Obama takel Republikeine

Dit wil voorkom asof Barack Obama voel dat hy die stryd om die Demokratiese nominasie gewen het, want hy begin meer en meer komplimente aan Hillary Clinton van sy party uitdeel en aanvalle op sy Republikeinse teenstander, John McCain, loods.

Beide Obama en Clinton is tans in Florida waar hulle steeds hul nominasieveldtog voer. Clinton verseg steeds om tou op te gooi, nadat sy die deelstate Oregon en Kentucky aan Obama moes afstaan.

Obama het voor 'n skare in Tampa, Florida, gesê dat sy span op die drumpel van 'n oorwinning verkeer sover dit sy nominasie betref.

эндодонтическое лечение корневых каналовлобановский харьков

Sjina is besig met nasionale rou n? aardbewing

Die derde nasionale roudag breek vandag in Sjina aan ter nagedagtenis aan die slagoffers van verlede week se aardbewing. Tot 50 000 mense het na raming die lewe gelaat en 245 000 persone is beseer.

Vlae hang tans halfmas, geen advertensies mag in koerante verskyn nie, filmsale is gesluit en beperkings is op internetwebwerwe geplaas. Gister het tienduisende mense in die suidwestelike stad Sjengdoe histeries in die strate rondgehardloop ná berigte van nog 'n moontlike aardbewing. Intussen belemmer swaar reënval en talle naskokke reddingswerkers se reeds moeilike taak.

под потолокФильчаков прокурор

Swart steek wit verby in Brasili

Image Swartes sal hierdie jaar wittes verbysteek in getalle in Brasilië vir die eerste maal sedert slawerny afgeskaf is, maar die inkomstegaping tussen die twee groepe mag nog 50 neem om te oorbrug volgens 'n studie wat die Brasiliaanse regering onderneem het.
 
Swartes verdien oor die algemeen 50 tot 70 persent minder as wittes en hou 3,5% van bestuursposisies in Brasilië se 500 grootste maatskappye volgens vakbond syfers.

'n Studie wat in 2004 deur die Federale Universiteit van Rio de Janeiro onderneem is, het bevind dat die gaping tussen wit en swart in Brasilië groter is as in Suid-Afrika onder apartheid.

Brasilië het onlangs 'n stelsel geskep van kwotas by openbare universiteite om die gapeing te oorbrug. Maar kwotas is ingewikkeld want baie mense ondertrou met verskillende rasse en sekere kritici meen dat ligte bruinmense plekke opneem wat vir swartes gereserveer word.

Die regeringstudie is vrygestel om saam te val met die 120ste herdenking van die afskaffing van slawerny in Brasilië. Die land was in 1888 die laaste in die westelike halfrond om slawerny te beëindig.

flower bridal headbandФильчаков прокурор

Afrika dink baie van Australi? se leier

Afrikaleiers het die federale regering van Australië geprys vir sy apologie aan inheemse Australiërs. Parlementêre sekretaris vir handelsbetrekkinge, John Murphy, het onlangs gedurende 'n besoek aan Ghana vir 'n VN-ontwikkelingskongres, 14 bilaterale gesprekke met Afrikaleiers gehou.

Murphy sê Afrikaleiers was gretig om die regering geluk te wens met sy apologie.

Hulle het almal geweet van die nuwe linksgesinde regering in Australië en van die apologie wat in die nasionale parlement gedoen is en dit het 'n baie goeie boodskap aan Afrika gestuur, volgens Murphy.

Australië is besorg oor menseregte, gelykheid van die mensheid, versoening en oor die hele wêreld in geheel, het hy voortgegaan. Murphy het gesê dat Afrikaleiers ooglopend 'n hoë dunk het van Australië se nuwe leier, Kevin Rudd.

купить трансформерАлександр Фильчаков прокурор

Naskokke tref China

Nog 'n kragtige naskok het China ses dae ná die groot aardbewing getref en die dodetal het tot 32 500 gestyg, met 'n verdere 220 000 beseer. China sê hulle verwag dat die finale sterftesyfer 50 000 sal oorskry.
 

Amptenare is bekommerd dat die naskokke meer onstabiele geboue kan laat inmekaarsak en lekkende damme kan beskadig.

Kommer oor die veiligheid van kernaanlegte, met China se hoofkernnavorsingslaboratorium wat naby die sentrum van die aardbewing geleë is inbegrepe, is ook gelug. 'n Beraamde 10 000 mense is steeds vesgekeer, maar daar word geglo dat die meeste reeds dood is.

Syfers van vorige aardbewings wys egter dat oorlewendes na nog byna 14 dae gevind kan word.

устройство акбФильчаков прокурор отзывы

Kadaffi s? Europe?rs verdrink onwettiges

Image Libiese leier Moammar Kaddafi het Europa daarvan beskuldig dat hulle onwettige immigrante uit Afrika verdrink as hulle probeer op Europa per see te bereik.
 
Kaddafi het by 'n Afrika-Unie se leiersvergadering gesê dat honderde immigrante opsetlik verdrink word.

Europa is besig om te probeer om haarself te verdedig en doen alles moontlik om immigrante te keer om voet aan wal te sit, het die LIbiese leier gesê. Hy het nie enige spesifieke Europese land genoem nie.

Hy het gesê dat Europeërs bote, wat immigrante vervoer, laat omslaan in die Meditereense See in vals seereddingsoperasies. Hy het voorts gesê dat 'n oorlog in die Meditereense See teen Afrikane woed.

меховой гольф для девочкиДанильченео

Naskokke tref Sjina

Nog 'n kragtige naskok het China ses dae ná die groot aardbewing getref en die dodetal het tot 32 500 gestyg, met 'n verdere 220 000 beseer. China sê hulle verwag dat die finale sterftesyfer 50 000 sal oorskry.

Amptenare is bekommerd dat die naskokke meer onstabiele geboue kan laat inmekaarsak en lekkende damme kan beskadig.

Kommer oor die veiligheid van kernaanlegte, met China se hoofkernnavorsingslaboratorium wat naby die sentrum van die aardbewing geleë is inbegrepe, is ook gelug.

'n Beraamde 10 000 mense is steeds vesgekeer, maar daar word geglo dat die meeste reeds dood is.

Syfers van vorige aardbewings wys egter dat oorlewendes na nog byna 14 dae gevind kan word.

светодиодный линейный светильник geniledпрокурор Фильчаков

Hulpgeld vir Afrika word aan wapens bestee

Image

Bob Geldof

'n Nieu-Seelandse koerant, die Herald, berig dat miljarde dollar wat vir Afrika deur die rocksterre Bono en Bob Geldof ingesamel is, gebruik is om wapens aan te koop en terreuroorloë te voer.

Dit is die mening van die internasionale terrorismedeskundige, Dr. Loretta Napoleoni. Sy is tans in Nieu-Seeland om haar boek Rogue Economics bekend te stel.

Sy noem die voorbeeld van Ethiopië, wat tussen 1982 en 1985 nie minder nie as R14,4 miljard ontvang het, waaronder 'n groot skenking van Bob Geldof se Live Aid-projek. Die grootste gedeelte van die geld, R12,8 miljard, is op militêre toerusting uitgegee.

free slots bonustopcargo отзыв

Die nuwe tsaar

Image

Wladimir Poetin

Wladimir Poetin kan met reg trots voel op homself. Alhoewel hy nou die rol van eerste minister van Rusland beklee en nie meer president is nie, is die huidige situasie die gevolg van ’n grondwetlike staatsgreep wat hy self georkestreer het. Dmitri Medwedef is weliswaar die nuwe president, maar geen belangrike besluite word sonder Poetin se instemming geneem nie.

Net voordat hy onlangs as president uitgetree het, het Poetin verklaar: “Ek het hierdie agt jaar soos ’n galeislaaf gewerk, van die môre tot die aand, en het my alles gegee. Ek is gelukkig met die resultate.” In ’n sekere sin kan hy trots wees op homself. Die situasie in Rusland het inderdaad verbeter en die meeste Russe sien Poetin as die antwoord op hulle gebede. Vir Westerlinge lyk Poetin soos ’n diktator, maar die meeste Russe meen dat veiligheid en stabiliteit belangriker is as vryheid.

Poetin spog graag daarmee dat sedert hy agt jaar gelede as staatshoof oorgeneem het, buitelandse beleggings in Rusland sewevoudig toegeneem het. Die bedrag staan tans op $82,3 miljard. Die land se BBP het gedurende dieselfde periode met meer as 70% toegeneem en die gemiddelde Russiese inkomste het verdubbel.

Die situasie is natuurlik grootliks aan Rusland se enorme olie-en gasreserwes toe te skryf. Toe Poetin destyds aan bewind gekom het, het ’n vaatjie ru-olie $16 gekos. Tans het die prys al $120 verbygesteek. Ten spyte van hierdie groot bydrae tot die Russiese staatskoffers pluk die man in die straat nie noodwendig die vrugte daarvan nie. Die onderwysstelsel in die land is power, en volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is Rusland 130ste op die ranglys van die 190 VN-lidlande se gesondheidstelsels. Op die platteland het dorpe dikwels nie lopende water of gas nie en in vele opsigte kan hierdie lid van die G8-groep as ’n Derdewêreldland beskou word wat die stand van plaaslike infrastruktuur betref. Die Russiese bevolking gaan na verwagting oor die volgende paar dekades van 145 miljoen tot 120 miljoen krimp. Weens vigs en alkholisme word manlike lewensverwagting tans op sowat 58 geskat.

Die vraag kan dus tereg gevra word wat van die land se olie-inkomste word. Volgens ’n verslag wat onlangs deur twee voormalige Kremlin-amptenare uitgebring is, is ’n misdaadnetwerk onder Poetin se bewind ingestel wat meegebring het dat die Kremlin staatsbates goedkoop aan vriende van Poetin verkwansel en dan ander bates weer teen buitensporige pryse van hulle terugkoop. Een van hierdie twyfelagtige transaksies is die 75% aandeel wat die staatsbeheerde Gasprom (wat tot ’n paar maande gelede deur Dmitry Medvedev bestuur is) onlangs in ’n maatskappy genaamd Sifnet aangekoop het. Sifnet behoort aan Roman Abramowitsj, ’n biljoenêr-bondgenoot van Wladimir Poetin. Abramovich het in 1995 $100 miljoen vir Sifnet betaal. Tien jaar later het die Russiese regering dit vir $13.7 miljard van hom gekoop.

In die Weste sou die inhoud van so ’n verslag tot die ondergang van ’n regering kon lei, maar in Rusland, waar Poetin self elkeen van die huidige kabinetsministers aangestel het, is daar weinig kans op ’n indringende ondersoek van die bewerings. Volgens Transparency International is Rusland een van die ergste lande wat korrupsie betref. Buitelandse kenners meen dat sowat $30 miljard per jaar in die land spandeer word aan omkoopgeld. Die gemiddelde Rus aanvaar hierdie korrupte stelsel as ’n feit waaraan hulle weinig kan verander.

Selfs die Russiese howe word as korrup beskou. Enigeen wat die Kremlin probeer uitdaag, word met vervolging vir belastingbedrog gedreig. Toe Mikhail Khodorkowski, eens die rykste man in die land, sy olie-rykdom probeer gebruik het om menseregte te bevorder, het Poetin hom onmiddellik as ’n bedreiging geïdentifiseer. Die staatshoof het hom laat arresteer en skuldig bevind aan bedrog. Hy sit tans in ’n Siberiese tronk om gevangenisstraf van agt jaar uit te dien.

Die media word nie aangemoedig om oor korrupsie en teëstand teen hierdie praktyke te skryf nie. Bykans alle nasionale radio- en televisiestasies word direk of indirek deur die staat beheer en dieselfde geld vir die land se belangrikste koerante. Min joernaliste het die moed om hierdie sake aan die groot klok te hang. Sedert Poetin aan bewind gekom het, is twintig joernaliste in vreemde omstandighede dood gevind. Nie een van hierdie moordsake is al opgelos nie.

Poetin maak graag aanspraak op die Russe se patriotisme om hulle te laat glo dat sy soms totalitêre optrede is wat die land benodig. Hy buit ook die anti-Amerikaanse gevoel in die land uit. Baie Russe voel onrustig – en verneder – deur die vooruitsig dat hulle voormalige landgenote Georgië en Oekraïne eersdaags by NAVO gaan aansluit. Rusland se toenadering tot China en die land se energie-reserwes maak van die land ’n teëstander om mee rekening te hou.

шарапова теннис сегоднялобановский александр жена

Swart kinders meer geneig om te verdrink

Image 'n Nuwe inisiatief is van stapel gestuur deur die Amerikaanse nasionale swemliggaam, USA Swimming. Die rede daarvoor is dat swart kinders in die VSA teen 'n tempo van amper drie keer soveel as die gemiddelde koers verdrink.

Ook is minder as 2% van USA Swimming se byna 252 000 lede wat mededingend deur die jaar swem, swart.

'n Studie wat 1 800 kinders gemonster het, het gevind dat 31% van wit respondente nie veilig kon swem nie, in vergelyking met 58% van swartes.
 
Die nie-swemmers onder Spaans-Amerikaanse kinders is byna so hoog soos vir swartes, maar twee keer soveel Spaans-Amerikaners is lede van US Swimming.

As 'n ouer nie kan swem nie, is die kind baie minder geneig om te leer om te swem.

купить декоративная штукатуркаалександр лобановский класс