Kadaffi s? Europe?rs verdrink onwettiges

Image Libiese leier Moammar Kaddafi het Europa daarvan beskuldig dat hulle onwettige immigrante uit Afrika verdrink as hulle probeer op Europa per see te bereik.
 
Kaddafi het by 'n Afrika-Unie se leiersvergadering gesê dat honderde immigrante opsetlik verdrink word.

Europa is besig om te probeer om haarself te verdedig en doen alles moontlik om immigrante te keer om voet aan wal te sit, het die LIbiese leier gesê. Hy het nie enige spesifieke Europese land genoem nie.

Hy het gesê dat Europeërs bote, wat immigrante vervoer, laat omslaan in die Meditereense See in vals seereddingsoperasies. Hy het voorts gesê dat 'n oorlog in die Meditereense See teen Afrikane woed.

меховой гольф для девочкиДанильченео