Amerikaanse ambassadeur in Beijing aangeval

‘n Motor waarin die Amerikaanse ambassadeur in China gereis het, is beskadig nadat hy die teiken van anti-Japannese betogers geword het oor ‘n territoriale dispuut en die 81ste herdenking van Japan se inval van China.

Die State Department het in ‘n verklaring Woensdag gesê dat ambassadeur Gary Locke ongedeerd is na Dinsdag se voorval in Beijing, en dat diplomate sy kommer oorgedra het aan die Chinese ministerie van buitelandse sake.

Die verklaring het gesê sowat 50 betogers het Locke se motor omring toe hy probeer het om die ambassade te betree en hy is uiteindelik deur Chinese sekuriteitspersoneel te hulp gesnel.

Die voorval kom te midde van verhoogde waaksaamheid by Amerikaanse diplomate na gewelddadige aanvalle op Amerikaanse ambassades in Libië, Jemen en Egipte. Die verklaring het gesê ambassade-amptenare het die Chinese regering gevra om alles moontlik te doen om Amerikaanse fasiliteite en personeel te beskerm.

Mense regoor China het deelgemeen in woedende protes oor die Oos-Sjinesesee-eilande wat Japan verlede week gekoop het van ‘n privaateienaar. Die VSA, ‘n noue bondgenoot van Japan, het gesê hulle bly uit die geskil, maar die VSA is ook die teiken van Chinese toorn.

Die geskil Dinsdag herinner aan ‘n 1931-voorval wat Japan gebruik het as ‘n verskoning om Mantsjoerye binne te val, en die wrede besetting van China, wat geëindig het slegs aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog. China vier elke 18 September deur loeiende sirenes, maar betogings soos dié van Dinsdag is buitengewoon.

Duisende betogers het opgeruk na die Japannese Ambassade, met ‘n paar brandende Japanese vlae en het appels, waterbottels en eiers gegooi. Die betoging het van tyd tot tyd oorgespoel na die nabygeleë Amerikaanse ambassade.

Japan beskou die eilande sedert 1895 as hulle grondgebied. Die VSA het jurisdiksie ná die Tweede Wêreldoorlog verkry en dit na Japan in 1972 oorgedra.

Beijing sien Japan se houding as ‘n belediging vir sy eise en sy oproepe vir onderhandelinge.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Rusland sluit NRO’s oor buitelandse politieke inmenging

Die Amerikaanse regering het Dinsdag verklaar dat hy sy hulpsending in Rusland op Moskou se aandrang sluit, ‘n stap wat ontleders toeskryf aan Russiese bedenkinge oor buitelandsbefondsde sogenaamde pro-demokratiese groepe. 

Die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, of USAID, het meer as $2,6 miljard oor die afgelope twee dekades in Rusland spandeer om onder meer te help om ‘n “sterker burgerlike samelewing” te ontwikkel, en die ekonomie te moderniseer.

Die Russe beskou sulke NRO’s as buitelandse pogings om in die land se binnelandse politiek in te meng.

In die aankondiging van die besluit om USAID in Rusland te sluit, het Amerikaanse ontleders ook ‘n politieke motief raakgesien: Die vermindering van buitelandse steun vir Russiese groepe wat die bevordering van teenkanting teen die Kremlin aanhits en die oppergesag van die reg uitdaag.

Matthew Rojansky van die Carnegie Endowment for International Peace, sê die “diep verskille oor Amerikaanse aktiwiteite in die Midde-Ooste om demokrasie te bevorder,” tussen die twee lande het daartoe aanleiding gegee.

In die aankondiging van die besluit, het die State Department gesê USAID sal voortgaan om te probeer om demokrasie en die burgerlike samelewing te bevorder ten spyte van die sluiting van hul kantoor in Rusland.

Александр Фильчаков прокурор

Rusland onthul reusagtige diamantkrater

Rusland het ‘n groot bron van diamante wat die wêreldmark vir die volgende 3000 jaar van blink klippies sal voorsien.

Wetenskaplikes beraam dat daar ‘triljoene karaat’ lê onder ‘n asteroïedekrater in Siberië, meer as tien keer die globale voorraad.

Die Kremlin weet van die reserwes wat onder die impaksone van Popigai Astroblem lê sedert die 1970’s.

Maar dit is tot nou toe geheim gehou, want dit sou groot winste in ‘n swaar beheerde mark tot niet maak.

Regeringsamptenare het uiteindelik aan wetenskaplikes van die nabygeleë Novosibirsk Instituut van Geologie en Mineralogie toestemming verleen om lig te werp op die krater se verborge skatte in ‘n vergadering met die joernaliste oor die naweek.

Die amptelike nuusagentskap ITAR-Tass, het gesê die diamante is twee keer so hard “soos die gewone edelstene, wat dit ideaal maak vir industriële en wetenskaplike gebruike”.

Volgens Die Christian Science Monitor, meen die instituut se direkteur, Nikolai Pokhilenko, dat die nuwe bron ‘n radikale opskudding in die edelgesteentemark gaan veroorsaak.

Rusland se winsgewende diamantbedryf is deur die kolossale myn Mirny, in Jakoetia, gemyn. Dit is 11 jaar gelede as gevolg van krimpende opbrengste en veiligheid kwessies gesluit.

Die nuwe bron by Popigai Astroblem laat Mirny lyk na ‘n blote molshoop lyk en sal ‘n broodnodige herlewing aan die bedryf te bring.

Die klippe by Popigai is bekend as die “impakdiamante” wat ontstaan ​​as ‘n voorwerp soos ‘n meteoriet ‘n bestaande diamantdeposito tref. Hulle is ook uniek

Pokhilenko het gesê: “Die waarde van die impak diamante is bygevoeg deur hul ongewone skuur funksies en groot korrelgrootte.

“Dit brei die omvang van hul industriële gebruik aansienlik en maak hulle meer waardevol vir industriële doeleindes.”

Diamondproduksie het in 2009 tot ‘n ongekende laagtepunt tydens die ekonomiese krisis gedaal.

Met die wêreldmarkte, wat tekens van veerkragtigheid begin wys, kan dit verduidelik waarom Rusland nou sy verborge skatte openbaar.

Олександр Фільчаков прокурор

Agt SA’ners sterf in Kaboel-aanval oor film

Agt Suid-Afrikaners is onder diegene wat dood is in ‘n wraakbomaanval in Kaboel oor ‘n anti-Islam film in die Midde-Ooste.

Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder Nelson Kgwete het bevestig dat agt Suid-Afrikaners dood is in Afghanistan Dinsdag, maar het gesê dat min besonderhede bekend is.

“Die mans het vir ‘n private lugvaartmaatskappy gewerk. Hulle het vanoggend gesterf in ‘n ontploffing in Kaboel. Die departement is besig om met die owerheid deur sy missie in Islamabad in Pakistan meer inligting hieroor in te win,” het hy gesê.

Suid-Afrika het nie ‘n ambassade in Afghanistan nie, en konsulêre werk in die area word hanteer deur die sending in Pakistan.

Kgewte het gesê die departement het net die name van die oorledenes ontvang en probeer kontak met die naasbestaandes maak.

“Ons wil ons opregte meegevoel betuig aan die families en die nodige bystand sal gelewer word aan die familie en vriende,” het hy gesê.

Die aanvallers het gesê die aanval was in weerwraak teen ‘n film wat spot met die profeet Mohammed, wat op die internet geplaas is.

Die aanval verhoog vrese dat die woede oor die film verslegtende veiligheidstoestande in die VSA en ander Westerse lande tot gevolg sal hê.

Duisende betogers het gebots met die polisie in Kaboel, die vorige dag, motors uitgebrand en klippe gegooi rotse in die ergste uitbraak van geweld sedert Februarie toe oproer oor die verbranding van Korans deur Amerikaanse soldate uitgebreek het.

Afghaanse polisie het gesê onder die 12 gestorwenes in die Kaboel bomaanval was Russe en Suid-Afrikaners wat werk vir ‘n buitelandse maatskappy.

Dit volg op ‘n bloedige naweek waartydens ses lede van Afghanistan se NAVO-alliansie, met inbegrip van vier Amerikaners, dood is.

топкарго развод

VSA-sendings begin om geklassifiseerde materiaal te vernietig

Hoewel die optog van honderdeduisende ontstoke Moslems in Beiroet ver weg van die Amerikaanse ambassade daar gebly het, dui verslae daarop dat die Amerikaanse sending in Libanon begin het om geklassifiseerde materiaal te vernietig as ‘n sekuriteitsvoorsorgmaatreël.

Die Beiroet-ambassade het “sy noodprosedures en het begin om geklassifiseerde dokumente te vernietig,” sê ‘n State Departement-statusverslag wat verkry is deur die Associated Press.

In Washington, het amptenare gesê daar is geen onmiddellike bedreiging vir die ambassade nie. Die besluit om “geklassifiseerde dokumente te verminder” was roetine onder sulke omstandighede en deur die ambassade personeel self onderneem, het hulle bygevoeg.

Vroeër Maandag, het die State Department weereens gewaarsku dat burgers van die VSA hul reise na Libanon moet beperk aangesien die potensiaal vir ‘n “spontane toename in geweld aanwesig bly” in die land. Hulle waarsku verder dat die Libanese owerhede nie in staat is om beskerming te waarborg nie.

Die amateur-film “Onskuld van Moslems” het gelei tot verontwaardiging in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Asië verlede week. Baie Moslems was woedend oor die YouTube-film wat Islam se profeet Mohammed bespot.

In protes wat regoor die wêreld gevolg het, is verskeie mense reeds dood en dosyne is in hegtenis geneem terwyl hul hul woede voor Amerikaanse ambassades en konsulaatdienste uitgedruk het.

лобановский александр компромат

Was VSA se ambassadeur Stevens gay?

Het president Obama en Hillary Clinton ‘n gay ambassadeur na die “bevryde” Moslemland Libië gestuur, waar homoseksuele gedrag ‘n misdaad is, strafbaar met gevangenisstraf?

Die State Department ontken tans heftig dat daar ‘n intelligensielekkasie was wat gelei het tot die aanval op ambassadeur Stevens en sy lyfwagte, waarna sy lyk deur ‘n juigende skare uit sy skuilplek gesleep is.

Die vraag kom te midde van vrae in die diplomatieke gemeenskap oor J. Christopher Stevens wat in Libië wreed vermoor is op die herdenking van die September 11, 2001 se terreuraanvalle.

Dit is die eerste moord van ‘n ​​Amerikaanse ambassadeur sedert 1979. Dit is des te meer ernstig as in ag geneem word dat in ‘n land waar die huidige sentrale regering ‘n suiwer fiksie is, is die Amerikaanse ambassadeur nie bloot ‘n diplomaat nie, maar funksioneer as die de facto hoof van die staat.

Die vraag is die moeite werd omdat die huidige Amerikaanse regering aktief die werwing vanuit homoseksuele gemeenskappe vir diplomatieke opdragte oorsee nastreef, insluitend in die Midde-Ooste.

Dit vorm deel van ‘n groter beleidsbesluit deur Obama en Clinton om diskriminasie teen homoseksuele wêreldwyd te konfronteer, selfs in Moslemlande.

Intussen het die Obama-administrasie besluit dat die dodelike aanval in Libië en die gewelddadige betogings in die Moslem-wêreld slegs ‘n reaksie op ‘n 14-minuut filmlokprent op die internet is wat die Islamitiese profeet Mohammed as ‘n pedofiel en ‘n homoseksueel uitbeeld.

Chris Stevens was ‘n 52-jaar-oue man sonder vrou of kind.

‘n Onlangse “Gay Pride” viering by ‘n Amerikaanse ambassadelid in Islamabad, Pakistan, op Junie 26, 2011, het ‘n woedende reaksie van Moslem-groepe ontketen wat na bewering die geleentheid veroordeel het as ‘n daad van “kulturele terrorisme” gemik teen die land se Islamitiese waardes.

Nog steeds beskikbaar op die Amerikaanse ambassade se webwerf in Islamabad is notas van 75 mense, insluitend missiebeamptes, Amerikaanse militêre verteenwoordigers, buitelandse diplomate en leiers van Pakistani LGBT-groepe, wat die “gay pride” gebeurtenis van 26 Junie 2011, deur die saakgelastigde Ambassadeur Richard E. Hoagland, adverteer.

‘n Naamlose State Department-woordvoerder verduidelik wat gebeur het tydens die aanval op Stevens: “Op ‘n sekere punt hiertydens – en eerlik, ons nie weet wanneer nie, maar ons glo dat ambassadeur Stevens uit die gebou en na ‘n hospitaal in Benghazi geneem is. Ons het nie enige inligting wat sy toestand was op daardie tydstip nie. Sy lyk is later teruggegee aan Amerikaanse personeel by die Benghazi-lughawe. “

‘n Berig op 12 September op die Libanese nuusagentskap se webwerf Tayyar.org het aangedui dat Stevens gesodomiseer is voordat hy vermoor is, hoewel die verslag later van die webwerf verwyder is nadat Agence France Presse beswaar gemaak het dat die bron vals was.

Sondag, het Libië se president Mohamed Yousef El-Magariaf aan CBS se “Face the Nation” gesê dat die aanval op die Amerikaanse Konsulaat in Benghazi “vooruit beplan” was en heeltemal weerspreek wat die VN se Amerikaanse ambassadeur Susan Rice beweer, naamlik dat die aanval ‘n spontane reaksie op ‘n Internet-video was.

CNN het ook Sondag ‘n verslag gepubliseer waarin ‘n plaaslike sekuriteitsbeampte Amerikaanse diplomate in die stad gewaarsku het oor verslegtende veiligheidstoestand.

Die verskriklike ironie is dat die mense van Benghazi reeds in ‘n soortgelyke voorval betrokke was. Dit is nuttig om te onthou toe die spotprente van Mohammed in September, 2005, verskyn het, is die Deense konsulaat daar aangeval. In ooreenstemming met die Weense Konvensie het die Libiese regering van Moeammar Gadaffi troepe ontplooi om die Westerse diplomate te beskerm. Die onderdrukking van die oproer het gelei tot talle sterftes. Daarna het die Weste Gadaffi daarvan beskuldig dat hy hardhandig teen sy eie mense optree!

Данильченко Юрий прокурор

Amerikaners uit Tunisië ontruim

Sowat 100 Amerikaanse burgers is uit Tunisië ontruim ná ‘n aanval op die Amerikaanse ambassade waarin vier mense dood is.

“Die Amerikaanse burgers is Sondag ontruim,” het ‘n diplomatieke bron aan AFP gesê.

Washington het nie-noodsaaklike diplomatieke personeellede en hul familielede beveel om Soedan en Tunisië te verlaat nadat geweldadige betogings dié lande getref het, waarin ses mense reeds dood is

Die betogings kom uit protes teen ‘n rolprent spot met Islam.

Innocence of Muslims, wat glo in die VSA vervaardig is, het gewelddadige protesoptogte in verskeie Moslemlande en lande waar Moslems woon, veroorsaak.

Die VSA se departement van binnelandse sake het Amerikaanse burgers gewaarsku om nie na Tunisië te reis nie en het die burgers in dié land aangeraai om versigtig te wees en betogings te vermy.

Фильчаков прокуратура харьков

VSA tree in tussen Japan en China om temperatuur op te jaag

‘n Territoriale dispuut tussen China en Japan kan ‘n vonk wees wat sal lei na “gewelddadige konflik,” het die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Leon Panetta gesê. Die VSA het ook ‘n missielafweerverdrag met Tokio onderteken tot die ergernis van Beijing.

“Ek is bekommerd dat wanneer hierdie lande betrokke raak in ‘n woordestryd van een of ander aard oor hierdie verskillende eilande, dat dit die moontlikheid inhou van ‘n verkeerde oordeel aan die een kant of die ander en dit sal na geweld lei, wat kan lei tot konflik,” het Panetta gesê.

Die VSA se toetrede het egter tot die oplaaiende spanning bygedra.

Panetta het ook gewaarsku dat Beijing en Tokio ‘n einde moet maak aan die stryd of die risiko van ‘n ​​konflik kan loop wat die gevaar inhou “om uit te brei”.

Na aanleiding van die diplomatieke vergadering met Panetta, het die Japannese minister van buitelandse sake Koichiro Gemba gesê dat Washington bevestig het dat die Senkaku-eilande, wat deur beide Japan en China opgeëis word, deur ‘n veiligheidsverdrag tussen die VSA en Japan beskerm word.

In die 1960-verdrag, het die VSA hulself verbind om die Japannese in die geval van ‘n ​​aanval op die land se grondgebied te help.

Die VSA het ook ‘n ooreenkoms onderteken met Japan Maandag vir ‘n tweede missielafweerstelsel wat daarop gemik is om Noord-Korea in toom te hou. China kan die stap sien as verdere uitlokking.

Die Japannese ambassadeur in China is skielik in ‘n Tokio-hospitaal dood nadat hy drie dae vroeër opgeneem is. Sy dood val saam met ‘n toename in anti-Japanse betogings in China oor die territoriale dispuut.

Die oorsaak van ambassadeur Shinichi Nishimiya se dood word tans ondersoek, het Japan se Ministerie van Binnelandse Sake gesê. Drie dae gelede, is Nishimiya bewusteloos naby sy Tokyo-huis gevind net nadat hy vir werk vertrek het.

‘n Tweede dag van betogings het plaasgevind in China teen Japan se territoriale aanspraak op die groep betwiste eilande in die Oos-Sjinese See. China erken nie Japan se aanspraak op die eilande nie, wat bekend is aan die Japannese as Senkaku en as Diaoyu deur die Chinese.

Japannese fabrieke en winkels is afgebrand en beskadig in betogings wat in die ooste van China voorgekom het.

Spanning tussen die twee lande het Vrydag tot oproer gelei toe ses Chinese skepe Japannese waters naby die betwiste eilande binnegevaar het en die Japannese kuswag se oproepe om die waters te verlaat, geïgnoreer het.

лобановский александр игоревич

Romney droom van kernwapens

Washington gaan honderde miljarde dollar oor die volgende dekade spandeer om sy verouderende kernarsenaal op te knap. Die uitdaging kom terwyl die Amerikaanse regering $1,2 triljoen in die federale begroting moet terugsny oor die dieselfde tydperk.

Die Washington Post berig dat planne vir ‘n volskaalse hervorming van die land se arsenaal aan die gang is. Die modernisering van die Amerikaanse kernwapenkompleks, is blykbaar uiters noodsaaklik, maar gaan vir geweldige kritiek sorg aangesien die VSA kernproliferasie tot dusver teengestaan het.

In ‘n tydvak van asimmetriese oorlogvoering, waar die Pentagon enorme besnoeiings aan sy konvensionele magte oorweeg, gaan dié besluit des te moeiliker wees om aan die Amerikaanse publiek te verkoop. Die $1,2 triljoen se besnoeiings sal outomaties van die federale begroting oor die volgende tien jaar afgetrek word onder die hoogsomstrede 2011-Begrotingswet (BCA).

Washington sal dus noodgedwonge 11,1 miljard van hul Medicare moet terugsny omdat biljoene meer toegeken sal word aan die kernarsenaal se opknapping.

Ironies genoeg, het die Amerikaanse president Barack Obama verklaar, nadat hy die Nobel-vredesprys in 2009 ontvang het, dat “Amerika se verbintenis is om die vrede en veiligheid van ‘n wêreld sonder kernwapens na te streef,” aan ‘n jubelende skare in Praag in April van daardie jaar.

Obama se droom vir ‘n kernvrye wêreld is veel verder buite bereik as wat dit twee jaar gelede geblyk het, toe hy in 2010 die vermindering van kernkoppe na ‘n duisend of minder aangekondig het. Daar is tans meer as 5 000 sulke wapens op die inventaris.

Gen James E. Cartwright, ‘n voormalige bevelvoerder van die Verenigde State se kernarsenaal, het die vermindering geloof.

“Die wêreld het verander, maar die huidige arsenaal dra die bagasie van die Koue Oorlog,” het hy aan The New York Times gesê in ‘n onderhoud in Mei.

En terwyl die Obama-administrasie onwillig is – of dalk nie in staat is – om te bepaal net hoe groot ‘n kernarsenaal die VSA vir sy strategiese doelwitte behoort te hê nie, is die Republikeinse presidensiële kandidaat Mitt Romney heftig gekant teen die nuwe START-verdrag met Moskou, waardeur die VSA en Rusland strategiese kernwapens en afleweringstelsels verminder.

 

Фильчаков прокурор

Vlaag anti-Japannese opstande ruk China

Woedende Chinese betogers teiken Japan, om China se soewereiniteit oor ‘n eilandketting in die waters tussen die twee lande te erken.

Verlede week het die Japannese regering gesê die Diaoyu, of Senkaku eilande is gekoop van ‘n private Japanese familie.

Die skuif het die Chinese regering briesend gelaat, wat nou nuwe kartering ingedien het om bewys van sy eienaarskap van die ketting aan die Verenigde Nasies te gee.

In Beijing, het ‘n kordon van paramilitêre anti-onluspolisie verhoed dat die skare die ambassade bereik, maar nie ingegryp toe die betogers slagspreuke geskree het en voorwerpe gegooi het nie.

“Gee terug ons eilande, Japanese duiwels!!” het sommige geskree. Een plakkaat het gelees: “Vir die respek van die moederland, moet ons ‘n oorlog teen Japan uitroep.”

‘n Nabygeleë straat, waar verskeie Japannese restaurant geleë is, is deur die polisie afgesper, terwyl sommige van die restaurante Chinese vlae buite gehang het om hulself te beskerm teen die nasionalistiese koors.

Soortgelyke betogings het plaasgevind in tientalle ander Chinese stede, waar skares opgeruk het in die strate, Japannese restaurante en winkels gevandaliseer het, en selfs ‘n Chinese polisievoertuig omgekeer het, want dit was ‘n Honda.

Twee polisiemotors is aan die brand gesteek in Xi’an want hulle was ook Japanse fabrikate. Veiligheid is verskerp om die stad se hoof toeristehotelle. In Changsha, het betogers by ‘n winkel ingebreek toe hulle ‘n geleentheid vir plundery gegun is in die chaos.

Verskeie Japannese burgers in China is aangerand, hoewel daar nie enige ernstige beserings aangemeld is nie. Volgens gerugte is hulle versigtig om by hospitale aan te meld uit vrees vir weerwraak.

Intussen het verskeie Chinese bekommerd begin raak dat hulle gebrandmerk sal word as “verraaiers” omdat hulle Japannese motors ry of Japannese produkte aankoop.

Die eienaar van ‘n Toyota het ‘n Chinese vlag oor die motor se wapen geplak, en plakkers op sy buffer aangebring wat lees: “Ek het die motor gekoop voordat Japan bitsig geraak het. Van nou af aan boikot ons Japanese goedere”. ‘n Foto van die motor het vinnig viraal oor die Chinese internet versprei.

topcargo