NYDA aangekla

Die VF Plus-jeug het vandag ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat beweerde ongeruimdhede rakende die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) ondersoek word.

“Die NYDA verkry hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 wat onder andere bepaal dat hul jeugontwikkeling moet uitvoer. Die NYDA is volgens die VF Plus-jeug tans nie besig om aan daardie mandaat uitvoering te gee nie, maar mors eerder miljoene rande van belastingbetalersgeld. Daar is bewerings van talle ongeruimdhede rakende die aanstelling en salarisse van die NYDA se raad en amptenare en ook van wanbesteding van fondse met betrekking tot die onlangse Wêreldfees vir Jeug en Studente wat R69 miljoen gekos het,” het Wouter Wessels, die VF Plus-jeug se woordvoerder gesê.

“Die feit dat die NYDA se Hoof Uitvoerende Beampte, Steven Ngobeni, onder die indruk verkeer dat die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) die registrasiegelde tydens die Wêreldfees ingevorder het, terwyl NIA dit ontken, spreek van totale chaos, wanbestuur en moontlike korrupsie,” het Wessels bygevoeg. Die vraag kan ontstaan waar hierdie geld heen is.

Die VF Plus-jeug het in sy skrywe aan die OB gevra dat die volgende ondersoek word om te bepaal of aan alle wetlike vereistes voldoen is:

· Die wanfunksionering van die NYDA en die feit dat die agentskap nie binne hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 funksioneer nie;

· Die totale finansiële implikasie van die aanbieding van die Wêreldfees vir Jeug en Studente met betrekking tot die toekenning van tenders vir diensverskaffers, die inkomste wat deur registrasiegelde gegenereer is of moes word en alle uitgawes wat ter voorbereiding en tydens die aanbieding van die fees aangegaan is. Daar moet bepaal word of die korrekte tenderprosedures gevolg is of nie;

· Die R5,6 miljoen wat na bewering vir die vervoer van 262 Kubaanse afgevaardigdes aangewend is;

· Die kunstenaars wat uit die fees se begroting betaal is en na bewering gratis by Julius Malema se partytjie opgetree het;

· Die salarisvlakke en –strukture van die betaalde amptenare (insluitende die HUB en die nasionale voorsitter) van die NYDA asook die vergoeding (reis- en verblyftoelae) wat aan lede van die nasionale raad en ook die provinsiale rade betaal word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die regering nie daadwerklik ingryp om die wanorde wat by die NYDA heers stop sit nie,” het Wessels gesê. Die VF Plus sal voortgaan om druk op die NYDA uit te oefen, tot dit reg funksioneer of ontbind word.

воздухосборник горизонтальныйФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae