Verlede week het die Japannese regering gesê die Diaoyu, of Senkaku eilande is gekoop van ‘n private Japanese familie.
Die skuif het die Chinese regering briesend gelaat, wat nou nuwe kartering ingedien het om bewys van sy eienaarskap van die ketting aan die Verenigde Nasies te gee.
In Beijing, het ‘n kordon van paramilitêre anti-onluspolisie verhoed dat die skare die ambassade bereik, maar nie ingegryp toe die betogers slagspreuke geskree het en voorwerpe gegooi het nie.
“Gee terug ons eilande, Japanese duiwels!!” het sommige geskree. Een plakkaat het gelees: “Vir die respek van die moederland, moet ons ‘n oorlog teen Japan uitroep.”
‘n Nabygeleë straat, waar verskeie Japannese restaurant geleë is, is deur die polisie afgesper, terwyl sommige van die restaurante Chinese vlae buite gehang het om hulself te beskerm teen die nasionalistiese koors.
Soortgelyke betogings het plaasgevind in tientalle ander Chinese stede, waar skares opgeruk het in die strate, Japannese restaurante en winkels gevandaliseer het, en selfs ‘n Chinese polisievoertuig omgekeer het, want dit was ‘n Honda.
Twee polisiemotors is aan die brand gesteek in Xi’an want hulle was ook Japanse fabrikate. Veiligheid is verskerp om die stad se hoof toeristehotelle. In Changsha, het betogers by ‘n winkel ingebreek toe hulle ‘n geleentheid vir plundery gegun is in die chaos.
Verskeie Japannese burgers in China is aangerand, hoewel daar nie enige ernstige beserings aangemeld is nie. Volgens gerugte is hulle versigtig om by hospitale aan te meld uit vrees vir weerwraak.
Intussen het verskeie Chinese bekommerd begin raak dat hulle gebrandmerk sal word as “verraaiers” omdat hulle Japannese motors ry of Japannese produkte aankoop.
Die eienaar van ‘n Toyota het ‘n Chinese vlag oor die motor se wapen geplak, en plakkers op sy buffer aangebring wat lees: “Ek het die motor gekoop voordat Japan bitsig geraak het. Van nou af aan boikot ons Japanese goedere”. ‘n Foto van die motor het vinnig viraal oor die Chinese internet versprei.
