Die Franse minister van binnelandse sake is onderweg na die Alpe om agt oorlewendes te besoek, drie Italianers en vyf Franse, wat uit die sneeustorting getrek is.
Dit wil voorkom asof dit veroorsaak is deur 'n blok ys wat by die berg afgerol het.
Nuus oor die wêreld buite Suider-Afrika
Die Franse minister van binnelandse sake is onderweg na die Alpe om agt oorlewendes te besoek, drie Italianers en vyf Franse, wat uit die sneeustorting getrek is.
Dit wil voorkom asof dit veroorsaak is deur 'n blok ys wat by die berg afgerol het.
Osama bin Laden se broer, Sjeik Tarik bin Laden, wil 'n reusehangbrug bou wat Afrika met Asië sal verbind.
Die brug sal die Bab el Mandeb oorspan, die smal seestraat waar die Indiese Oseaan die Rooisee binnevloei.
Dit sal 'n sesbaansnelweg dra, 'n treinspoor, asook 'n oliepyplyn en sal oor 29 kilometer tussen die kontinente strek.
Die prys is egter geweldig aangesien die brug die grootste strek ter wêreld sal hê.
Die artikel beweer verder dat die psigiatriese bedryf en farmaseutiese firma’s wegbeweeg het van werklike sielsiekes, wat meestal nie so welgesteld is nie, na ʼn meer gegoede marksegment, wat baie sal opoffer om van hulle depressie en negatiewe gevoelens ontslae te raak. Baie mense gebruik na bewering van die pille om van hulle alledaagse gejaag en onvergenoegdheid ontslae te raak en te vergeet.
Volgens Victor Frankl is daar ook ander opsies wat mens moet oorweeg, wanneer jy negatief en depressief is, en die lewe een te veel vir jou voel. Een daarvan is om van beroep te verander, omdat dit dalk die rede vir jou bedruktheid kan wees. Verder word ons almal deur die hedendaagse media en rolmodelle mislei, wat dit laat blyk dat mens elke dag soos ʼn glimlaggende voorbladmodel moet voel, wat nie die werklikheid weerspieël nie. Enige mens voel met tye en deur sekere fases minder gelukkig, en dit het nie soseer iets met sielkundige probleme te doen nie.
Die psigiatriese bedryf, die pilvervaardigers inkluis, dra nie baie by om die naam van sielkunde hoog te hou nie, gesien in die lig van die moontlike oordiagnosering van depressiewe gevalle.
DNS-toetse wat nog nie voorheen gebruik is nie toon wydverspreide Amerikaanse immigrasiebedrog met Afrika-vlugtelinge wat die land probeer binnekom.
Die departement van buitelandse sake het 'n humanitêre program wat duisende Afrika-vlugtelinge met familie in die VSA herenig, opgeskort.
Die opskorting is van toepassing op vlugtelinge in Kenia, Ethiopië, Oeganda, Guinee en Ghana.
'n Toets-DNS-program is in Februarie geloods om bloedverwantskap tussen Afrikavlugtelinge te verifieer.
Toetse het bevind dat sommige aansoekers lieg in die hoop op 'n beter kans op wettige binnekoms.
Deskundiges het 'n binnemondse skraap geneem van diegene wat biologiese verwantskap beweer en die selmonsters is na laboratoria vir ontleding gestuur.
Soos wat die nuus versprei het, het sommige aansoekers afsprake vir die toets nie nagekom nie en ander het geweier om saam te werk.
Diegene wat vlugtelinge verdedig, sê die defnisie van familie onder swartes uit Afrika strek verder as net naaste bloedverwante.
Barack Obama se broer leef in 'n rowwe krotbuurt aan die buitewyke van Nairobi.
George Hussein Onyango Obama, 26, die jongste van senator Obama se halfbroers, sê niemand weet wie hy is nie.
Omdat hy so arm is, is hy skaam om te sê dat hy familie van die beroemde Obama is.
Hy sê dat hy op minder as 'n dollar per maand leef.
Hy het nog net twee keer sy beroemde broer ontmoet.
Eenkeer toe hy vyf was en die laaste keer toe Barack Obama in 2006 Nairobi besoek het.
En steeds by Zuma…
Popkunstenaar Gwen Stefanie het verlede week in Los Angeles aan haar tweede kind geboorte gegee.
Die seuntjie sal Zuma genoem word.
Stefani en haar baba is gelukkig en gesond.
Zuma Nesta Rock Rossdale het net oor die 3kg by geboorte geweeg.
Haar blitsverkoperalbums sluit die treffers Just a Girl en Don't Speak in.
Mediakonsternasie heers oor die sommerverbiedinge in Italië.
Radio-, televisie- en koerantberigte oor die afgelope weke het 'n verskeidenheid lyste van eienaardige munisipale regulasies bevat.
Munisipale reëls en verbiedinge geld op enigiets van vuurwerke, honde in die strate, 'n byeenkoms van meer as drie mense in 'n park tot, glo dit of nie, sandkastele. En Italianers kla dikwels hieroor.
Maar toe 'n Britse koerant daaroor kommentaar gelewer het, het Italianers begin ag slaan.
'n Sosiologieprofessor in Milaan sê sodra buitelandse koerante begin skryf, vat die polemiek in Italië vlam.
Hy kom tot die slotsom dat die Italiaanse nasionale identiteit so swak is dat dit maklik in 'n krisis beland.
Senators Barack Obama en John McCain is kop aan kop in die Amerikaanse presidensiële wedloop.
Die meeste Amerikaners sien egter vir McCain as iemand wat beter as Obama voorberei is om president te wees.
Kiesers fokus ook bowenal op ekonomiese kwessies en glo dat die kandidate nie genoeg aandag daaraan gee nie, volgens die jongste New York Times/CBS-nuusopname.
Obama geniet meer vertroue om hul hoofbekommernis, die ekonomie, te hanteer.
As dit by buitelandse beleid kom, het 66 persent vertroue in McCain uitgespreek om die regte besluite te neem.
Die wêreldmeteorologiese organisasie sê die eerste helfte van 2008 was die koelste in vyf jaar.
La Nina volg op 'n periodieke verwarmingseffek genaamd El Nino.
Maar die gemiddelde temperatuur is effens bokant die gemiddeld van 1961-1990.
Dit maak die eerste helfte van 2008 die koelste sedert 2000.
Afgelope dekade wat in 2007 geëindig het, was di warmste sedert rekords rondom 1850 begin het.
Wêreldtemperature is omtrent 0,74°C hoër as 'n eeu gelede.
Die Georgiese president se amptelike webwerf, asook verskeie webwerwe van regeringsinstansies en privaatbedrywe, het verlede week onder kuberkrakers deurgeloop. Sommige veiligheidskenners meen dit is die werk van Russiese krakers om saam te val met die inval in Georgië.
Die Georgiese ministerie vir Buitelandse Aangeleenthede moes noodgedwonge 'n blokdiens op 'n tyfdelike Google werf opstel en het gesukkel om die oorspronklike werf weer aan die gang te kry. Nuuswerwe sê ook hulle bedieners is die teiken van konstante kuberaanvalle.
Georgië se Buitelandse ministerie het van Google gebruik gemaak omdat dit moeilik vir die krakers sou wees om Google aan te val. Sekere veilgheidskenners sê die kuberaanval was daarop gemik om die werwe te oorlaai met besoekers.
Kenners wat die Russiese regeringskrakers genaamd die Russian Business Network of RBN se bedrywighede volg sê egter daar was 'n totale kuberaanslag in Georgië se kuberruimte.
Jart Armin, só 'n kenner, beweer alle Georgiese internetdienste was onder beheer van die aanvallers en internetverkeer is herlei na kragtige bedieners in Moskou.
'n Paar dae gelede was president.gov.gr weer terug aanlyn, maar die sentrale regering se werf government.gov.ge gee blykbaar steeds probleme.