Polisie skiet boer dood

‘n Welvarende boer van Babanango, KwaZulu-Natal, is deur die polisie doodgeskiet nadat ‘n skietgeveg op sy plaas uitgebreek het. De Vries is volgens sy familie in sy skouer en rug geskiet.

Volgens Kobus de Vries (54) se familie het die polisie hom noodlottig in die rug gewond nadat hulle hom eers verseker het hulle sal nie skiet as hy uit sy huis kom en homself oorgee nie.

Die polisie ontken dié weergawe van die gebeure. Brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Sondag gesê verskeie polisielede het Donderdag op De Vries geskiet nadat hy eerste op hulle losgebrand het.

Die dagblad Beeld berig dat Radebe nie kon bevestig waar De Vries getref is nie.

De Vries was na bewering in ‘n onderonsie met werkers van Eskom en polisielede betrokke, maar wou nie die polisie op sy eiendom toelaat nie.

Hy sukkel reeds geruime tyd glo met Eskom vanweë daaglikse kragonderbrekings op sy plaas.  Die polisie het De Vries se huis daarna omsingel.

Een van De Vries se swart werknemers vrees tans vir sy lewe omdat hy die enigste ooggetuie van die gebeure was.

 

cleopatra slots for freeДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae