Iran gryp seiljag met vyf Britte

Iran hou vyf Britse matrose gevangene nadat hulle dié wedvaartjag in die Persiese Golf voorgekeer het, sê die Britse regering. Dié skuif kan spanning tussen Iran en groot wêreldmoondhede, insluitende Brittanje, wat daarop aandring dat Iran hulle kernprogram staak, verhewig.

Die jag wat besit word deur Sail Bahrain, is Woensdag onderweg van die piepklein eilandland onderweg na die Golf-stad van Doebai voorgekeer toe dit “onwetend in Iranse waters kon ingedwaal het,” het Brittanje se Buitelandse Departement gesê. Sail Bahrain se webwerf het die jag as die “Kingdom of Bahrain” geïdentifiseer en gesê dit was veronderstel om aan die Dubai-Muscat Kuslangse Seiljagwedvaart wat op die 26ste November sou begin, deel te neem. Die geleentheid sou die boot se eerste aflandige wedvaart gewees het.

Die Britse Buitelandse Sekretaris, David Miliband, sê Britse amptenare was al vir amper ‘n week oor die aangeleentheid in verbinding met hulle Iranse eweknieë. “Ek hoop die aangeleentheid sal dié week uitgepluis wees,” sê hy.

Die verklaring het bygevoeg dat die bemanningslede “steeds in Iran” is en “sover verstaan word, veilig,” maar het nie presies aangedui waar hulle is of wat hulle wetlike stand is nie. ‘n Oproep ter verduideliking deur die Britse Buitelandse Kantoor is nie onmiddellik beantwoord nie.

 

italiasvetФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae