Kennelik is verblyf in ‘n tronksel nie altyd ‘n nadeel nie, want het die grote Nelson Mandela nie ook só sy tyd verwyl nie?
‘n Gevangene wat ‘n “Madibadag”-reünie vir gevangenes en hul families by die Westville-gevangenis gereël het sonder magtiging van die Departement van Korrektiewe Dienste, is in warm water.
Veroordeelde moordenaar, Lucky Cyprian Mpungose, het daarin geslaag om ‘n advertensie te plaas in ‘n koerant ter aankondiging van die gebeurtenis, en daarna media-onderhoude toegestaan uit die tronk en selfs ‘n uitnodiging aan die LUR van Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Willies Mchunu, gestuur.
Maar die geselligheid, wat bedoel was om Nelson Mandela se 94ste verjaarsdag te vier, is Woensdag gestaak toe geskokte tronkbase snuf in die neus gekry het. Hulle het gesê hulle het ‘n “fiasko” op hande gehad.
Verskeie families is by die tronkhekke voorgekeer en vertel die geleentheid is gekanselleer.
‘n Bron by die tronk het gesê gevangenes was teleurgesteld. Baie mense het in die vroeë oggendure tougestaan by die telefoon om hul families te waarsku.
Hy het gesê dit was moeilik om die smokkel van sigarette, geld en selfone by funksies soos hierdie te beheer.
Die ma, wat annoniem wil bly, het gesê dit sou ‘n ope dag wees en hulle sou die geleentheid gekry het om die gevangenes met kos en lekkernye te bederf.
“My seun het my vertel dat ‘n braai beplan is en ons kan vleis bring. Ek het vir hom skaaptjops en wors gekoop. Ek is ook vertel om klere te bring wat deur die gevangenis aan minderbevoorregte gemeenskappe versprei sou word.”
Sy het gesê sy het ‘n oproep van haar seun Woensdag gehad om te sê die storie is gekanselleer.
“Ek is so teleurgesteld. My twee seuns en ek sien daarna uit om ‘n tyd saam te spandeer.”
Mpungose, ‘n voormalige tronkbewaarder wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is in 2002 vir die moord van Korrektiewe Dienste, Thuthukile Bhengu, het die advertensie geplaas het in ‘n Zoeloe-koerant Sondag, en familielede van gevangenes na “Madibadag” genooi.
Mpungose het voorheen ‘n program Sesikhulile geloods, wat gemik is op die versoening van gevangenes met die res van die wêreld, insluitend die slagoffers van hul misdade.
Dit word geborg deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco).
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.