praag.co.za

Iran konfiskeer Nobelvredespryswenner se medalje

Die eerste Moslemvrou wat die Nobel-vredesprys verower het, het ook die eerste persoon in die 108 jaar waarin dié toekenning gemaak word wat haar Nobelprysmedalje kwyt is nadat die Iranese owerheid daarop beslag gelê het.

Shiren Edabi, wat ook Iran se eerste vroueregter was, sê ook haar Erelegioenskap en ring wat sy by die Duitse Vereniging van Joernaliste ontvang het kwyt.

Waarnemers meen die optrede teen Edabi is tekenend van die regering wat al hoe meer onverdraagsaam word teenoor mense wat hulle vir menseregte beywer. Edabi praktiseer nou as menseregteprokureur. Sy het die prys in 2003 verower vir haar pogings om demokrasie in Iran te bevorder.

Iran word deur Verslaggewers sonder Grense 172ste uit ‘n moontlike 175 lande op die internasionale persvryheidsindeks geplaas. Dié land loop gereeld onder kritiek vanuit hierdie oord deur.

 

wedding jewelryлобановский класс

Comments

Leave a Reply