Switserse burgers gewaarsku om nie na Libi? te reis nie

Switserland het sy burgers gewaarsku om nie na Libië te reis nie nadat die Switserse polisie die jongste seun van Moeammar Kadaffi in  hegtenis geneem het vir 'n beweerde aanranding op twee van sy bediendes.

LIbië het sy diplomate uit Switserland onttrek en het visums vir Switserse burgers opgeskort.

Vername Switserse burgers word ook op verskeie aanklagte in Libië aangehou.

Die Switserse maatskappye ABB Beperk en Nestlé SA het hul deure gesluit en Swissair het vlugte opgeskort.

Hannibal Kadaffi en sy vrou is verlede week deur die polisie by 'n luuksehotel in Genève in hegtenis geneem.

'n Dagblad in Genève berig dat twee van Kadaffi se bediendes beweer het dat hulle deur hul werkgewers by die hotel met 'n gordel en 'n  hanger geslaan is.

воронеж подъемноетопкарго развод

Australiese inflasie ongemaklik hoog

Australië se inflasiekoers het sy grootste kwartaallikse styging in 17 jaar getoon soos wat verbruikers gebuk gaan onder hoër verbandkoerse en rekordpetrolpryse.

Dit het met 1,5 persent oor die afgelope drie maande wat op 30 Junie geëindig het, gestyg.

Die onverwagse hoë kwartaallikse styging in die VPI het die inflasiekoers tot bokant 4,5 persent gedwing.

Die Reserwebank van Australië sal waarskynlik sy verwysingsrentekoers by die hoogste merk in 12 jaar van 7,25 persent hou.

Die Australiese ekonomie verkeer in sy 17de jaar van aanhoudende groei, maar toon tekens van verslapping.

'n Hoofekonoom van die Commonwealth Bank of Australia het gesê dat die jongste VPI-syfers getoon het dat Australië se inflasiekoers ongemaklik hoog is.
Onsekerheid neem toe oor die kwessie of Nieu-Seeland sy rentekoerse gaan verminder te midde van tekens dat sy ekonomie op pad na 'n resessie is.

online free betФильчаков прокурор отзывы

Nigeri? stem vir die doodstraf

Die hoop om honderde gevangenes in die dodesel in Nigerië te red, het vervaag toe parlementslede teen 'n wetsontwerp gestem het wat alle doodstrawwe in lewenslange gevangenisstraf sou omskep het.

LP's van alle kante het die wetsontwerp om die doodstraf af te skaf, verwerp.

Menseregte-aktiviste is geskok deur die mate van teenkanting teen die wet, aangesien selfs politici vanuit die Christelike suide van die land eenparig daarteen gestem het.

Die wetsontwerp was die heel eerste poging om Nigerië se doodstraf in die parlement te toets.

Die voorstel om dit af te skaf het uitgegaan van die gedagte dat die doodstraf in Nigerië uitgedien is omdat dit nie tot enige rehabilitering of geregtigheid lei nie en ook niemand afskrik nie.

In 2007 is ten minste 20 doodsvonnisse uitgespreek en meer as 500 mense wag tans teregstelling af.русских иФильчаков прокурор харькова

Kameroense digter besmet bewustelik Poolse vroue met MIV

'n Kameroense digter en aktivis wat as 'n vlugteling sedert 1999 in Pole woon, word tans daarvan aangekla dat hy 11 vroue met die MIV-virus besmet het.

Die verhoor van Simon Moleke Njie, wat 34 jaar oud is en ook as Simon Mol bekend is, sal na verwagting etlike maande duur.

Mol het aan ondersoekbeamptes gesê hy het nie destyds geweet dat hy MIV-positief is nie.

Maar Poolse ondersoekbeamptes sê dat verskeie van sy metgeselle aan hom vertel het dat hulle positief getoets is.

Mol het voorheen die nuus in Pole se liberale koerante gehaal toe hy veldtogte teen rassisme georganiseer het.дизайн гостиной с кухней и каминомалександр лобановский харьков класс

Ek is soos Mandela, s? Islamitiese vegter

'n Somaliese Islamitiese aktivis wat van bande met al-Kaeda verdink word, het homself met Nelson Mandela vergelyk. Hy meen dat hy ook veg om sy land van vreemde besetting te bevry.

Sjeik Hassan Dahir Aweys word deur die Amerikaanse regering as 'n terroris gelys maar noem homself 'n vryheidsvegter. Volgens hom was Nelson Mandela ook eens 'n terroris en was hy op 'n VSA-lys van mense wat daarvan beskuldig word dat hulle terrorisme aanblaas, maar nou is hy 'n patriot en 'n gerespekteerde figuur.

Aan die begin van dié maand is Nelson Mandela en die African National Congress van 'n Amerikaanse immigrasieswartlys vir moontlike terroriste afgehaal waarop hulle 30 jaar lank verkeer het.

зарядное устройстволобановский александр дочь

Nissan s? elektriese motors gaan winsgewend wees

Nissan Motors sê elektriese motors gaan winste verseker.

Die motors sal ook mededingend wees wat prys betref.

Nissan se uitvoerende hoof, Carlos Ghosn, sê om motors te bou wat deur alternatiewe brandstof aangedryf word maar steeds ruolie gebruik is onvolhoubaar.

Hy sê van nou af aan gaan dit zero-uitlaatgas wees.

Volgens Ghosn gaan Nissan binne twee jaar die eerste motormaatskappy word wat 'n massamark-, zero-uitlaatvoertuig in die VSA verkoop. Die maatskappy beplan om sulke motors globaal teen 2012 te bemark.

насос дляАлександр Фильчаков Васильевич

Kambodjaanse en Thai-spanninge verhoog

Kambodja het die VN gister gevra om in te gryp met honderde soldate wat mekaar in die oë staar in 'n grenskonfrontasie met Thailand.

'n Bilaterale vergadering Maandag het misluk om die dispuut op te klaar.

Troepe van albei kante bly gereed by die antieke Hindoetempel, Preah Vihear, op die grens tussen die twee lande.

Die minister van buitelandse sake van Kambodja, Hor Namhong, het die Veiligheidsraad gevra om dringend 'n oplossing gebaseer op die volkereg te vind.

Dis die jongste voorval in 'n langdurige geskil tussen die twee nasies.

Die dispuut kom op 'n delikate oomblik aangesien Kambodja aanstaande week algemene verkiesing hou en die regeringskoalisie in Thailand toenemend wankelrig voorkom.

медицинская справка в бассейнтопкарго отзывы

Nog ‘n voedselkrisis dreig in Oos-Afrika

ImageDie horing van Afrika, wat bekend is vir sy droogtes, oorloë en gereelde hongersnode, staan nou voor nog 'n groot krisis. Volgens die Wêreldvoedselprogram word 15 miljoen mense deur 'n nabye ramp bedreig indien Westerse skenkers nie dadelik fondse verskaf nie.

Die Wêreldvoedselprogram meen dat dit dringend $403 miljoen benodig om die honger mense van Somalië, Ethiopië, Djibouti, Kenia en Oeganda te voed.

'n Woordvoerder van die WV Peter Smerdon sê dat indien hulle nie dringend sulke hulp ontvang nie, daar 'n ramp in die streek gaan plaasvind.

'n Miljoen Somaliërs gaan geen graan in Augustus hê nie tensy skepe na hul land gestuur word. As gevolg van seerowery en die algemene wetteloosheid in Somalië, weier handselskepe egter om daarheen te gaan.

Smerdon het daarom 'n beroep op Westerse lande gedoen om oorlogskepe te stuur om die vaartuie met noodvoorrade te vergesel sodat dit afgelewer kan word.

летняя обувь для подростков мальчиковФильчаков Александр Васильевич

Amerikaanse generaal waarsku Rusland

Generaal Norton Schwartz, die volgende Amerikaanse lugmagstafhoof, het gewaarsku dat die VSA nie Russiese bomwerpers met 'n kernvermoë in Kuba sal aanvaar nie.

Hy sê dit sou beteken om 'n rooi lyn te oortree.

Die Russiese koerant Izvestia, het berig dat die Russiese lugmag gereeld langafstandbomwerpers na Kuba wil laat vlieg.

Dit was in reaksie op Amerikaanse planne om missielafweerstelsels in Oos-Europa te installeer.

Oor die afgelope jaar het Rusland langafstand- strategiese bomwerperpatrollies in die Stille en Noord-Atlantiese oseane geheraktiveer.

Soortgelyke omstandighede het gedurende die 1962-Kubaanse missielkrisis geheers.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияОлександр Фільчаков прокурор

Singapoer wil handel in niere wettig

Singapoer oorweeg dit om die handel in niere te wettig.

Die land se gesondheidsminister Khaw Boen Wan het Maandag gesê dit sal help om aan die vraag vir oorplantings te voldoen.

Hulle het die praktiese aspekte ondersoek om onverwante skenkers te betaal om die aanbod van niere te verhoog.

Die voorstel het debat ontketen, ook internasionaal.

Maar die minister het gesê mense moenie net die idee verwerp omdat dit radikaal of omstrede is nie.

Khaw het ook gesê die Gesondheidsministerie sal die ouderdomsperk vir skenkers, wat tans 60 jaar is, verhoog.

pearl jewellery fortopcargo отзыв