Duitsers gaan Sondae rus

Die grondwethof in Duitsland het beslis dat alle winkels op Sondae gesluit sal wees.

Dié wysiging van die wet kom nadat winkels in Berlyn sewe dae ’n week vir sake oopgebly het, te midde van hewige teenkanting deur die land se kerke.

Die Duitse hof het Dinsdag beslis dat inkopietye soos dit tans daar uitsien, Duitse wetgewing wat vereis dat Sondae ’n amptelike rusdag is, verontagsaam.

In 2006 is Berlynse winkeleienaars toegelaat om hul winkels vier Sondae voor Kersfees en twee Sondae gedurende die jaar oop te hou vir besigheid.

Duitsland se Lutherse en Katolieke kerke was egter van meet af aan hewig teen Sabatsontheiliging gekant.

 

многоступенчатый насос ценалобановский обыск

Kosmetiese boudoperasie kos haar lewe

‘n 38-jarige voormalige Juffrou Argentinië het aan komplikasies gesterf nadat sy kosmetiese sjirurgie aan haar boude ondergaan het.

Solange Magnano, die moeder van ‘n tweeling, het die kroon in 1994 gewen en het Sondag weens ‘n pulmonêre embolisme gesterf, na drie dae in ‘n kritieke toestand wat gevolg het op ‘n gluteoplastie in Buenos Aires.

Haar goeie vriend, Roberto Piazza, sê die prosedure het inspuitings behels en die vloeistof het “na haar longe en brein gegaan.”

“’n Vrou wat alles gehad het, het haar lewe verloor ter wille van ‘n effens fermer sitvlak,” sê hy.

Magnano’s se begrafnis is gister op Argentynse televisie vertoon.

Dr. Gonzalo Cortes y Tristan sê sy het by sy hospitaal met ‘n akute respiratoriese agterstand opgedaag. Haar toestand het verswak totdat sy die embolisme gely het.

 

hair accessories forданильченко юрій броніславович компромат

Rudd sê Australië gaan vasbyt in Afghanistan

Die Australiese eerste minister, Kevin Rudd, het gister belowe dat Australië in Afghanistan sal aanbly “oor die lang termyn,” maar het nie bykomende soldate aangebied om ‘n verwagte Amerikaanse vermeerdering aan te vul nie.

Rudd het in Washington vergader met die VSA se president, Barack Obama, wat besig is om voor te berei om sy hersiene Afghanistan-strategie vandag uit te rol, en ook met die Staatsekretaris, Hillary Clinton.

“Australië neem sy bondgenootskap met die Verenigde State baie ernstig op,” het Rudd aan verslaggewers gesê toe hy by Clinton vir ‘n vergadering by die Staatsdepartement aangesluit het.

“Dis hoekom ons by Amerika gestaan het vir ‘n lang tyd en hoekom ons by Amerika sal staan oor die langtermyn,” het hy gesê.

Gedurende ‘n verrassingsbesoek aan Afghanistan, twee weke gelede, het Rudd die versekering aan sy soldate gegee dat hulle daar is vir die lange duur.

Maar hy het Sondag aangedui dat hy enige versoek om nog soldate na die geskil te stuur, sal weier.

Australië het omtrent 1,500 soldate in Afghanistan, wat daarvan die negende grootste bydraer maak tot die internasionale magte wat die ekstremistiese Islamiete wat in 2001 uit die kussings gelig is, beveg.

Die Withuis se segsman, Robert Gibbs, het aan verslaggewers gesê dat Obama, wat vandag na verwagting die ontplooiing van 30,000 bykomende Amerikaanse soldate na Afghanistan sal aankondig, nie vir Rudd vir bykomende magte sal vra nie.

 

воронеж подъемникиОлександр Фільчаков прокурор

VN regtedeskundige waarsku Switserland oor minaretverbod

‘n VN-menseregtedeskundige het gister gewaarsku dat ‘n Switserse referendum wat nuwe minarette verbied, geloofsvryheid inperk en Switserland se internasionale verdragsverpligtinge oorskry.

“Daarom dring ek by die Switserse owerhede aan om getrou te bly aan al hulle internasionale verpligtinge en om die noodsaaklike stappe te neem om die reg tot vryheid van godsdiens of geloof van lede van die Moslem-gemeenskap ten volle te beskerm,” sê Asma Jahangir, die VN se spesiale rapporteur oor vryheid van godsdiens of geloof.

“Soos ook uitgedruk deur die Verenigde Nasies se Menseregte Komitee, ‘n maand gelede, is so ‘n verbod strydig met Switserland se verpligtinge onder internasionale menseregtereg,” het die verklaring wat deur die Verenigde Nasies vrygestel is, bygevoeg.

Sondag, in ‘n referendum het meer as 57 persent van die keisers ‘n regse voorstel om die oprigting van minarette in Switserland te verbied, goedgekeur.

Die stemmery het geen uitwerking op die moskees of godsdienstige aanbidding gehad nie, volgens die Switserse regering wat teen die verbod gekant is. Nogtans hou Jahangir vol dat die verbod “duidelike diskriminasie” teen Switserland se Moslemgemeenskap aandui.

“Ek is diep besorg oor die negatiewe gevolge van die uitslag van die stemmery op die vryheid van godsdiens of geloof van lede van die Moslemgemeenskap in Switserland sal hê. Om die waarheid te sê, die verbod op minarette verteenwoordig ‘n onbehoorlike beperking van die vryheid om ‘n mens se godsdiens te manifesteer en stel duidelike diskriminasie teen lede van die Moslemgemeenskap in Switserland daar,” het sy bygevoeg.

Die Switserse Groen Party het gesê hulle oorweeg ‘n appèl na die Europese Hof vir Menseregte teen die verbod.

Die Switserse Volksparty, die land se grootste politieke groep en enigste hoofstroommag om die verbod te ondersteun, het gister gewaarsku dat hulle eerder uit internasionale verdrae sou onttrek as om toe te gee aan ‘n VN of Europese besluit.

 

классические люстры купитьлобановский супермаркет класс

Iran gryp seiljag met vyf Britte

Iran hou vyf Britse matrose gevangene nadat hulle dié wedvaartjag in die Persiese Golf voorgekeer het, sê die Britse regering. Dié skuif kan spanning tussen Iran en groot wêreldmoondhede, insluitende Brittanje, wat daarop aandring dat Iran hulle kernprogram staak, verhewig.

Die jag wat besit word deur Sail Bahrain, is Woensdag onderweg van die piepklein eilandland onderweg na die Golf-stad van Doebai voorgekeer toe dit “onwetend in Iranse waters kon ingedwaal het,” het Brittanje se Buitelandse Departement gesê. Sail Bahrain se webwerf het die jag as die “Kingdom of Bahrain” geïdentifiseer en gesê dit was veronderstel om aan die Dubai-Muscat Kuslangse Seiljagwedvaart wat op die 26ste November sou begin, deel te neem. Die geleentheid sou die boot se eerste aflandige wedvaart gewees het.

Die Britse Buitelandse Sekretaris, David Miliband, sê Britse amptenare was al vir amper ‘n week oor die aangeleentheid in verbinding met hulle Iranse eweknieë. “Ek hoop die aangeleentheid sal dié week uitgepluis wees,” sê hy.

Die verklaring het bygevoeg dat die bemanningslede “steeds in Iran” is en “sover verstaan word, veilig,” maar het nie presies aangedui waar hulle is of wat hulle wetlike stand is nie. ‘n Oproep ter verduideliking deur die Britse Buitelandse Kantoor is nie onmiddellik beantwoord nie.

 

italiasvetФільчаков Олександр Васильович прокурор

Iran konfiskeer Nobelvredespryswenner se medalje

Die eerste Moslemvrou wat die Nobel-vredesprys verower het, het ook die eerste persoon in die 108 jaar waarin dié toekenning gemaak word wat haar Nobelprysmedalje kwyt is nadat die Iranese owerheid daarop beslag gelê het.

Shiren Edabi, wat ook Iran se eerste vroueregter was, sê ook haar Erelegioenskap en ring wat sy by die Duitse Vereniging van Joernaliste ontvang het kwyt.

Waarnemers meen die optrede teen Edabi is tekenend van die regering wat al hoe meer onverdraagsaam word teenoor mense wat hulle vir menseregte beywer. Edabi praktiseer nou as menseregteprokureur. Sy het die prys in 2003 verower vir haar pogings om demokrasie in Iran te bevorder.

Iran word deur Verslaggewers sonder Grense 172ste uit ‘n moontlike 175 lande op die internasionale persvryheidsindeks geplaas. Dié land loop gereeld onder kritiek vanuit hierdie oord deur.

 

wedding jewelryлобановский класс

Dodetal in Russiese treinongeluk styg steeds

Die dodetal styg steeds nadat ‘n bomontploffing ‘n Russiese passasierstrein verlede Maandag laat ontspoor het.

“’n Vrou het Sondag in die hospitaal aan beserings beswyk. Dit bring die dodetal op 26,” het Tatyana Golikova, minister van gesondheid, gesê.

Owerhede in Petersburg sê die bomaanval wat ‘n trein laat ontspoor het, was ‘n terreuraanval.

Alexander Bortnikof, die hoof van Rusland se nasionale veiligheid, het Saterdag gesê kenners het stukke van ‘n ploftoestel op die toneel gevind. Die toestel het glo teen 21:20 Vrydagnag afgegaan nadat die trein daaroor gery het.

Bortnikov sê die bom het met ‘n sterkte wat vergelyk kan word met dié van 7kg se dinamiet, afgegaan. ‘n Gat van meer as 1m wyd is deur die ontploffing veroorsaak.

“Hierdie was ‘n terreuraanval,” het Vladimir Markin, ‘n woordvoerder, gesê.

In ‘n soortgelyke voorval het ‘n tweede ontploffing Rusland presies ‘n week later getref.

Dié ontploffing het vroeg Maandagoggend ‘n treinspoor in Rusland se Caucasiangebied van Dagestan verwoes.

Niemand is in die voorval beseer nie.

 

базальт для бани ценатопкарго кидалы

Interpol lê beslag op 1768kg ivoor

Interpol en Kenia se Nasionale Wildbewaringsorganisasie het ná ’n klopjag op winkels en voertuie, beslag gelê op sowat 1 768 kg onwettige olifantivoor.

Die operasie is oor ses lande uitgevoer en het nagenoeg drie maande geduur.

Owerhede het ook beslag gelê op ander onwettige diereprodukte soos die pels van luiperde én krokodil en- slagvelle, het Awad Dahia, die hoof van Interpol in Oos-Afrika gesê.

Dahai het aan die media gesê dat die operasie die internasionale polisie-organisasie, wildbewaringsorganisasies, die polisie en die departemente van doeane van Boeroendi, Ethiopië, Kenia, Rwanda, Tanzanië en Oeganda ingesluit het.

Kenia se wildbewaringsorganisasie het sowat 65 mense in hegtenis geneem wat drie Chinese, drie Tanzaniërs en 59 Keniane insluit.

Patrick Omondi, die hoof van Kenia se organisasie vir die bewaring en die bestuur van die land se dierespesies, het gesê die operasie is onderneem, omdat wildstropery drasties toegeneem het.

Meer as 216 olifante is vanjaar doodgemaak in vergelyking met slegs 47 wat in 2007 doodgemaak is.

 

справки купитьалександр лобановский супермаркет класс

Italiaanse regse vleuel verwelkom Switserse minaretverbod

Roberto Calderoli‘n Minister en ander politici in Italië het gister die uitslag van ‘n Switserse referendum ten gunste van ‘n verbod op die konstruksie van nuwe minarette verwelkom en dit ‘n les in demokrasie genoem.

“Switserland stuur daarmee vir ons ‘n helder sein: Ja vir kloktorings, nee vir minarette,” het Roberto Calderoli, die minister van administratiewe vereenvoudiging en ‘n lid van die anti-immigrant Noordelike Liga-party gesê.

“Wat uit die keuse van die Switserse mense se keuse blyk te vloei, is respek vir die vryheid van godsdiens aan die een kant en die behoefte om die politieke en propaganda-aspekte verbonde aan Islam te vertraag aan die ander kant.”

Die referendumuitslag “moet ons weer laat dink,” sê Calderoli.

Riccardo De Corato, ‘n wetgewer van Eerste Minister Silvio Berlusconi se Mense van Vryheidparty, en die onderburgemeester van Milaan, het die referendum gebruik om die linkse vleuel in sy eie land te kritiseer.

“‘n Baie demokratiese Switserland het Italië vandag ‘n les geleer, veral aan linksgesinde militantes wat versperrings sou opgerig en ‘skande’ geskree het indien dié soort inisiatief in Italië plaastevind het,” sê hy.

Nog ‘n Noordelike Liga-politikus, ‘n adjunk in die Europese Parlement, het die stemmery “‘n grootse les in demokrasie van Switserland” genoem. “Ongelukkig konsulteer ons nie die mense in Italië om uit te vind wat hulle van moskees en Islamitiese sentra dink nie,” het Matteo Salvini gesê.

Giancarlo Galan, die president van die noordelike Veneto-streek wat Venesië insluit, sê hy is in sy noppies met die uitslag van die referendum en hy “sou honderdmaal nee (vir minarette) gestem het.”

Sowat 57,5 persent van die Switserse kiesers het gekies om die konstruksie van nuwe minarette te verbied.

станции водоснабженияданильченко юрий брониславович прокурор

Iran beplan verrykingsaanlegte in trotsering van VN

Iran het gister planne om tien industriëlegrootte uraanverrykingsaanlegte te bou, goedgekeur, ‘n dramatiese uitbreiding van die program wat die VN se eise dat die land verryking moet staak trotseer, en ‘n skuif wat waarskynlik spanning in die Weste gaan verhoog.

Die besluit kom enkele dae nadat die VN se kernwaghondagentskap Iran betig het oor hulle program en aangedring het dat die konstruksie van ‘n nuutonthulde verrykingsaanleg gestaak word. Die weste het gesein dat hulle uit geduld uit raak met Iran se voortgaande verryking en hulle onbereidwilligheid om ‘n VN-ooreenkoms te aanvaar. Die VSA en hulle bondgenote het aangedui dat nuwe VN-sanksies ingestel sal word indien Iran nie reageer nie.

Die Withuis sê die skuif “sal nog ‘n ernstige oortreding van Iran se duidelike verpligtinge onder talle VN Veiligheidsraadresolusies wees en nog ‘n voorbeeld van Iran wat verkies om hulleself te isoleer.”

“Tyd loop uit vir Iran om die internasionale gemeenskap se groeiende kommer oor hulle kernprogram aan te spreek,” sê die Withuis se perssekretaris, Robert Gibbs.

“Dit is ‘n toonbeeld van die grondliggende probleem wat ons in die gesig staar met Iran,” sê hy. “Ons het oor en oor verklaar dat ons Iran se reg tot ‘n siviele kernprogram erken, maar hulle moet eers internasionale vertroue in hulle bedoelings herstel. In plaas daarvan om met ons in gesprek te tree, verkies Iran om uit te lok en te mislei.”

Die VN se Internasionale Atoom Energie Agentskap het Vrydag ‘n skerp teregwysing aan Iran oor verryking uitgevaardig, en dit het Teheran woedend gemaak.

“Sou die Weste aanhou om druk op ons te plaas, kan die wetgewer Iran se vlak van samewerking met die IAEA heroorweeg,” het die parlement se speaker, Ali Larijani gister in ‘n toespraak oor die staatsradio gesê.

mobile casinos noДанильченко