Malema moet op VF-klag internasionaal vervolg word

Dr. Dan Roodt van PRAAG vra dat Julius Malema in terme van die Roomse statuut vervolg word op die klag wat verlede jaar deur dr. Pieter Mulder van die VF+ en adjunkminister van landbou by die Brooklyn-polisiestasie gelê is.

Dié versoek van Roodt geskied in reaksie op ontkennings deur die nasionale vervolgingsgesag aan Sapa dat Malema ondersoek word ná sy herhaalde gesing van die “Skiet die Boer”-liedjie. Aanvanklik het die vervolgingsgesag ontken dat hy hoegenaamd ‘n skrywe van dr. Roodt of PRAAG in dié verband ontvang het.
In reaksie het Roodt intussen die korrespondensie in PDF-formaat vrygestel. (Klik hier om af te laai.) “Óf die linkerhand weet nie wat die regterhand doen by die vervolgingsgesag nie, óf ons het hier te make met pogings om Malema te beskerm of om hom straffeloos te verklaar.”

Volgens Roodt beskik amptenare van die staat, soos veral die Nasionale Vervolgingsgesag, oor die verantwoordelikheid om toe te sien dat die internasionale verdrae wat die land oor menseregte gesluit het, nagekom word. “Daar bestaan ‘n prima facie-saak van aanhitsing tot volksmoord teen Julius Malema. Verlede jaar op 10 Maart het dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus ‘n strafsaak teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie geopen. Wat het intussen van dié klag geword? Ons is van mening dat Malema hiermee die volkereg oortree het en daarom internasionaal strafbaar is. Maar sowel die polisie as die nasionale vervolgingsgesag moet nou wet 27 van 2002 toepas en Malema vir aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners vervolg. Die betrokke wet het die Roomse statuut by Suid-Afrikaanse wetgewing ingelyf, daarom is aanhitsing tot volksmoord ‘n misdaad in ons land.”

Dr. Roodt poog tans om die saaknommer van die Vryheidsfrontklag teen Malema te bekom. Dr. Pieter Mulder was gisteraand laat onbereikbaar omdat hy ‘n regeringslekgotla bywoon. “Sodra ek die saaknommer verkry het, sal ek weer met die vervolgingsgesag in verbinding tree en dit aan hulle oordra, asook ‘n skrywe aan die minister van polisie rig. Indien die Suid-Afrikaanse owerheid nie optree nie, sal ons genoodsaak wees om ons na die internasionale strafhof in Den Haag en die Verenigde Nasies te wend waar volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wel as ernstige misdade beskou word,” het Roodt gesê.

игрь длядевочекtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae