Oral waar mens in dorpe kom, sit daar swartes langs die strate en “werk” soek. Meeste soek eintlik net geld, nie werk nie. Hulle sal enige klein werkie wat aan hulle uitgedeel word, tot in lengte van dae rek. Dan kom bedel hulle nog geld, kos, en ander “byvoordele” sodat hulle waaragtig die werkgewer tot op die laaste kan droogsuig. Blankes wat by verkeersligte bedel, met dalk ‘n armsalige vroutjie en kind wat op die middelmannetjie sit om verdere oortuiging van hul swaarkry te verleen, raak ook al hoe meer algemeen.
Die geskatte 800 000 blanke plakkers is ook dikwels in die nuus. Selfs oorsee verlustig die media hulle daarin om programme te maak waar die eens magtige blanke volk van Suid-Afrika nou hul heenkome in plakkerskampe moet gaan soek. Volgens berigte is die situasie in dié plekke maar benard; mense kry nie werk nie, hulle sukkel om kos op die tafel te sit, blyplek is skaars en ellende blyk die arme mense se lot in die lewe te wees.
Met die naasteliefde wat die Christen blanke meestal kenmerk, oorweeg baie werkgewers dit deesdae om werk aan behoeftige blankes te voorsien, om sodoende hul lot te verbeter of om ten minste die daaglikse las vir hulle bietjie ligter te maak. Op verskeie konserwatiewe webtuistes is daar al hoe meer advertensies of berigte waar blanke maatskappye of boerderye blankes in diens wil neem. Ook in die baie min konserwatiewe koerante in hierdie land sal mens dikwels advertensies vir blanke poste sien.
En met al hierdie verskynsels, onthou ek nog duidelik die woorde van ‘n oud-Rhodesiër wat in 1989 vir my vertel het dat die ergste ding van ‘n swart regering en van ‘n vervalle blanke staat is dat soveel blankes erger en slegter as die swartes raak. Hulle daal tot op die vlak – en dikwels laer – as ‘n slegte swarte.
Nou ja, dit het ek weer verlede week – vir die tweede keer in die afgelope drie jaar – ervaar toe ek twee blanke manne in diens neem hier op die plaas. R2000 per maand, plus twee stelle werksklere, gemeubileerde verblyf met krag en water, gratis wasgoed wat vir hulle gedoen word, selfoon, twee-rigting radio, kruideniersware en kos en drinkgoed om hulle aan die gang te kry.
In die fleur van hul lewe, 30 en 38 jaar oud. Gesond, fris, met albei hande, oë, bene, longe en ore. Alles, so het ek in my onkunde gedink, om ‘n eerlike dag se werk hier op die plaas te kan verrig. Maar helaas, die werksetiek, die werkstrots, die sin vir verantwoordelikheid, die selfdisipline, dit is ongelukkig van die meer belangrike eienskappe wat ontbreek het. Slegter as ‘n swarte sê ek jou, slegter! Sonder die vermoë om agter hulself skoon te maak en op te ruim, sonder die wil om ‘n trots in hulself te betoon, sonder inisiatief, sonder ‘n eelt of ‘n blaas op hul sagte handtjies. Siestog. Maar as hulle in die oggend inval, dan is die bakhande al reeds in plek: lugtyd, suiker, doktorsafspraak, ‘n vleisie, noem maar op.
Nou ja, ek kners op my tande, ek verduidelik, ek praat mooi, ek praat hard, ek probeer die selfrespek in hulle opwek. Aikôna, hier is die kole reeds koud, geen vlam maak nog lig in hul duisternis nie. Take bly agterweë, gereedskap word sommer in die veld gelos, gasstoof brand 3 ure lank, totdat die ketel swart gebrand is. ‘n Ander man betaal mos die gas en die skade. Ek is 50 jaar oud, ‘n spesifieke taak neem my 2 ure, dit neem hulle ‘n hele dag en dan is dit half gedaan. Kom staan soms by die klein hek: “Wat moet ek nou doen meneer?”. Ek roep dikwels smôrens op die radio: “Waar is julle kerels, dis al 07h15!?” Dan wil een weet of hy sy “quad” fiets plaas toe kan bring. Dan wil die ander weet wanneer kry hulle betaling. Ai!
Ek is geleer: eers werk dan betaling, dan die beloning. Eers prestasie, dan bevordering. En soms werk jy jou agterent af, en die beloning bly buite jou bereik, aanvaar dit, die lewe werk soms so. Maar dit voel vir my dis te lank terug dat ek so geleer is, dit voel vir my alles het verander. Deesdae hoef jy nie te werk nie dan kry jy al toelaes, of jy kry vooruitbetaling, of jy konkel bietjie en maak ‘n wavrag vol geld sonder om té hard daarvoor te gewerk het.
Nou ja, ek is nie juis vir my geduld bekend nie. Na twee weke is dié ook op en moet óf harder gepraat word óf die twee manne moet maar hulle dingetjies – al drie plastieksakkies daarvan – oppak en die rit dorp toe weer aangepak word.
Dis tyd manne, klim. ‘n Kans is julle gegun en nou’s dit verby. Slegter as swartes sê ek jou, slegter.
Hulle afskeidswoorde? “Kan meneer dalk vir ons R100 leen, net vir busgeld asseblief.”
