid met oorgawe. In 2011, het hulle nasionale trots daartoe gelei dat hulle ‘n uitspattige duur troue vir Prins William, die erfgenaam van die erfgenaam van die troon gehou het. Eerste Minister David Cameron het ‘n vier-dag nasionale vakansiedag afgekondig vir die 60ste herdenking van die koningin se se heerskappy. Geld en onkoste staan nie in die pad van Britse trots nie.
Die destydse eerste minister, Tony Blair het die toekenning van die 2012 Olimpiese Spele in London op 6 Julie 2005, met luide openbare applous aanvaar.
Die vooruitsig van ‘n goedkoop skouspel vergesel deur ‘n ekonomiese wonderwerk, teen ‘n prys van slegs £2,37 miljard is voorgehou. Maar ‘n parlementêre komitee het onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat die Spele die openbare sektor alleen £11 miljard kos. Sommige kritici is van mening dat die totale koste vir Londen in werklikheid neerkom op ongeveer £24 miljard.
Blair het in die aanloop tot die Spele gesê dit dien as ‘n aansporing om die Britte se fiksheid en gesondheid, veral die kinders s’n, te verbeter.
Dit het klaarblyklik nie die gewensde uitwerking gehad nie, want die seuns en meisies van die Britse Eilande is onder die vetste in die Europese Unie. Londen se East End het nou ‘n Olimpiese Park en die grootste winkelsentrum in die EU – maar dit is steeds vuil, arm en in ellende gedompel.
Dit was helaas net nie moontlik om Londen vir die geleentheid radikaal te hervorm, soos die Chinese met Beijing in 2008 dit reggekry het nie.
Die 2012 Olimpiese Spele in Londen sal dus waarskynlik baie ruimte vir improvisasie, sjarme en talent laat.
