‘Ná teregstelling van KZN-boer is volksmoordsaak dringend’

“Die koelbloedige teregstelling van ‘n Afrikanerboer, mnr. Kobus de Vries, deur ‘n groot groep polisiemanne in Kwazulu-Natal toon in watter mate die invloed van Julius Malema se aanhitsing reeds die land op die glybaan van etniese konflik geplaas het,” het dr. Dan Roodt van PRAAG vandag gesê.

Hy sal vandag ‘n dringende skrywe aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig, tesame met ‘n afskrif van dr. Pieter Mulder se klag van haatspraak teen Julius Malema wat die adjunkminister van landbou verlede jaar teen die ANC-jeugleier aanhangig gemaak het.

Roodt het reeds verlede week in ‘n brief aan advokaat Menzi Simelane, die nasionale direkteur van vervolgings, gevra dat Malema in terme van die Suid-Afrikaanse wet 27 van 2002 en die internasionale Roomse Statuut van aanhitsing tot volksmoord aangekla word. Die vervolgingsgesag het aanvanklik ontken dat die brief ontvang is en daarna aan Sapa verklaar dat daar geen klag teen Malema bestaan nie.

Intussen het dr. Roodt egter ‘n afskrif van die klag bekom wat dr. Pieter Mulder en amptenare van die Vryheidsfront Plus op 10 Maart 2010 by die Brooklyn-polisiestasie gelê het toe saak nommer 403/3/2010 teen Malema geopen is.

“Hoewel die klag van dr. Mulder slegs op die minder ernstige oortreding van haatspraak betrekking het, is dit genoegsaam om hom insgelyks ook vir die internasionale menseregte-oortreding van aanhitsing tot volksmoord aan te kla,” het Roodt gesê. “Dit is nou wat ons van die owerheid vereis, dat Suid-Afrika sy verdragverpligtinge teenoor die internasionale gemeenskap nakom, asook sy plig om die Afrikaner as nasionale minderheid teen volksmoord en aanhitsing te beskerm.”

Roodt is “uiters bekommerd oor die voorval in Kwazulu-Natal” toe die Suid-Afrikaanse Polisiediens mnr. Kobus de Vries in die rug geskiet het terwyl hy besig was om homself oor te gee. “Volgens ons inligting is ‘n groot aantal voormalige lede en offisiere van die ANC-milisie, Umkhonto we Sizwe, in die SAPD opgeneem. Die SAPD is op rassegrondslag gesuiwer en daar is slegs 14 000 blanke polisiemanne in die diens oor. As blankes word bevordering van hulle weerhou en verkeer hulle op die laer range sonder besluitnemingsbevoegdheid. Die oënskynlike teregstelling van mnr. Kobus de Vries laat dit lyk asof die SAPD toenemend as ‘n ANC-milisie begin optree en dat ons op ‘n tipiese Afrika-scenario afstuur waar menseregteskendings deur verteenwoordigers van die staat in uniform gepleeg gaan word. Met die jongste uitsprake van die ANC en veral Malema oor grondbesit en die onteiening van plase, staar ons ‘n Zimbabwe in die gesig, behalwe dat ‘grondhervorming’ hier met volksmoord of elemente van volksmoord voltrek gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op die Verenigde Nasies en die internasionale gemeenskap gedoen om kennis te neem van die rasse- en etniese polarisering van Suid-Afrika ná die aanhitsing van ANC-leiers teen Afrikaners en versoening wat deur weerwraak as die heersende filosofie vervang is. Hy was ook krities teenoor landbou-organisasies wat nie ‘n sterk genoeg standpunt oor geweld en volksmoord wil inneem nie, uit vrees dat hulle hul verhoudinge met die ANC-bewind mag skaad.

“Pragmatisme het egter perke,” het Roodt gemeen. “In krisistye moet die waarheid uit, selfs al maak dit ‘n mens nie gewild nie. Daar is baie op die spel: nie net tienduisende of honderdduisende lewens nie, maar ook voedselsekerheid en Afrikanervoortbestaan in Suid-Afrika.”

детский жилет из искусственного меха купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Polisie skiet boer dood

‘n Welvarende boer van Babanango, KwaZulu-Natal, is deur die polisie doodgeskiet nadat ‘n skietgeveg op sy plaas uitgebreek het. De Vries is volgens sy familie in sy skouer en rug geskiet.

Volgens Kobus de Vries (54) se familie het die polisie hom noodlottig in die rug gewond nadat hulle hom eers verseker het hulle sal nie skiet as hy uit sy huis kom en homself oorgee nie.

Die polisie ontken dié weergawe van die gebeure. Brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Sondag gesê verskeie polisielede het Donderdag op De Vries geskiet nadat hy eerste op hulle losgebrand het.

Die dagblad Beeld berig dat Radebe nie kon bevestig waar De Vries getref is nie.

De Vries was na bewering in ‘n onderonsie met werkers van Eskom en polisielede betrokke, maar wou nie die polisie op sy eiendom toelaat nie.

Hy sukkel reeds geruime tyd glo met Eskom vanweë daaglikse kragonderbrekings op sy plaas.  Die polisie het De Vries se huis daarna omsingel.

Een van De Vries se swart werknemers vrees tans vir sy lewe omdat hy die enigste ooggetuie van die gebeure was.

 

cleopatra slots for freeДанильченко Юрий Брониславович

Malema moet op VF-klag internasionaal vervolg word

Dr. Dan Roodt van PRAAG vra dat Julius Malema in terme van die Roomse statuut vervolg word op die klag wat verlede jaar deur dr. Pieter Mulder van die VF+ en adjunkminister van landbou by die Brooklyn-polisiestasie gelê is.

Dié versoek van Roodt geskied in reaksie op ontkennings deur die nasionale vervolgingsgesag aan Sapa dat Malema ondersoek word ná sy herhaalde gesing van die “Skiet die Boer”-liedjie. Aanvanklik het die vervolgingsgesag ontken dat hy hoegenaamd ‘n skrywe van dr. Roodt of PRAAG in dié verband ontvang het.
In reaksie het Roodt intussen die korrespondensie in PDF-formaat vrygestel. (Klik hier om af te laai.) “Óf die linkerhand weet nie wat die regterhand doen by die vervolgingsgesag nie, óf ons het hier te make met pogings om Malema te beskerm of om hom straffeloos te verklaar.”

Volgens Roodt beskik amptenare van die staat, soos veral die Nasionale Vervolgingsgesag, oor die verantwoordelikheid om toe te sien dat die internasionale verdrae wat die land oor menseregte gesluit het, nagekom word. “Daar bestaan ‘n prima facie-saak van aanhitsing tot volksmoord teen Julius Malema. Verlede jaar op 10 Maart het dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus ‘n strafsaak teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie geopen. Wat het intussen van dié klag geword? Ons is van mening dat Malema hiermee die volkereg oortree het en daarom internasionaal strafbaar is. Maar sowel die polisie as die nasionale vervolgingsgesag moet nou wet 27 van 2002 toepas en Malema vir aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners vervolg. Die betrokke wet het die Roomse statuut by Suid-Afrikaanse wetgewing ingelyf, daarom is aanhitsing tot volksmoord ‘n misdaad in ons land.”

Dr. Roodt poog tans om die saaknommer van die Vryheidsfrontklag teen Malema te bekom. Dr. Pieter Mulder was gisteraand laat onbereikbaar omdat hy ‘n regeringslekgotla bywoon. “Sodra ek die saaknommer verkry het, sal ek weer met die vervolgingsgesag in verbinding tree en dit aan hulle oordra, asook ‘n skrywe aan die minister van polisie rig. Indien die Suid-Afrikaanse owerheid nie optree nie, sal ons genoodsaak wees om ons na die internasionale strafhof in Den Haag en die Verenigde Nasies te wend waar volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wel as ernstige misdade beskou word,” het Roodt gesê.

игрь длядевочекtopcargo отзывы

Praag-kongres 25 en 26 Februarie 2011

Praag wil van 2011 ‘n waterskeidingsjaar maak, waarin die Afrikaner in massas gemobiliseer moet word om op te staan vir hulle regte, en elke se volk se reg tot selfbeskikking tot sy volle potensiaal te dryf.

In dié verband het ons tot die besluit gekom om op 25 en 26 Februarie ‘n kongres te hou in Centurion, wat sal strek vanaf die Vrydag tot die volgende Saterdagoggend om 12h00. Alle ondersteuners is welkom, en dit sal verwag word van elke persoon wat vir bywoning registreer om met registrasie formeel by Praag aan te sluit, en ‘n registrasiefooi te betaal ter bestryding van die kostes.

Items op die sakelys is soos volg:

a) Praag se pad vorentoe, en ‘n finansiële verslag;

b) Die Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika;

c) Die ANC se ooglopende agenda vir Suid-Afrika;

d) Praag se voorgestelde struktuur;

e) Verkiesing van ‘n nuwe bestuur;

f) Afrikaner, staan op en veg vir jou reg tot vryheid, en

g) Vryheid of slawerny, ‘n keuse vir die toekoms.

Op die vergadering sal daar ook verslag gedoen word oor die plan om eie Afrikanergebiede te bekom en te ontwikkel.

Vir meer inligting en hoe om die kongres by te woon, klik hier.

casino slotsАлександр Фильчаков прокурор

Malema vir volkeregmisdaad ondersoek ná PRAAG-vertoë

Die nasionale vervolgingesag se Noord-Gauteng-afdeling ondersoek mnr. Julius Malema vir oortredings van die volkereg, spesifiek die aanhitsing tot volksmoord, ná vertoë deur die Pro-Afrikaanse Aksiegroep.

Advokaat Gerrie Nel van die Nasionale Vervolgingsgesag het gister in ‘n brief wat aan dr. Dan Roodt van PRAAG gerig is, bevestig dat die direkteur van openbare vervolgings vir die Noord-Gauteng-afdeling ‘n ondersoek geloods het “rakende die toepassing van die volkereg en wet 27 van 2002”. Die betrokke wet het die Roomse statuut, wat onder andere volksmoord en die aanhitsing tot volksmoord verbied, by Suid-Afrikaanse wetgewing ingelyf. Onlangs is ‘n Rwandese popsanger, Simon Bikindi, tot vyftien jaar tronkstraf gevonnis omdat hy in 1994 liedjies gesing het waarin Hoetoes aangemoedig is om Toetsi’s dood te maak.

Volgens dr. Dan Roodt van PRAAG, “sien ons uit na die toepassing van die volkereg in Suid-Afrika omdat plaaslike wetgewing of die owerheid aan bewind oënskynlik nie meer gemeenskappe en veral ‘n nasionale minderheid soos die Afrikanervolk teen dié vorme van aanhitsing beskerm nie. Daar vind ‘n groot aantal etniese en rassemoorde in Suid-Afrika plaas en is dit noodsaaklik dat daar so gou moontlik teen aanhitsing opgetree word. Gegewe die wetteloosheid in Suid-Afrika, kan massagruweldade in die nabye toekoms nie uitgesluit word nie indien aanhitsing tot volksmoord langer geduld word.”

PRAAG het 2011 tot die jaar van “stop Afrikanervolksmoord” verklaar. Op sy Facebook-blad het dr. Dan Roodt te kenne gegee dat plaasmoorde binne ses maande beëindig kan word indien die internasionale gemeenskap daartoe saamwerk en die volkereg in Suid-Afrika afgedwing word. Roodt vertrek binnekort na die VSA waar hy met Amerikaanse senatore, asook die Verenigde State se Vredesinstuut en ander betrokkenes oor die rasgebaseerde moorde in Suid-Afrika gaan gesels.

“Dis vir ons onbegryplik dat politieke partye wat minderheidskiesers en veral Afrikaners verteenwoordig, nie lankal reeds die hulp van die Verenigde Nasies, die VSA en ander grootmoondhede ingeroep het om ‘n einde aan die geweld in ons land te maak nie,” het Roodt gesê. “Ons hou ons dikwels egter met naeltjiekykery besig en besef nie dat sowel gesonde verstand as die volkereg geweld op die huidige skaal teen ons volk verbied en tot misdaad verklaar het nie.”

строительство саун москваАлександр Фильчаков

NYDA aangekla

Die VF Plus-jeug het vandag ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat beweerde ongeruimdhede rakende die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) ondersoek word.

“Die NYDA verkry hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 wat onder andere bepaal dat hul jeugontwikkeling moet uitvoer. Die NYDA is volgens die VF Plus-jeug tans nie besig om aan daardie mandaat uitvoering te gee nie, maar mors eerder miljoene rande van belastingbetalersgeld. Daar is bewerings van talle ongeruimdhede rakende die aanstelling en salarisse van die NYDA se raad en amptenare en ook van wanbesteding van fondse met betrekking tot die onlangse Wêreldfees vir Jeug en Studente wat R69 miljoen gekos het,” het Wouter Wessels, die VF Plus-jeug se woordvoerder gesê.

“Die feit dat die NYDA se Hoof Uitvoerende Beampte, Steven Ngobeni, onder die indruk verkeer dat die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) die registrasiegelde tydens die Wêreldfees ingevorder het, terwyl NIA dit ontken, spreek van totale chaos, wanbestuur en moontlike korrupsie,” het Wessels bygevoeg. Die vraag kan ontstaan waar hierdie geld heen is.

Die VF Plus-jeug het in sy skrywe aan die OB gevra dat die volgende ondersoek word om te bepaal of aan alle wetlike vereistes voldoen is:

· Die wanfunksionering van die NYDA en die feit dat die agentskap nie binne hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 funksioneer nie;

· Die totale finansiële implikasie van die aanbieding van die Wêreldfees vir Jeug en Studente met betrekking tot die toekenning van tenders vir diensverskaffers, die inkomste wat deur registrasiegelde gegenereer is of moes word en alle uitgawes wat ter voorbereiding en tydens die aanbieding van die fees aangegaan is. Daar moet bepaal word of die korrekte tenderprosedures gevolg is of nie;

· Die R5,6 miljoen wat na bewering vir die vervoer van 262 Kubaanse afgevaardigdes aangewend is;

· Die kunstenaars wat uit die fees se begroting betaal is en na bewering gratis by Julius Malema se partytjie opgetree het;

· Die salarisvlakke en –strukture van die betaalde amptenare (insluitende die HUB en die nasionale voorsitter) van die NYDA asook die vergoeding (reis- en verblyftoelae) wat aan lede van die nasionale raad en ook die provinsiale rade betaal word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die regering nie daadwerklik ingryp om die wanorde wat by die NYDA heers stop sit nie,” het Wessels gesê. Die VF Plus sal voortgaan om druk op die NYDA uit te oefen, tot dit reg funksioneer of ontbind word.

воздухосборник горизонтальныйФильчаков прокурор

Waarom kruip Umalusi weg?

Die Vryheidsfront Plus gaan UMALUSI vra om inligting oor die aanpassing van 2010 se matriekvakke bekend te maak deur gebruik te maak van ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000 (WBIT/PAIA). Hierdie aansoek gaan spesifiek aanvra watter vakke se punte aangepas is, die graad van die aanpassings en die redes daarvoor. Voorts sal daar ook dokumentasie aangevra word wat die kwaliteit van die vakke bevestig. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, word hierdie aansoek gerig teen die agtergrond van die toenemende twyfel oor die geloofwaardigheid van die matriekslaagsyfer se skielike toename, die kwaliteit van matriekvakke en UMALUSI se weiering om enige sinvolle inligting rondom 2010 se standaardisering te verskaf.

“UMALUSI is die statutêre raad van kwaliteitsversekering vir algemene en verdere onderwys en opleiding en is, onder andere, getaak om te verseker dat Suid-Afrika se matriekvakke en onderwys van die hoogste gehalte is. Dit is natuurlik belangrik dat Suid-Afrika se matriek van uitstaande gehalte moet wees binne ‘n globaliserende wêreld waar ons land mededingend moet bly om ekonomiese groei te verseker. Daar is egter twyfel of dit die geval is, veral vanuit universiteitsgeledere, en die publiek het ‘n reg om te weet of ons matriekleerlinge behoorlike onderwys ontvang,” het Alberts gesê.

Daar is volgens die VF Plus geen voldoende rede om die inligting rondom die standaardisering van die publiek te weerhou nie. Dit is in belang van die land se toekoms om te weet of die standaarde wat toegepas word hoog genoeg en relevant is vir Suid-Afrika se behoeftes.

бак с автоматической насосной станциейданильченко юрій броніславович компромат

Boere vlug nie, politici jaag hulle weg

Die Minister van landbou is slegs deels korrek as sy beweer dat boere die land verlaat as gevolg van die misdaad. “Sy is egter totaal verkeerd as sy beweer dat boere nie die land verlaat nie, maar vlug. Ons boere was nog nooit en is nie bang nie,” sê mnr. Ben Marais, president van TLU SA.

“Suid-Afrika se tradisionele kommersiële boere sien al vir eeue kans om die wispelturige klimaat te trotseer, vreesloos. Ons boere-voorouers was bereid om vir hulle grond en vryheid oorlog te maak teen die grootste wêreldmoondheid van daardie tyd. Om ons as vlugtelinge te wil brandmerk, is ‘n belediging vir elke boer,” sê mnr. Marais.

TLU SA moedig boere aan om in Suid-Afrika te bly en die land van voedsel en vesel te voorsien.; “Ons boere kan dit doen, want hulle het kundigheid oor dekades en geslagte heen opgebou.”

Mnr. Marais wys daarop dat die misdaad en plaasmoorde inderdaad ‘n saak is wat die boere erg grief. “Maar ons boere is toenemend besig om hulle daarvoor te staal, met beter veiligheidsmaatreëls, strenger keuring van arbeiders en die vorming van plaaswagstelsels. Maar daar is ander sake wat boere laat kyk na ander geleenthede, soos:

· Die onsekerheid oor grondhervorming

· Dreigemente van onteiening sonder behoorlike vergoeding

· Permanente verblyfreg van vreemdes op plase

· Verkrummelende infrastruktuur

· Werkgewer-onvriendelike arbeidswetgewing

· Buitensporige belasting op landbougrond

· Besoedelde water vir landbou-doeleindes

· Belasting op water wat God geskep het.

As na hierdie en ander sake gekyk word, raak dit soms te veel vir boere. Terwyl TLU SA besig is om landbou-kundigheid in Georgië te verskaf en hy oorval word met navrae van individuele boere wat geleenthede daar wil ondersoek, bly TLU SA by sy standpunt dat Suid-Afrikaanse, en by name Afrikanerboere, in Suid-Afrika hoort. “Maar ons het begrip daarvoor dat boere die politieke onsekerhede en gevare as die grootste bedreiging vir landbou sien en vroegtydig na moontlike alternatiewe wil begin kyk.

“Die moontlike uitvloei van kundige boere uit die Suid-Afrikaanse landbousektor, kan slegs deur die regering gestuit word. Die minister moet dus die hele landbouspektrum in oënskou neem, en nie net misdaad blameer vir vertrekkende boere nie,” sê mnr. Marais.

купить диагностический адаптерtopcargo кидалы

Nuwe wetgewing wat landbou raak

TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van ingrypende wetgewing wat gedurende die vakansietydperk gepubliseer is.

Tydens die laaste Dagbestuursvergadering van 2010 het TLU SA homself op gereedheidsgrondslag geplaas aangesien daar verwag is dat die reeds omstrede sogenaamde Groenskrif op Grondhervorming gepubliseer sou word.

Dit wil nou voorkom of van die knypendste bepalings wat in die uitgelekte Groenskrif bespreek is, in ander wetgewing ingeskryf word. Dit het tot gevolg dat die invloed wat in die Groenskrif beoog is, selfs wyer gevoel sal word aangesien dit in verskeie wette opgeneem word.

In die voorgestelde arbeidswetgewing is daar sekere bepalings wat ingrypend gaan inwerk en op veral landbou van toepassing gaan wees. Die feitlik terselfdertyd gepubliseerde wetgewing oor verblyfsekerheid, hang nou saam met die arbeidswetgewing en is ‘n aantasting van die boer se eiendomsreg.

TLU SA deel die kommer van die groeiende aantal ekonome wat van mening is dat Suid-Afrika se arbeidswetgewing in die pad staan van betekenisvolle investering deur die buiteland. Eweso staan daardie wetgewing, en veral ook die nuwe wysigings, in die pad van noodsaaklike investering in landbou.

Die Verblyfreg konsep bied die potensiaal dat boere nie meer doeltreffend en sinvol op hulle plaas sal kan boer nie. Bowendien is daardie konsep besig om baie verantwoordelikhede van plaaslike owerhede na boere te verplaas.

TLU SA is tans besig om beide wette volledig te ondersoek en ‘n regsmening daaroor te verkry. ‘n Voorlegging sal aan die tersaaklike Portefeuljekomitees v oorgelê word. Intussen wil TLU SA die volgende aspekte as ‘n saak van uiterste dringendheid onder alle kommersiële boere se aandag bring vir moontlike optrede:

· Die gepubliseerde konsepwette, saamgelees met die uitsprake van die ANC-president tydens die ANC se 99-jarige herdenking, is ‘n duidelike teken dat die skroef in die komende jaar op die boere aangedraai gaan word.

· Ten einde maksimale wringkrag op te bou om boere se belange te beskerm, hoort geen boer meer onverskillig te staan teenoor georganiseerde landbou nie, en wil TLU SA ernstig pleit dat onbetrokke boere onmiddellik sal aansluit by georganiseerde landbou. Dit is uiteindelik ‘n belegging met goeie opbrengs.

· Boere moet hulle vergewis dat hulle in lyn is met bestaande arbeidswetgewing, waarvan die belangrikste is om ‘n behoorlike dienskontrak met elke werker in plek te hê, asook ‘n dissiplinêre kode.

· Boere moet dringend ondersoek na alternatiewe verblyfmoontlikhede vir hulle werkers, wat ook en veral voordelig vir werkers sal wees in terme van beskikbaarheid van klinieke, skole en begraafplase en ander dienste.

play clue classicлобановский супермаркет класс

PRAAG nooi media na hof oor volksmoord

PRAAG nooi môre-oggend om 8.30 vir 9.00 die media uit na die oorhandiging van ‘n brief aan regter Halgryn by die Randburgse Landdroshof waarin die toepassing van die volkereg, saamgelees met die Suid-Afrikaanse wet nr. 27 van 2002, bepleit word. Dié wet het die Roomse Statuut ingelyf by Suid-Afrikaanse wetgewing en daarom is sowel volksmoord as die aanhitsing tot volksmoord strafbaar in Suid-Afrika, soos elders ter wêreld.

Plek: Kamer G057, Randburgse Landdroshof, Shepherdlaan 18, Kensington B, Randburg.
Tyd: 8.30 vir 9.00.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, wat die vorige hofsitting op 29 November in Johannesburg bygewoon het toe die ANC verlof tot appèl teen die verbod op die liedjie “Skiet die Boere” gevra het, wil die regter met respek attent maak op die afwesigheid van enige argumente in die hof oor die volkereg, asook wet 27 van 2002. Die organisasie glo dat hierdie element van kardinale belang is vir die regter om ‘n billike uitspraak in die saak te lewer.

Ná die oorhandiging van die brief, sal dr. Dan Roodt van PRAAG na Pretoria gaan en ‘n soortgelyke brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig waarin versoek word dat mnr. Julius Malema en ander ANC-ampsdraers wat hulle aan aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners skuldig gemaak het, vervolg word.

“Dit is ‘n kenmerk van volksmoord dat dit, ten eerste, verswyg of ontken word,” het dr. Roodt gesê. “Ten tweede vind daar altyd aanhitsing plaas. Albei elemente, die verswyging en die aanhitsing, is reeds in Suid-Afrika teenwoordig.”

белое сухое вино ценаДанильченко Харьков

Betoging teen Afrikanervolksmoord in Israel

Betoging in Tel Aviv‘n Skouspelagtige betoging onder leiding van mnr. Avigdor Eskin, ‘n PRAAG-ondersteuner, het gistermiddag laat in Tel Aviv, Israel plaasgevind. ‘n Groep van ongeveer 30 betogers het voor die fontein op die Dizengoff-plein in wit gewade betoog teen die volksmoord en geweld wat daar tans teen die Afrikanervolk in Suid-Afrika gepleeg word.

Volgens mnr. Eskin het die res van die wêreld opgetree en ingemeng toe daar vermeende onreg teen swartmense in Suid-Afrika gepleeg is. Noudat daar massamoorde en gruweldade teen Afrikaners gepleeg word, heers daar egter ‘n doodse stilte. Die bloed vloei vrylik in Suid-Afrika, maar niemand slaan ag daarop nie. Volgens Eskin is 190 000 mense reeds in Suid-Afrika vermoor waarvan ‘n derde Afrikaners is.

Eskin het ook beklemtoon watter goeie vriende Afrikaners al die afgelope eeu of meer van Jode en Israel is. Hy het ‘n beroep gedoen dat Israeili’s hul hulp aan Afrikaners in hul uur van nood moet aanbied.

Dr. Roodt van PRAAG het in Johannesburg gesê: “Hierdie betoging is die eerste in ‘n reeks aksies wat PRAAG vanjaar teen Afrikanervolksmoord van stapel stuur. Ons vriende van oor die hele wêreld, in Israel, Vlaandere, Nederland, Engeland, Frankryk, Rusland en die VSA, om maar enkeles te noem, staan slaggereed om ‘n internasionale veldtog teen die uitwissing van Afrikanerkinders, -oumense en -boere te begin. Ons beplan ook ‘n hofaansoeke, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, om vir eens en vir altyd die misdade teen die mensdom wat daar tans in Suid-Afrika gepleeg word te stuit.”

Dr. Roodt vertrek binnekort na die VSA waar hy twee lede van die Amerikaanse senaat wat met die voorkoming van volksmoord gemoeid is, gaan besoek. Hy sal ook ‘n referaat in Charlotte, Noord-Carolina lewer en met radiostasies en ander media in die Suide van Amerika onderhoude voer.

большой теннис польза и вредпрокурор харьковской области

Roodt op Geloftedag by Greenlands, naby Koppies

Dr. Dan Roodt van Praag sal vanjaar op Geloftedag 16 Desember by Greenlands in die omgewing van die Vrystaatse dorp Koppies die feesrede waarneem. Die diens gaan gelei word deur ds. Dirk van Rooyen.

Die tema van Roodt se feesrede is: “Die Gelofte en ons vrye wil.”

Die Geloftefees begin reeds op 15 Desember en die organiseerders beskryf dit so: “Ons voorsien ‘n waarlik geseënde en genotvolle fees dié jaar. Ook wil ons u herinner aan die perdekommando, die potjiekoskompetisie en die boeresport. Belangstellendes kan ons kontak indien hulle wil deelneem en ons wag ook vir nog inskrywings vir die potjiekompetisie. Kom en beleef ware plattelandse boeregasvryheid en die Geloftefees soos ons oupas en oumas dit nog gevier het.”

Die aanwysings om daar te kom, is die volgende:

Die ruitverwysings vir die GPS is soos volg – S 27.15224 E 27.65300.

As ‘n mens van Pretoria af kom kan jy óf Sasolburg omry óf jy kan direk die Kroonstadpad vat. As jy Sasolburg omry, ry jy tot by die kruising by Sasolfabriek – rigting Heilbron. By die groot 4-rigtingkruising sal jy sien as jy regs draai is dit na Vereeniging, reguit aan dan is dit na Heilbron. Draai daar regs en hou net reguit aan. As jy op die derde brug kom en jy kyk links sal jy die Greenlands-stasie sien. Direk ná die brug sal jy sien daar draai n grondpad links af. Draai links en volg net die grondpad. Jy sal sien jy sal aan die agterkant van die ou sandsteenstasie verby ry. Volg net heeltyd die pad en moet nêrens afdraai nie. Ná ongeveer 5km sal jy sien die pad gaan self oor die teinspoor. Net ná jy oor die treinspoor is, sal jy die konsentrasiekampkerkhof en die feessaal op linkerhand sien.

Belangstellendes wat verdere vrae het of wat op pad verdwaal, kan mnr. Jan Kotze skakel by 0799649818 of 0826018972.

игра для мальчиков 5 летФильчаков прокурор

PRAAG verlam Rustenburgse verkeer

bankimoon‘n Groep van 15 PRAAG-aktiviste het vanmiddag net ná vieruur in spitsverkeer die hele Rustenburg se verkeer lamgelê deur ‘n oorbrug oor die N4-snelweg naby die vernaamste winkelsentrum met motors en bakkies te blokkeer.

Baniere en T-hemde waarin beswaar teen die huidige volksmoord teen Afrikaners aangeteken word, is op motors vertoon en motoriste is met ‘n megafoon aangemoedig om by die stryd teen verdrukking en volksmoord betrokke te raak.

Dan Roodt RustenburgDr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het gesê: “Hierdie, hoewel baie suksesvol, was net ‘n oefenlopie en ‘n eksperiment. Ons is besig om ook in die groter sentra te organiseer en wil uiteindelik die hele Gauteng op ‘n gegewe dag tot stilstand bring om die wêreld bewus te maak van die diskriminasie, volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wat daar teen Afrikaners in Suid-Afrika gepleeg word.”

PRAAG het ‘n tydvak van “onophoudelike aktivisme” aangekondig. “Ons gaan nie ophou totdat ons op alle gebiede vry is nie,” het Roodt gesê. “Ons is siek en sat om verontmenslik en uitgewis te word. Die hele volk moet nou teen onreg opstaan.”

Verslae van nog ‘n Afrikanergroep wat die M2-snelweg in Johannesburg tot stilstand gebring het, is insgelyks ontvang.

кухню купить украиналобановский харьков

PRAAG betoog op Koster

KosterbetogingLede van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het vanoggend voor die landdroshof op Koster betoog teen die volksmoord en geweld teen Afrikaners. Die aangeklaagdes in die moord op mev. Marthie Erasmus het aansoek om borg gedoen. Die 63-jarige mev. Erasmus is begin Desember op haar bed vasgemaak en met ‘n 16-pondhamer tereggestel.

PRAAG het vier baniere met foto’s van Ban Ki-moon, FW de Klerk, Jacob Zuma, Julius Malema en Nathi Mthethwa vertoon. By die foto van Ban Ki-moon verskyn die slagspreuk: “Die VN keur Afrikanervolksmoord 100% goed.”

Die verdagtes is in ‘n geslote hof verhoor en die media of die publiek is nie in die hofsaal toegelaat nie, omdat een van die verdagtes glo ‘n minderjarige is.

Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het by die hof verklaar: “Die feit dat die moordenaars in die geheim verhoor word, maak ‘n bespotting van geregtigheid. Hierdie weersinwekkende moord verteenwoordig die jongste in die vlaag etnies en rasgegronde teregstellings wat tans in ons land plaasvind. Ons doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap en die Verenigde Nasies om in te gryp en die stelselmatige uitwissing en verdrywing van ons volk te beëindig.”

Roodt was ook krities oor die onlangse uitspraak van mnr. Paul van Staden, die oupa van die tweejarige Willemientjie Potgieter wat oor die afgelope tyd ‘n simbool van Afrikanerlyding en -volksmoord geword het. “Mnr. Van Staden hou nie van Afrikanerprotes nie en ‘berus hom by wat gebeur het’. Maar dis nie God se wil dat ons kinders, moeders en vaders uitgewis word nie. Indien mnr. Van Staden dit glo, maak hy hom skuldig aan ‘n Egiptiese bygeloof van 5000 jaar gelede, van goddelike determinisme.”

“Die Afrikaner mag nie in die teregstelling van ons kinders en hierdie toenemende volksmoord berus nie,” het Roodt voortgegaan.

PRAAG het intussen betroubaar verneem dat klein Willemien Potgieter aan haar hare opgetel is en “op grootmenshoogte in die kop geskiet is. Hierdie weersinwekkende daad, asook die hamermoord op mev. Erasmus, mag nie ongestraf bly nie,” het Roodt gesê.

дитячи игритопкарго развод