Statebond ondersoek SA menseregteskendings ná klag deur PRAAG

Ná ‘n klag deur PRAAG, ‘n Afrikaanse nie-regeringsorganisasie, is die Statebond besig om menseregteskendings te ondersoek wat tans in Suid-Afrika teen Afrikaners, buitelanders en ander minderhede gepleeg word.

Luidens ‘n reaksie van die kantoor van die Statebond-sekretaris-generaal, is PRAAG se klag na die Menseregte-eenheid vir verdere ondersoek verwys.

Sluit aan by PRAAG

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, het sy tevredenheid uitgespreek dat die Statebond binne twee tot drie weke gereageer het vanaf die datum toe die klag ingedien is. “Tot op hede, het ons gevind dat internasionale organisasies soos die VN en die internasionale strafhof traag is om op Suid-Afrika se toenemende menseregtekrisis te reageer. Ons het rede om te hoop dat die Statebond en Koningin Elizabeth II ons kwessies so gou as moontlik sal aanspreek.”

Suid-Afrika is ‘n stigterslid van die Statebond, wat 54 Engelssprekende lande regoor die wêreld byeenbring. As lid van die Statebond is die land verplig om internasionale menseregtestandaarde te eerbiedig, asook die Statebond se eie Bevestiging van Statebondwaardes en -beginsels wat in 2009 aangeneem is.

In sy brief aan die Statebond, het PRAAG die volgende geopper: die vervolging, diskriminasie en buite-geregtelike moorde wat op Statebond-onderdane soos Malawiërs, Mosambiekers en Zimbabwiërs gepleeg word. Maar wat Afrikaners betref, meen PRAAG dat daar ‘n “sistemiese skending van menseregte” plaasvind, waaronder “rassediskriminasie in die werkplek, by opvoeding en toegang tot kapitaal; taal- en kulturele diskriminasie; moorde, buite-geregtelike teregstellings en etniese vervolging; die verkragting van Afrikanervroue en – meisies; verdrywing vanaf tradisionele Afrikanergrondgebied en -plase; asook die gedwonge oordrag van kinders vanaf die Afrikanergroep na die Suid-Afrikaanse groep deur verengelsing, indoktrinasie en assimilasie”.

PRAAG is ook bekommerd oor “inmenging in tradisionele Afrikanerskole en opvoedingspraktyk waardeur sulke instellings afgebou word en die oordrag van die Afrikaanse taal, kultuur en identiteit aan die volgende geslag verhoed word, vandalisme wat teen die Afrikanererfenis, -museums, -letterkunde, -kuns en geskiedkundige terreine gepleeg word deur verwaarlosing, gebrek aan befondsing of opsetlike vernietiging, asook naamsveranderings van dorpe, strate en plekke ten einde die Afrikanererfenis en historiese teenwoordigheid in Suid-Afrika uit te wis”.

Die Statebond het voorheen stappe teen Suid-Afrika geneem toe daar in 1986 sanksies teen die land ingestel is, op aanbeveling van Biskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse Kerk. Statebond-sanksies het uiteindelik tot bewindsverandering, of sogenaamde “regime change”, in Suid-Afrika gelei.

Die Statebond het ook in 2002 vir Zimbabwe weens sy menseregteskendings geskors, waarna die land in 2003 vanuit die Statebond onttrek het.

Sluit aan by PRAAG

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae