praag.co.za

Roodt op Geloftedag by Greenlands, naby Koppies

Written by

in

Dr. Dan Roodt van Praag sal vanjaar op Geloftedag 16 Desember by Greenlands in die omgewing van die Vrystaatse dorp Koppies die feesrede waarneem. Die diens gaan gelei word deur ds. Dirk van Rooyen.

Die tema van Roodt se feesrede is: “Die Gelofte en ons vrye wil.”

Die Geloftefees begin reeds op 15 Desember en die organiseerders beskryf dit so: “Ons voorsien ‘n waarlik geseënde en genotvolle fees dié jaar. Ook wil ons u herinner aan die perdekommando, die potjiekoskompetisie en die boeresport. Belangstellendes kan ons kontak indien hulle wil deelneem en ons wag ook vir nog inskrywings vir die potjiekompetisie. Kom en beleef ware plattelandse boeregasvryheid en die Geloftefees soos ons oupas en oumas dit nog gevier het.”

Die aanwysings om daar te kom, is die volgende:

Die ruitverwysings vir die GPS is soos volg – S 27.15224 E 27.65300.

As ‘n mens van Pretoria af kom kan jy óf Sasolburg omry óf jy kan direk die Kroonstadpad vat. As jy Sasolburg omry, ry jy tot by die kruising by Sasolfabriek – rigting Heilbron. By die groot 4-rigtingkruising sal jy sien as jy regs draai is dit na Vereeniging, reguit aan dan is dit na Heilbron. Draai daar regs en hou net reguit aan. As jy op die derde brug kom en jy kyk links sal jy die Greenlands-stasie sien. Direk ná die brug sal jy sien daar draai n grondpad links af. Draai links en volg net die grondpad. Jy sal sien jy sal aan die agterkant van die ou sandsteenstasie verby ry. Volg net heeltyd die pad en moet nêrens afdraai nie. Ná ongeveer 5km sal jy sien die pad gaan self oor die teinspoor. Net ná jy oor die treinspoor is, sal jy die konsentrasiekampkerkhof en die feessaal op linkerhand sien.

Belangstellendes wat verdere vrae het of wat op pad verdwaal, kan mnr. Jan Kotze skakel by 0799649818 of 0826018972.

игра для мальчиков 5 летФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply