Die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, of USAID, het meer as $2,6 miljard oor die afgelope twee dekades in Rusland spandeer om onder meer te help om ‘n “sterker burgerlike samelewing” te ontwikkel, en die ekonomie te moderniseer.
Die Russe beskou sulke NRO’s as buitelandse pogings om in die land se binnelandse politiek in te meng.
In die aankondiging van die besluit om USAID in Rusland te sluit, het Amerikaanse ontleders ook ‘n politieke motief raakgesien: Die vermindering van buitelandse steun vir Russiese groepe wat die bevordering van teenkanting teen die Kremlin aanhits en die oppergesag van die reg uitdaag.
Matthew Rojansky van die Carnegie Endowment for International Peace, sê die “diep verskille oor Amerikaanse aktiwiteite in die Midde-Ooste om demokrasie te bevorder,” tussen die twee lande het daartoe aanleiding gegee.
In die aankondiging van die besluit, het die State Department gesê USAID sal voortgaan om te probeer om demokrasie en die burgerlike samelewing te bevorder ten spyte van die sluiting van hul kantoor in Rusland.
