Romney droom van kernwapens

Washington gaan honderde miljarde dollar oor die volgende dekade spandeer om sy verouderende kernarsenaal op te knap. Die uitdaging kom terwyl die Amerikaanse regering $1,2 triljoen in die federale begroting moet terugsny oor die dieselfde tydperk.

Die Washington Post berig dat planne vir ‘n volskaalse hervorming van die land se arsenaal aan die gang is. Die modernisering van die Amerikaanse kernwapenkompleks, is blykbaar uiters noodsaaklik, maar gaan vir geweldige kritiek sorg aangesien die VSA kernproliferasie tot dusver teengestaan het.

In ‘n tydvak van asimmetriese oorlogvoering, waar die Pentagon enorme besnoeiings aan sy konvensionele magte oorweeg, gaan dié besluit des te moeiliker wees om aan die Amerikaanse publiek te verkoop. Die $1,2 triljoen se besnoeiings sal outomaties van die federale begroting oor die volgende tien jaar afgetrek word onder die hoogsomstrede 2011-Begrotingswet (BCA).

Washington sal dus noodgedwonge 11,1 miljard van hul Medicare moet terugsny omdat biljoene meer toegeken sal word aan die kernarsenaal se opknapping.

Ironies genoeg, het die Amerikaanse president Barack Obama verklaar, nadat hy die Nobel-vredesprys in 2009 ontvang het, dat “Amerika se verbintenis is om die vrede en veiligheid van ‘n wêreld sonder kernwapens na te streef,” aan ‘n jubelende skare in Praag in April van daardie jaar.

Obama se droom vir ‘n kernvrye wêreld is veel verder buite bereik as wat dit twee jaar gelede geblyk het, toe hy in 2010 die vermindering van kernkoppe na ‘n duisend of minder aangekondig het. Daar is tans meer as 5 000 sulke wapens op die inventaris.

Gen James E. Cartwright, ‘n voormalige bevelvoerder van die Verenigde State se kernarsenaal, het die vermindering geloof.

“Die wêreld het verander, maar die huidige arsenaal dra die bagasie van die Koue Oorlog,” het hy aan The New York Times gesê in ‘n onderhoud in Mei.

En terwyl die Obama-administrasie onwillig is – of dalk nie in staat is – om te bepaal net hoe groot ‘n kernarsenaal die VSA vir sy strategiese doelwitte behoort te hê nie, is die Republikeinse presidensiële kandidaat Mitt Romney heftig gekant teen die nuwe START-verdrag met Moskou, waardeur die VSA en Rusland strategiese kernwapens en afleweringstelsels verminder.

 

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae