Die Vryheidsfront Plus gaan UMALUSI vra om inligting oor die aanpassing van 2010 se matriekvakke bekend te maak deur gebruik te maak van ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000 (WBIT/PAIA). Hierdie aansoek gaan spesifiek aanvra watter vakke se punte aangepas is, die graad van die aanpassings en die redes daarvoor. Voorts sal daar ook dokumentasie aangevra word wat die kwaliteit van die vakke bevestig. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, word hierdie aansoek gerig teen die agtergrond van die toenemende twyfel oor die geloofwaardigheid van die matriekslaagsyfer se skielike toename, die kwaliteit van matriekvakke en UMALUSI se weiering om enige sinvolle inligting rondom 2010 se standaardisering te verskaf.
“UMALUSI is die statutêre raad van kwaliteitsversekering vir algemene en verdere onderwys en opleiding en is, onder andere, getaak om te verseker dat Suid-Afrika se matriekvakke en onderwys van die hoogste gehalte is. Dit is natuurlik belangrik dat Suid-Afrika se matriek van uitstaande gehalte moet wees binne ‘n globaliserende wêreld waar ons land mededingend moet bly om ekonomiese groei te verseker. Daar is egter twyfel of dit die geval is, veral vanuit universiteitsgeledere, en die publiek het ‘n reg om te weet of ons matriekleerlinge behoorlike onderwys ontvang,” het Alberts gesê.
Daar is volgens die VF Plus geen voldoende rede om die inligting rondom die standaardisering van die publiek te weerhou nie. Dit is in belang van die land se toekoms om te weet of die standaarde wat toegepas word hoog genoeg en relevant is vir Suid-Afrika se behoeftes.
бак с автоматической насосной станциейданильченко юрій броніславович компромат