praag.co.za

SA rentekoerse daal

Written by

in

Die Suid-Afrikaanse reserwebank (SARB) het die repokoers met 50 basispunte verlaag na 5%, het die goewerneur van die SARB, Gill Marcus, Donderdag gesê, 

Die primakoers sal na 8,5% sak.

Dit volg ná nege agtereenvolgende vergaderings van die monetêre beleidskomitee waar die repokoers onveranderd gebly het op 5,5%, nadat dit met 650 basispunte verlaag is tussen die middel van 2008 en November 2010.

Die SARB stel rentekoerse vas omdat hulle inflasie binne ‘n teiken van tussen 3% en 6% moet hou.

Verbruikersprys-inflasie was 5,5% vir Junie, terwyl die produsenteprys-inflasie 6,6% in Mei was.

Александр Фильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply