Winnie prys Malema vir ekonomiese bevryding

Die Sowetan het gister berig dat die voormalige vrou van Nelson Mandela Malema in Nqgeleni in die Oos-Kaap geprys het dat sy pogings om ekonomiese bevryding vir die land te bring, opgemerk is.

Sy is vergesel deur Malema, ANC-jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu, die liga se opgeskorte sekretaris-generaal Sandiso Magaqa, sowel as haar dogter Zinzdi.

Hulle was by die amptelike opening van kamers by die Mzontsha-kindersorgsentrum, as deel van die voormalige president Nelson Mandela se verjaarsdagvieringe. Die huis is deur die Mandela-familie geskenk.

Madikizela-Mandela het verwys na Malema as haar kleinseun, wat sy bedank het dat hy ekonomiese bevryding “in ons leeftyd” op die agenda geplaas het.

“Dankie vir die leiding in die veldtog, want dit is as gevolg van jou klem, die Jeugliga se klem op die rol wat ons moet speel as vryheidsvegters.”

Sy het gesê die land is diep in die moeilikheid omdat beloftes gemaak is wat nie vervul is nie.

Die familie het later by Mandela vir sy verjaarsdag middagete by sy huis in Qunu genuttig. Die Sowetan kon nie bepaal of Malema by die familie ingesluit is nie.

лобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae