Dit is die mening van die internasionale terrorismedeskundige, Dr. Loretta Napoleoni. Sy is tans in Nieu-Seeland om haar boek Rogue Economics bekend te stel.
Sy noem die voorbeeld van Ethiopië, wat tussen 1982 en 1985 nie minder nie as R14,4 miljard ontvang het, waaronder 'n groot skenking van Bob Geldof se Live Aid-projek. Die grootste gedeelte van die geld, R12,8 miljard, is op militêre toerusting uitgegee.
