Afrika se waters raak al hoe gevaarliker

Diefstal deur seerowers in Wes-Afrika het nie net verdubbel nie, maar ook ‘n strategiese verandering ondergaan, meen ‘n verslag wat Vrydag deur die Atlantiese Raad vrygestel is.

Die Atlantiese Raad is ‘n Amerikaanse organisasie wat hom toespits op internasionale aangeleenthede vanuit Washington.

Luidens die verslag is daar nou meer en meer gewelddadige aanvalle deur seerowers langs die weskus van Afrika. In die eerste ses maande van 2012 is 34 aanvalle aangemeld, waarvan 24 suksesvol was. Dit is meer as dubbel die aantal aanvalle wat in die eerste helfte van 2011 gerapporteer is.

Waar aanvalle vroeër naby die kus plaasgevind het, is daar nou toenemend ook seerowery in die diepsee.

Die waters rondom Somalië en Nigerië bly die gevaarlikste gebiede vir skepe.

Фильчаков прокурор харьков

Poolse lugramp: Sleutelgetuie opgehang

‘n Poolse parlementêre ondersoek na die President Lech Kaczynski se vliegtuigongeluk in Smolensk in 2010 oorweeg om ‘n getuiebeskermingsprogram te loods nadat ‘n vlugingenieur wat kritiese getuienis sou lewer opgehang gevind is in sy huis in Warskou.

Die liggaam van Remigiusz Mus, ‘n 42-jaar-oue lugvaart-ingenieur, is Saterdag deur sy vrou in die kelder van hul huis in ‘n voorstad van die Poolse hoofstad gevind.

Die hoof van die Poolse parlementêre kommissie, Antonie Macierewicz, wat die ongeluk ondersoek waarin 95 amptenare en hoëlui dood is, het gesê dat Mus een van twee belangrike getuies in die saak was. Met Mus dood, bly net die een sleutelgetuie Artur Wosztyl oor, het Macierewicz gesê.

Dariusz Slepokura, ‘n woordvoerder van die Warskou-distriksaanklaer se kantoor, het gister gesê Mus het waarskynlik selfmoord gepleeg.

Mus se selfmoord is die tweede voorval van sy soort verbonde aan die ondersoek van die 10 April 2010-vliegtuigongeluk, het hy gesê.

Die ramp het die hele Poolse leierskap uitgewis. Die meeste van die land se top-politieke, militêre, finansiële en godsdienstige leiers was op dieselfde vlug na Smolensk om die Katynwoudslagting van 1939 te herdenk. Dié leierskap was as baie pro-Amerikaans beskou.

Alhoewel die Katynslagting vroeër spanning tussen Rusland en Pole veroorsaak het, was die Russiese publiek se skok en afgryse na die ongeluk ironies genoeg ‘n element wat die twee lande weer saamgesnoer het.

Tydens die ondersoek, het Mus getuig dat grondbeheer in Smolensk die vlieëniers toestemming gegee het om te daal na ‘n hoogte van 50 meter. Mus se getuienis weerspreek die amptelike Poolse weergawe, wat gesê het dat die lugkontroleerder slegs toestemming tot 100 meter gegee het.

Die vlieëniers is gewaarsku dat toestande van swaar mis en swak sig by Smolensk se militêre vliegveld heers, en is gevra om na ‘n ander lughawe te gaan. Die bemanning vir die vlug is glo ‘n dag voor die tyd aangestel nadat die gewone span aangesê is om nie te rapporteer vir diens nie.

Die onervare vlieënier het nogtans besluit om te land ten spyte van Russiese waarskuwings. Transkripsies van die vliegtuig se swart vlugopnemer het aan die lig gebring dat die vlieëniers gedwing is om so gou as moontlik te land. Die opname het ook getoon dat een amptenaar voortdurend in die kajuit was gedurende die vlug om druk op die bevelvoerder te plaas, en dat die Hoof van die Lugmag van Pole teenwoordig was in die kajuit ten tye van die ongeluk.

прокурор харьковской области

Griekse regses het glo polisie geïnfiltreer

‘n Senior Griekse polisiebeampte beweer die verregse Goue Daeraad-party het die polisie geïnfiltreer op verskillende vlakke. Hy het die blaam gelê op vorige regerings en die leierskap van die polisie wat hulle blind hou vir “fascistiese klieke”.

In gesprekke met die Guardian op voorwaarde van anonimiteit, het die beampte gesê die Griekse staat is ten volle bewus van die aktiwiteite van die Goue Daeraad al vir ‘n paar jaar lank, met die Nasionale Intelligensiediens en ander sekuriteitsagentskappe wat hulle dophou. Die staat, het hy gesê, wil die fascistiese elemente “in reserwe” hou en hulle gebruik vir sy eie doeleindes.

Die beampte het gesê hy glo dat lede van die Goue Daeraad gebruik kan word om teen die Griekse linkses op te tree, om die gewilde straatprotes teen die regering en die soberheidsmaatreëls wat deur die EU ingestel is, te bekamp. Hy het sy oortuiging uitgespreek dat die neo-fascistiese groepe dalk reeds opgetree het as provocateurs tydens demonstrasies regoor die land, en botsings tussen betogers en die polisie of selfs tussen betogers uitlok.

‘n Woordvoerder vir die Griekse polisie, Christos Manouras, ontken die polisie se gebruik van “enige politieke groep teen enige ander”. Manouras verwerp die bestaan ​​van “fascistiese klieke” en sê dat geen onwettige gedrag geduld sal word nie.

Hy het toegegee dat “individuele gevalle kan oral en by enige werkplek gevind word”. Manouras sê: “Jy moet daarop let dat – in ooreenstemming met die Grondwet en wette van die Griekse republiek – kan slegs onwettige dade vervolg word en gestraf word. Dieselfde is nie van toepassing op politieke houdings nie, selfs al word dit beskou as ‘ekstreem’ deur die ander partye en die oorweldigende meerderheid van die openbare mening.”

Goue Daeraad het 6,9% van die stemme in verkiesings in Junie ingepalm, met 18 setels in die parlement, maar ‘n onlangse meningspeiling deur navorsingsmaatskappy VPRC sê die party se steun het sedertdien verdubbel.

Menseregtegroepe beskuldig die Griekse polisie van samespanning met die groep. Hulle het vroeër hierdie week in ‘n verslag oor die rassistiese geweld deur Recording Network, ‘n groep wat bestaan ​​uit 23 NRO’s en die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, uitgelig dat gewelddadige voorvalle waarby die polisie betrokke is en rassistiese geweld oorvleuel.

лобановский класс

Superstorm Sandy saai verwoesting

President Obama moes sy reisplanne afstel nadat Orkaan Sandy teen die ooskus van die VSA woed, grootskaalse oorstromings veroorsaak, en New York in duisternis gelaat het. Die “superstorm” het reeds talle lewens geëis.

Stede aan die ooskus is gedeeltelikk lamgelê deur die “superstorm”. Skole bly gesluit en daar is geen openbare vervoer nie.

Deel van ‘n kernkragstasie is gesluit laat Maandag terwyl ‘n ander aanleg – die land se oudste – op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas is na water 6 meter bo seevlak gestyg het.

Een van die kernkragaanlegte by Indian Point, 45 myl noord van New York City, is om 22:45 gesluit as gevolg van eksterne probleme sê Entergy Corp, wat die aanleg bedryf. Die maatskappy het gesê daar is geen risiko vir werknemers of die publiek nie, en die aanleg is nie in gevaar as gevolg van stygende watervlakke van die Hudson-rivier nie.

Die oudste Amerikaanse kernkragstasie, New Jersey se Oyster Creek, is reeds gesluit, maar die oorsigliggaam het die veiligheidstoestand by die aanleg na “gevaar” opgegradeer.

Minstens 13 mense is in die VSA en in Kanada dood toe die orkaan bome en kragpale ontwortel het. Derduisende mense moes hul woonplekke ontruim en die kragtoevoer in 11 deelstate is belemmer.

Motors is n New York deur oorstromings meegesleur en tonnels en dele van die die moltreinstelsel is onder water nadat die East- en die Hudsonrivier se watervlakke met meer as 4 meter gestyg het.

Na raming is sowat ses miljoen mense sonder elektrisiteit gelaat.

Pasiënte in New York se universiteitshospitaal moes na ander hospitale verskuif word nadat die kragtoevoer asook die nood-kragopwekker onklaar geraak het.

Swaar sneeuneerslae het ook na wat berig word in dele van Wes-Virginië, Maryland en Noord-Carolina voorgekom nadat Orkaan Sandy met ‘n koue front uit Kanada gebots het.

Die skade wat deur die storm aangerig is kan volgens sommige waarnemers meer as R160 miljard beloop.

лобановский обыск

Kaapstad in duisternis na kragprobleme

Dele van Kaapstad se suidelike voorstede is Maandag in donkerte gehul, het die stad Kaapstad gesê.

Kylie Hatton, woordvoerder van die stad, het gesê ‘n fout by ‘n elektrisiteit-skakelstasie is die oorsaak van die kragonderbreking.

Gebiede wat geraak word, is Heideveld, Bonteheuwel, Epping, Thornton, Langa, Belgravia, Crawford, Rondebosch-Oos, die Vanguard-rylaan-gebied in die rigting Nuweland, Mowbray, Observatory, die buitewyke van Woodstock, Paardeneiland en Maitland.

Hatton het gesê tegnici werk aan die probleem, maar dit is nie bekend wanneer die elektrisiteitstoevoer in die gebiede herstel sal word nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

SA sal Brics-bank gasheer wees

Suid-Afrika het ingestem om as gasheerland op te tree vir ‘n beplande ontwikkelingsbank wat die Brics-lande sal dien. Hulle is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, het ‘n minister Maandag gesê.

Dié vyf lande se ministers van finansies werk tans aan volhoubaarheidstudies vir die skepping van ‘n Brics-bank, wat na verwagting hulpbronne sal mobiliseer vir infrastrukturele ontwikkelingsprojekte in ontwikkelende lande.

“Ek kan nie sê of Suid-Afrika gekies sal word nie, maar ek kan aandui dat Suid-Afrika bereid is om die gasheer te wees vir die tipe bank,” het Ebrahim Ebrahim, adjunkminister samewerking en internasionale betrekkinge, gesê.

Die Brics-beraad word in Maart volgende jaar in Suid-Afrika gehou.

Фільчаков Олександр Васильович

George Clooney sê Soedan was uit die lug aangeval

Analise van satellietbeelde van ‘n Soedanese wapenfabriek wat Khartoem sê Israel het vroeër hierdie week gebombardeer, dui daarop die plek wel gebombardeer is, het ‘n moniteringsgroep Saterdag gesê.

Die Satellite Sentinel Project, wie se stigters Hollywood-akteur George Clooney insluit asook die Enough Project, het gesê hulle het ‘n vergelykende analise van digitale beelde van die wapenfabriek in Khartoem gemaak. ‘n Groot ontploffing het Dinsdag twee lewens geëis en ‘n groot brand veroorsaak.

“Die beelde toon ses groot kraters, elk ongeveer 16 meter breed en in ooreenstemming met impakkraters geskep deur ‘n lugaanval, gesentreer in ‘n plek waar, tot onlangs, nog sowat 40 skeepshouers gestapel was,” het die groep het ‘n verklaring gesê.

“‘n Beeld van 12 Oktober toon die stoorhouers gestapel langs ‘n 60-meter-lange skuur,” het hy gesê. “Terwyl (Sentinel) nie kan bevestig dat die houers op die terrein op 24 Oktober was nie, toon analise van die beelde die teenwoordigheid van baie volatiele vrag in die middelpunt van die ontploffings.”

Dit is nie duidelik uit die beelde wie vir die aanval verantwoordelik was nie.

‘n Groot brand het laat Dinsdag by die Yarmoukwapenfabriek in die suide van Khartoem uitgebreek, wat deur verskeie ontploffings geruk is, het getuies gesê. Brandbestryders het meer as twee uur nodig gehad om die vuur te blus by Soedan se hooffabriek vir ammunisie en handwapens.

Aanvanklik het die goewerneur van Khartoem eksterne oorsake vir die brand uitgesluit. Maar Soedan se minister van inligting, Ahmed Belal Osman het later aan verslaggewers gesê dat vier militêre vliegtuie die Yarmoukfabriek aangeval het en Israel sit daaragter.

Israel het ook nie verantwoordelikheid vir die aanval bevestig of ontken nie.

Die Oos-Afrikaland, het noue bande met Iranse en Soenni-jihadis, en word lank reeds deur Israel as ‘n roete vir wapens na die Hamas-regeerde Gasagebied beskou, via die Egiptiese Sinaïwoestyn.

Dit is nie die eerste keer Soedan het Israel daarvan beskuldig dat hulle aanvalle loods nie.

Die satellietbeelde kan hier besigtig word.

топкарго кидалы

Frankenstorm: SAA kanselleer vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte ná en van New York en Washington gekanselleer weens die orkaan Sandy. Passasiers wat geraak word, is versoek om die lugdiens se inbelsentrum of besprekingskantoor te kontak vir bystand.

Die Stad New York het gisteraand al sy trein- en busdienste opgeskort in afwagting op die orkaan. Die storm sal na verwagting sterk wind en oorstromings aan die Oos-kus veroorsaak.

Die goewerneur van die Staat New York – Andrew Cuomo – sê daar word verwag dat die dienste 12 uur ná die storm verby is, hervat sal kan word. Ander lugdienste het ook honderde vlugte na lughawens aan die Amerikaanse ooskus gekanselleer in afwagting op die storm was as Frankenstorm gedoop is.

Air France het al sy vlugte na New York en Wasgington gekanselleer terwyl Amerikaanse lugdienste honderde binnelandse vlugte uitgestel het.

Александр Фильчаков прокурор

VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel

‘n Verslag wat binnekort vrygestel sal word deur die Verenigde Nasies doen ‘n beroep vir ‘n internasionale veldtog teen Amerikaanse maatskappye wat sake doen in Israel, met inbegrip van Hewlett-Packard, Caterpillar Inc, en Motorola.

Die Menseregtekommissie (MRK) het die verslag uitgereik. President Barack Obama het aangesluit by die VN-groep nadat hy tot leier verkies is. Lede van die MRK sluit menseregteoortreders soos Saoedi-Arabië, Katar, Jordanië, Libië, China, en Kuba in.

‘n Spesiale Rapporteur oor die situasie van menseregte in die Palestynse gebiede, doen verslag aan die MRK. Die huidige rapporteur is die Amerikaanse professor Richard Falk. Falk is ook ‘n 9/11-skeptikus.

Die verslag wil ‘n veldtog van boikotte, sanksies, en regstappe teen ‘n aantal internasionale maatskappye loods wat sake doen in Israel. Bykomend tot die Amerikaanse maatskappye, word groot Europese maatskappye soos Veolia Environment, Group 4 Security, die Dexia Groep, asook die Volvo-groep ingesluit.

“Die koste aan maatskappye en besighede wat nie internasionale humanitêre reg respekteer nie is aansienlik,” het die verslag gewaarsku, “insluitend skade aan ‘n maatskappy se openbare beeld, impak op aandeelhouerbesluite en die aandeelprys en kan lei daartoe dat werknemers strafregtelik vir menseregteskendings aanspreeklik gehou kan word.”

Die verslag waarsku Amerikaanse werknemers van geteikende maatskappye dat hulle wetlike risiko’s in die gesig staar.

“Werknemers van maatskappye kan ondersoek en vervolging vir menseregtevergrype ongeag van waar die oortreding gepleeg is in die gesig staar.”

Die Obama-administrasie het in 2009 by die MRK by monde van VN-ambassadeur Susan Rice belowe, “Ons werk van binne, sodat ons die raad as ‘n meer effektiewe forum kan uitbou om menseregte te bevorder en te beskerm.”

Александр Фильчаков Васильевич

Het die BBC eie pedofielring bedryf?

Britse polisiebeamptes ondersoek die beweerde seksuele misbruik van jong meisies deur die voormalige BBC-aanbieder Jimmy Savile. Hulle het gister gesê hulle het meer as 400 navrae wat sowat 300 slagoffers insluit.

“Dit is nogal onthutsend,” sê ondersoekleier kmd. Peter Spindler.

Hy het aan ‘n nuuskonferensie gesê dat byna al die potensiële slagoffers vroue was en dat die oorgrote meerderheid van beweerde oortredings Savile insluit, wat verlede jaar oorlede is.

Die publiek is verstom oor die aantal vermeende slagoffers en dat Savile se gedrag skynbaar nooit kritiek en vrae laat ontstaan het by die BBC nie.

Polisie het 130 slagoffers tot op datum ondersoek en 114 verslae van seksuele aanranding of ernstige seksuele aanranding, meestal teen Savile aangeteken. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Spindler het gesê daar is geen bewyse van ‘n georganiseerde pedofielring nie – iets wat voorgestel is deur die slagoffers se prokureurs.

лобановский александр дети