Zuma moet parlement inlig oor Weermag en Polisie

“Pres Jacob Zuma is volgens die grondwet verplig om die parlement in te lig indien die Weermag in samewerking met die Polisie aangewend word. Die indruk is dat die Weermag die afgelope naweek in samewerking met die Polisie in die Rustenburg/Brits-gebied aangewend is. In so geval bepaal artikel 201 (3) van die grondwet duidelik dat die president die parlement onverwyld moet inlig oor die redes, die plek waar, die getal mense betrokke en die tydperk waarvoor die Weermag na verwagting aangewend sal word. Die Vryheidsfront Plus ondersteun die samewerking van die Weermag met die Polisie indien die omstandighede dit vereis, maar dan moet die parlement, en daardeur die publiek, ingelig word soos vereis word deur die grondwet,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane van die Vryheidsfront Plus.

“Die parlement is tans in sitting en pres. Zuma kan nie net die portefeuljekomitee of die Gesamentlike Staande Komitee van Verdediging en Militêre Veterane inlig volgens artikel 201(4) van die grondwet nie. Dit moet ook die president wees wat die parlement inlig en nie die minister van Verdediging en Militêre Veterane nie,” het Groenewald gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae