‘Ná teregstelling van KZN-boer is volksmoordsaak dringend’

“Die koelbloedige teregstelling van ‘n Afrikanerboer, mnr. Kobus de Vries, deur ‘n groot groep polisiemanne in Kwazulu-Natal toon in watter mate die invloed van Julius Malema se aanhitsing reeds die land op die glybaan van etniese konflik geplaas het,” het dr. Dan Roodt van PRAAG vandag gesê.

Hy sal vandag ‘n dringende skrywe aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig, tesame met ‘n afskrif van dr. Pieter Mulder se klag van haatspraak teen Julius Malema wat die adjunkminister van landbou verlede jaar teen die ANC-jeugleier aanhangig gemaak het.

Roodt het reeds verlede week in ‘n brief aan advokaat Menzi Simelane, die nasionale direkteur van vervolgings, gevra dat Malema in terme van die Suid-Afrikaanse wet 27 van 2002 en die internasionale Roomse Statuut van aanhitsing tot volksmoord aangekla word. Die vervolgingsgesag het aanvanklik ontken dat die brief ontvang is en daarna aan Sapa verklaar dat daar geen klag teen Malema bestaan nie.

Intussen het dr. Roodt egter ‘n afskrif van die klag bekom wat dr. Pieter Mulder en amptenare van die Vryheidsfront Plus op 10 Maart 2010 by die Brooklyn-polisiestasie gelê het toe saak nommer 403/3/2010 teen Malema geopen is.

“Hoewel die klag van dr. Mulder slegs op die minder ernstige oortreding van haatspraak betrekking het, is dit genoegsaam om hom insgelyks ook vir die internasionale menseregte-oortreding van aanhitsing tot volksmoord aan te kla,” het Roodt gesê. “Dit is nou wat ons van die owerheid vereis, dat Suid-Afrika sy verdragverpligtinge teenoor die internasionale gemeenskap nakom, asook sy plig om die Afrikaner as nasionale minderheid teen volksmoord en aanhitsing te beskerm.”

Roodt is “uiters bekommerd oor die voorval in Kwazulu-Natal” toe die Suid-Afrikaanse Polisiediens mnr. Kobus de Vries in die rug geskiet het terwyl hy besig was om homself oor te gee. “Volgens ons inligting is ‘n groot aantal voormalige lede en offisiere van die ANC-milisie, Umkhonto we Sizwe, in die SAPD opgeneem. Die SAPD is op rassegrondslag gesuiwer en daar is slegs 14 000 blanke polisiemanne in die diens oor. As blankes word bevordering van hulle weerhou en verkeer hulle op die laer range sonder besluitnemingsbevoegdheid. Die oënskynlike teregstelling van mnr. Kobus de Vries laat dit lyk asof die SAPD toenemend as ‘n ANC-milisie begin optree en dat ons op ‘n tipiese Afrika-scenario afstuur waar menseregteskendings deur verteenwoordigers van die staat in uniform gepleeg gaan word. Met die jongste uitsprake van die ANC en veral Malema oor grondbesit en die onteiening van plase, staar ons ‘n Zimbabwe in die gesig, behalwe dat ‘grondhervorming’ hier met volksmoord of elemente van volksmoord voltrek gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op die Verenigde Nasies en die internasionale gemeenskap gedoen om kennis te neem van die rasse- en etniese polarisering van Suid-Afrika ná die aanhitsing van ANC-leiers teen Afrikaners en versoening wat deur weerwraak as die heersende filosofie vervang is. Hy was ook krities teenoor landbou-organisasies wat nie ‘n sterk genoeg standpunt oor geweld en volksmoord wil inneem nie, uit vrees dat hulle hul verhoudinge met die ANC-bewind mag skaad.

“Pragmatisme het egter perke,” het Roodt gemeen. “In krisistye moet die waarheid uit, selfs al maak dit ‘n mens nie gewild nie. Daar is baie op die spel: nie net tienduisende of honderdduisende lewens nie, maar ook voedselsekerheid en Afrikanervoortbestaan in Suid-Afrika.”

детский жилет из искусственного меха купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae