Internasionale moedertaaldag

Die VF Plus-jeug het vandag op Internasionale Moedertaaldag die feit dat die regering moedertale en moedertaalonderwys afskeep, veroordeel.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die regering uitvoering aan die Grondwet moet gee met praktiese en daadwerklike maatreëls om die status van alle amptelike tale te verhoog. Engels word deur slegs 8% van die Suid-Afrikaanse bevolking as hul moedertaal gepraat, maar tog domineer hierdie taal as die medium vir onderwys, regering, besigheid, finansies, wetenskap, uitsaaiwese, gedrukte media, reklame en straat- en ander naamborde,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die Verenigde Nasies se Onderwys, Wetenskap en Kultuur Organisasie (UNESCO) het in 1999 die 21ste Februarie as Internasionale Moedertaaldag verklaar. Dit is ter nagedagtenis aan die dag in 1952 waarop studente wat betoog het vir die erkenning van hul taal, Bangla, as een van die twee nasionale tale van die destydse Oos-Pakistan (nou Bangladesh), deur die polisie doodgeskiet is. Die doel van hierdie dag is die bevordering van taal- en kulturele diversiteit.

“Vaardigheid in Engels is van kardinale belang en moet nie afgeskeep word nie. Navorsing bewys egter dat taalvaardigheid in jou eie taal die vaardigheid in ‘n tweede taal vergemaklik en dat skoliere beter presteer wanneer hulle in hul moedertaal onderrig kry. Dit is onnodig en nadelig om Engels as eerstetaal op Suid-Afrikaners met ander moedertale af te dwing,” het Wessels gesê.

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die departement van basiese onderwys om meer amptelike tale te help ontwikkel tot onderrigtale in skole en toe te sien dat artikel 29(2) van die Grondwet wat bepaal dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die
amptelike taal of tale van eie keuse, in die praktyk uitgevoer word.

free bet casinoДанильченко Харьков

Victoriabaai se stem is stil

Die gewilde Afrikaanse sanger Lucas Maree, wat met liedjies soos Victoriabaai die Afrikaanse kunsskat verryk het, is oorlede. Hy het Vrydagaand ‘n twee jaar lange stryd teen prostaatkanker verloor.

Volksblad het berig dat Maree in die Hill & Dale-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede is.

Huldeblyke van oral het op sosiale netwerke verskyn.

Hy word oorleef deur sy vrou, Ilse en dogters Monica, Linda en Carla.

Мордвиновtopcargo

‘Boer’-ekstremiste ontwrig VVK-vergadering

Paul Kruger‘n Klein groepie “Boer”-ekstremiste onder leiding van mnr. Piet Rudolph het gisteraand ‘n vergadering van die Volksraadverkiesingskommissie by die Paardekraalmonument op Krugersdorp ontwrig. ‘n Volgeling van mnr. Rudolph het uit die bloute op mnr. Paul Kruger van die VVK afgestorm en hom in die gesig geslaag dat die bloed spat. ‘n Bebloede Kruger het daarna ‘n beroep op eenheid in die aangesig van die vele bedreigings vir die Afrikanervolk gedoen.

Vanuit die staanspoor het Rudolph tussenwerpsels geskree terwyl die tien kandidate vir die VVK-verkiesing hul onderskeie standpunte gestel het. In weerwil hiervan, het die vergadering egter vlot verloop en was daar ‘n hoë mate van eensgesindheid onder die VVK-kandidate en die gehoor oor die oorlewingstryd wat vir Afrikaners voorlê, asook die behoefte aan sigbare leierskap.

Heel aan die einde van die vergadering het Rudolph se handlanger sonder provokasie op Paul Kruger by die mikrofoon afgestorm en hom in die gesig begin slaan terwyl hy besig was om vrae uit die gehoor te hanteer.

Die meerderheid mense wat die vergadering bygewoon het, het hul teleurstelling met die ongevraagde aanval op Kruger uitgespreek en gemeen dat dit sleg op alle Afrikaners reflekteer. Mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront Plus, wat ook in die gehoor teenwoordig was, het dit as ‘n “realiteitstelevisievertoning” beskryf en gesê: “Dit verbaas my dat Piet Rudolph nog op vrye voet is, want hy veroorsaak moeilikheid oral waar hy gaan.” Volgens Mulder het Kruger reeds doodsdreigemente van “Boer”-ekstremiste ontvang weens sy rol in die organisasie van ‘n breë Afrikanerverkiesing.

In teenstelling met die gedrag van Rudolph en sy handlanger, het Kruger hom uiters verdraagsaam behandel en hom tydens vraetyd ook ‘n spreekbeurt gegun. Hiertydens het Rudolph Kruger daarvan beskuldig dat hy “besig is met ‘n nuwe ding” en dat die herstel van die Boererepublieke die enigste moontlike politieke oplossing vir die land is. Hy het ook die VVK-verkiesing probeer verdag maak as sou mnr. Kruger ‘n verskuilde agenda hê.

Dis nie bekend of Kruger ‘n klag van aanranding teen sy aanvaller aanhangig gaan maak nie.

Op die Praagwebwerf is insgelyks doodsdreigemente op die kommentaargedeelte gelaat wat teen dr. Dan Roodt gerig is.

для подвесноголобановский александр жена

Zuma kap Mulder oor NP-vergelyking

Zuma het dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, berispe nadat hy in sy toespraak vroeër die week die ANC met die NP vergelyk het. “So ‘n vergelyking is jammer en dit behoort reggestel te word,” het Zuma gesê.

“‘n Mens kan nie sê die ANC gaan misluk omdat die NP misluk het nie. Die ANC en die NP het verskillende ­ideologieë gehad, want onder die NP het mense nie stemreg geniet nie,” het Zuma gesê.

Mulder het in Woensdag se toespraak gesê daar is soos onder die vorige bedeling ook spanning tussen die ideale wat die ANC koester en wat sy kiesers op grondvlak ervaar.

Mulder het as voorbeeld van die NP se dilemma die volgende aangehaal:

“In 1978 skryf prof. Gerrit Viljoen as Afrikaner-denker ‘n boek met die titel: “Ideaal en Werklikheid, (rekenskap van ‘n Afrikaner).” In die boek argumenteer hy hoe die ekonomiese en ander werklikhede van Suid-Afrika al hoe verder wegbeweeg van die ideale en drome van die Nasionale Party. (Hy maak dan voorstelle hoe die NP se ideale en Suid-Afrika se werklikhede nader aan mekaar kan kom.)”

Mulder het na enkele van die harde werklikhede van Suid-Afrika vir die ANC verwys en gesê die president beklemtoon hoe belangrik dit is om meer werkgeleenthede in Suid-Afrika te skep, maar in dieselfde asem kondig hy aan dat daar nuwe arbeidswetgewing kom wat sonder twyfel werkskepping gaan demp.

Mynbou bring meer as 30% van die land se uitvoer-inkomste in, maar dieselfde asem verwar Zuma buitelandse beleggers as hy Malema-taal gebruik oor die minerale rykdom wat aan alle Suid-Afrikaners behoort met die staat as voog (the mineral wealth of our country that belongs to all South African, with the State as the custodian.)

Mulder sê voorts in Zuma se toespraak beklemtoon die president dat korrupsie en die wanbesteding van belasting nie geduld gaan word nie. Die VF Plus sê hoor-hoor vir die spesiale eenheid wat wanadministrasie ondersoek en reeds R44 miljoen teruggekry het van staatsamptenare wat onwettige huissubsidies ontvang het. Maar dan moet mense in die koerante lees dat R100 miljoen wanbestee is op ‘n jeugfees.

Hierdie uitsprake en aksies stuur botsende boodskappe aan kiesers, aan die privaatsektor, aan die landbougemeenskap en moontlike beleggers.

Die Nasionale Party het van 1914 af met kongresse en debatte sy beleid gevorm. So was die nasionalisering van myne en die vasvat van die Oppenheimers gewilde NP-beleidstandpunte voor die party regeer het. Die harde werklikhede van Suid-Afrika het gemaak dat baie van hierdie beleidstandpunte na 1948, toe die NP begin regeer het, aangepas moes word.

Vandag sit die ANC met dieselfde dilemma. By Polokwane en ander ANC-kongresse word allerlei populistiese besluite deur ANC-lede geneem. Besluite wat gegrond is op die propaganda waarop ANC-lede oor jare geskool is. Omdat baie van hierdie besluite nie die Suid-Afrikaanse werklikhede in ag neem nie, kan dit nie prakties uitgevoer word nie.

Wat dit nog moeiliker maak, is dat die ANC uit baie faksies bestaan. Die ANC-leierskap moet sy wye ideologiese kerk bymekaar probeer hou. Dit lei daartoe dat elke faksie in die openbaar probeer voorgee dat hul beleid nie net die amptelike ANC-beleid is nie, maar ook dat dit president Zuma se ondersteuning geniet. Van hier die botsende boodskappe.

Mulder sê gewone partylede moet nie met populêre propaganda op ‘n politieke hongerdieet gesit word nie.

как сделать из лего домлобановский харьков класс

Roodt vra vir referendum ná Zuma-uitspraak oor ‘Afrikanertuiste’

“Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners is so deel van die geskiedenis en politiek in Suid-Afrika soos biltong en beskuit of koeksisters en rooibostee.” Só sê dr. Dan Roodt van PRAAG in sy reaksie op pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende stelling dat “die Afrikaner ‘n sielkundige tuiste waar hy veilig is” nodig het.

Roodt, wat so pas terug is van die VSA waar hy plaasmoorde onder die aandag van Amerikaanse senatore gebring het, asook die CPAC-konferensie van 75 konserwatiewe organisasies in Washington D.C. bygewoon het, het waardering vir die ANC-leier se begrip vir Afrikaner-eiesoortigheid en behoefte aan selfbeskikking. “As iemand wat nog voor Zuma ANC-leier geword het reeds met hom gesprek oor Afrikanerkwessies gevoer het, moet ek egter sê dat die president hier sommige van sy vorige uitsprake weerspreek. In September verlede jaar het hy byvoorbeeld gesê dat ‘Orania oor interessante idees beskik’ met die duidelike implikasie dat territoriale selfbeskikking vir die Afrikaner nie uitgesluit kan word nie. Ook tydens die banket in die presidentswoning te Pretoria met Afrikanerleiers en -figure is die kwessie van ‘n eie grondgebied geopper en het hy dit as ‘moeilik, maar nie onhaalbaar nie’ beskryf.”

Roodt het die gedagte dat daar ‘n verskeidenheid Afrikaneridentiteite bestaan, soos dié van Boer en Afrikaner, verwerp. “Slegs ‘n baie klein sektariese groepie tref so ‘n onderskeid tussen ‘Boer’ en ‘Afrikaner’. Paul Kruger het homself as ‘n Afrikaner beskryf, al was hy president van die grootste Boererepubliek. Feit is dat die Afrikaner reeds vir meer as 200 jaar vryheid in ‘n eie republiek nastreef. Dit is waaroor die Groot Trek en die twee vryheidsoorloë gegaan het, asook Republiekwording in 1961.”

Net soos Suid-Soedan aandring op afstigting van Noord-Soedan en soos wat Kosowo sy onafhanklikheid verklaar het, ondersteun die meerderheid Afrikaners vandag selfbeskikking. Volgens Roodt, “is Suid-Afrika twee keer so groot soos Frankryk, die grootste land in Wes-Europa en het die platteland onlangs ontvolk. Groot dele van die land kan sonder veel probleme as Afrikanergebied afgebaken word en Afrikaners kan finansieel bydra tot die billike hervestiging van oorblywende vreemdes. Ons ervaring oor die afgelope twintig jaar of so het getoon dat die Nuwe Suid-Afrika in wese ‘n Afro-Saksiese en Engelstalige land is waarin Afrikaners hoegenaamd nie tuisvoel nie. Boonop word ons welwillendheid met die uiterste geweld, gruweldade en oproepe tot volksmoord op ons deur figure soos Peter Mokaba en Julius Malema begroet.”

Roodt het pres. Jacob Zuma uitgedaag om ‘n referendum toe te staan waarin Afrikaners vir of teen selfbeskikking kan stem. “Indien Suid-Afrika ernstig is oor demokrasie, móét Afrikaners se gevoel oor ‘n eie grondgebied tydens ‘n referendum getoets word, soos in Suid-Soedan. Grondhervorming maak reeds onderhandeling oor grond gebiedend noodsaaklik. ‘n Eie grondgebied vir Afrikaners kan tesame met die oorhandiging van plase aan swart boere onderhandel word. Grond kan so uitgeruil word en daarmee waarskynlike konflik en verval soos in Zimbabwe vermy word,” het dr. Roodt gesê.

как правильно проходить полиграфФильчаков прокурор отзывы

Zuma: Afrikaners kan vergeet van ‘n ‘aparte tuiste’

Pres. Jacob Zuma het Woensdag in ‘n onderhoud met Beeld, gesê die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind. Zuma se Zoeloe-geboortedorp heet Nkandla.

Só ‘n tuiste is nie ‘n staatkundige grondgebied nie, maar ‘n sielkundige tuiste.

Hy het gesê alhoewel hy begrip het vir sommige Afrikaners se behoefte aan ‘n eie tuiste, hy nie ‘n Orania voorsien nie.

Dit was sy eerste onderhoud met ‘n Afrikaanse koerant sedert hy staatshoof geword het.

Lees verder.

невероятный человек пауктопкарго развод

Boere het eersdaags geen seggenskap oor hul grond

Boere sal eersdaags geen seggenskap oor hul eie plase meer hê nie, sê Vrystaat Landbou (VL).

Wysigings wat aan die einde van ver­lede jaar in die Staatskoerant afgekondig is, hou uiters nadelige gevolge vir boere in, en die regering wil met die nuwe wet eenvoudig grondbesetting wettig, sê hulle.

Daar is glo geen kennisgewings uitgedeel om boere bewus te maak van die openbare verhore nie.

‘n Openbare sitting oor voorgestelde wysigings is nietemin Saterdag deur die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en landelike ontwikkeling in die Protea-hotel in Bloemfontein gehou.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van VL, sê twee van die kwessies is die voorgestelde wysiging dat plaaswerkers kommersieel op die plaaseienaar se plaas mag boer en dat plaaswerkers beeste sonder die plaaseienaar se toestemming mag aanhou.

Die wysigings word op die departement van landelike ontwikkeling se webwerf, www. ruraldevelopment.gov.za, uiteengesit: “Die departement wil met die wysigings die probleem van plaasuitsettings aanpak, asook die onregverdighede wat teenoor die arm plaasgemeenskappe plaasvind, herstel.”

Volgens die VL is die voorstelle heeltemal ongrondwetlik.

Vermeulen sê die organisasie sal ten sterkste beswaar teen die wysigings aanteken.

Die sluitingsdatum vir kommrntaar is 24 Februarie by: LandTenureSecurityBill@ruraldevelopment.gov.za.коляски для кукол беби борнФильчаков прокурор отзывы

VF+ kan uitkoms in Pretoria bepaal

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria gaan oor ‘n wye spektrum gesprekke begin voer rakende ‘n moontlike regerende koalisie in die metroraad na die 2011-munisipale verkiesing.

Die party het met die VF Plus se leier in Pretoria, mnr. Philip van Staden aan die stuur, “skadu-raadslede” in alle wyke in die Tshwane-metroraadsgebied aangewys.

Die VF Plus in Pretoria gaan tydens die verkiesing fokus op gebiede waar daar ‘n beduidende teenwoordigheid van die Afrikanergemeenskap is, maar die party gaan ook sy vlerke sprei om alle kiesers wat die party se kernwaardes steun te verwelkom. Hierdie kernwaardes sluit in groepsregte, Christen-demokratiese waardes, maksimale afwenteling van mag en die bemagtiging van plaaslike gemeenskappe (ten einde meer sê te hê oor die aanwending van hulle belastinggeld).

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid en ondervoorsitter van die party se Groter Pretoria-streek, bestaan daar ‘n beduidende kans dat die ANC in die Tshwane-metroraad minder as 50% in die verkiesing sal behaal.

Dit sal die VF Plus in staat stel om die magsbalans te vorm en om te help om die stad se munisipale regering saam te stel, byvoorbeeld ‘n breë koalisie van opposisiepartye. “Indien die VF Plus die magsbalans vorm sal ons koalisievennote kies wat ons kiesers se belange die beste sal dien. Ons sal so ‘n koalisieregering ‘n billike kans gee om sy mandaat uit te voer, maar as hy dit nie doen nie sal ons dit tot ‘n val bring en ‘n nuwe stadsregering help aanwys,” het Beyers gesê.

Volgens Beyers sal die VF Plus slegs deel van ‘n koalisie vorm wat bereid is om die party se kernwaardes te akkommodeer.

Die party het verder gesê dat ‘n stem vir die VF Plus ‘n wyse kan wees waarop kiesers werklike protes teen die status quo in die metroraad kan aandui. Al wat ‘n stem vir ander partye sal beteken is “meer van dieselfde”.

полиграф в судеФільчаков прокурор

DA probeer VF Plus by registrasiepunt weghou

Verteenwoordigers van die Vryheidsfront Plus het die afgelope Saterdag, 5 Februarie 2011, byna nie hul petisie teen die nuwe tolhekke in Gauteng by Louw Geldenhuys laerskool in Linden, Johannesburg, kon loods nie nadat ‘n verteenwoordiger van die DA gepoog het om VF Plus-lede te belet om handtekeninge in te samel.

Dié bekende laerskool was een van die OVK se registrasiepunte waar die VF Plus die enigste opposisieparty was wat kamp opgeslaan het om voornemende kiesers in te lig oor die buitensporige tariewe wat Gauteng eersdaags op vervoer in die provinsie gaan hef.

By die VF Plus-lede se aankoms het mnr Jan Henning, DA-lid, dadelik kapsie gemaak en gesê die VF Plus-verteenwoordigers moet weg. Nadat Henning verseker is dat die hooftoesighoudende beampte van die OVK asook die provinsie se toesighoudende OVK- beampte reeds genader was en hulle toestemming verleen het, was dit duidelik dat die DA-lid nie tevrede gestel is nie.

Mnr Henning het die VF Plus-lede aanhou dreig met stappe omdat hulle volgens hom glo “onregmatig” opgetree het. Die VF Plus kon nie vasstel wat die aard van die sogenaamde onregmatigheid behels het nie, aangesien hulle heeltemal binne die wetlike vereistes opgetree het.

Hy het daarna verteenwoordigers by die OVK geskakel op sy selfoon (ene “Tom”) in die teenwoordigheid van algar, asook “dringende” oproepe gemaak na “Wyk 99” se raadslid Don Forbes. Henning het sy gespreksgenote ingelig dat hy graag die verleentheid vir die VF Plus wil laat “eskaleer”, soos hy dit in sy eie woorde gestel het.

Mnr Henning het die ANC-verteenwoordiger ter plaatse ook ingelig oor die VF Plus se “onregmatige” optrede en die VF Plus verseker dat die DA en ANC die “beste vriende” is en dat die VF Plus terstond gehoor sal moet gee aan sy versoeke om te verkas.

Dié intimidasie is voortgesit met die koms van raadslid Don Forbes wat allerlei “reëls” voorgehou het as rede hoekom die VF Plus moet kamp afslaan. Hy kon, soos Henning, egter nie aandui wat presies die “oorteding” behels nie, behalwe dat die VF Plus moet weg.

Die VF Plus-verteenwoordigers het vriendelik dog ferm geweier om te buig voor dié skaamtelose intimidasie van die DA in samewerking met die ANC en mnr Henning versoek om sy uiters beledigende toon teenoor VF Plus-lede te staak. Hy het neerhalend aan een van die VF Plus-lede gesê sy het “‘n gladde bek” vanweë die beroep wat sy beklee.

Nóg ‘n DA-lid, mnr Henri Duncan, wat teenwoordig was, het die VF Plus om verskoning gevra vir die laakbare optrede van Henning en gesê dit is ‘n verleentheid vir sy party dat oud-NP Afrikaners hulleself só binne die DA gedra. Hy het as vriendskaplike gebaar die VF Plus-petisie onderteken.

Mnr Forbes het ook daarna ‘n hand van vriendskap uitgereik, alhoewel hy nie om verskoning gevra het vir Henning se optrede nie.

Die VF Plus het binne ‘n paar uur Saterdag meer as ‘n honderd name ingesamel.

online casino ukданильченко юрій броніславович компромат

Bejaarde aangeval by Hertzogville

Die wit gemeenskap van Hertzogville is geskud nadat ‘n bejaarde van 92 in haar huis op ‘n plaas in die distrik deur ses swart jeugdiges aangeval is.

Kitty Vorster, wat mbv ‘n loopraam oor die weg kom, is erg gekneus na die aanval en ly aan skok. Sy is Woensdagaand omstreeks 8-uur oorrompeel deur die swartes.

Vorster is intussen deur ‘n plaaslike dokter behandel. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die plaasaanval nie.

Vorster bly alleen in haar huis op die plaas Ruspan, sowat 20 km buite die dorp.

Lees verder.

best 10 online gamesлобановский депутат

Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie lê

Indien die Universiteit van die Vrystaat gemeen het die besluit om van Deo (God) in sy leuse ontslae te raak gaan sonder slag of stoot aanvaar word, het hy dit mis. Pas het die FAK ook gevra dat oor die stap herbesin word, en daarop gewys dat die oënskynlike klein verandering die wese van die universiteit raak. Die FAK is oortuig die stap is nie behoorlik deurdink nie en dat nie behoorlik daaroor gekonsulteer is nie.

Volledige verklaring van die FAK:

Oproep tot Herbesinning

Die Leuse van die Universiteit van die Vrystaat

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) doen hiermee ‘n beroep op die raad van die Universiteit van die Vrystaat om weer eens te besin oor sy besluit om die leuse van die Universiteit vanaf In Deo Sapientiae Lux na In Veritate Sapientiae Lux te verander.

Die FAK is daarvan oortuig dat die gevolge van sodanige verandering wesenliker is as wat deur die Universiteit van die Vrystaat te kenne gegee word. Volgens die FAK gaan dit hier nie bloot oor die verwydering van ‘n sogenaamde leë woord (God) sonder dat die wese van die UV daardeur geraak word nie. Die oënskynlike klein verandering raak die wese van die UV.

Die FAK is ook daarvan oortuig dat die gevolge van die verandering nie behoorlik deurdink en ook nie voldoende binne die konteks van ‘n oop gesprek ter sprake gebring is nie. Daarom word daar ook hieronder ‘n oproep tot herbesinning gedoen.

Ter motivering van sy oproep wil die FAK hiermee enkele wesenlike vrae aan dié ou en gewaardeerde akademiese instelling rig. Dit is vrae wat na die wete van die FAK nog nie in enige betekenisvolle openbare gesprek geopper is nie. As burgerlike instelling wat ‘n hoë premie op die kwaliteit van die openbare gesprek plaas, is die FAK daarvan oortuig dat daar eers ‘n oop gesprek oor so ‘n belangrike saak gevoer moet word alvorens enige finale besluite daaroor geneem kan word.

1. Die universiteitswese vandag

Ter wille daarvan om so ‘n gesprek te voer, word hieronder eers op ‘n bondige wyse na die universitêre konteks verwys van waaruit die vrae aan die raad van die Universiteit van die Vrystaat gerig word. Ons verwys na die feit dat daar vandag botsende opvattinge oor die universiteitswese bestaan. Die FAK is daarvan oortuig dat die kwessie van die leuse nie behoorlik hanteer kan word indien hierdie konteks nie by voorbaat deeglik onder oë gekry word nie. Alhoewel dié konteks na ons mening ‘n belangrike rol in die agtergrond van die raad se besluit gespeel het, is dit nie op ‘n grondige wyse in die openbare lewe ter sprake gebring nie.

Die universiteitswese word vandag deur ten minste twee uiteenlopende definisies oor die aard van die universiteit gekenmerk. Die twee definisies hou verband met die verskil tussen dié universiteite wat hulself as universele instellings beskou (die sogenaamde globale universiteit vir alles en almal), teenoor daardie universiteite wat hulself situeer binne en rig op partikuliere tradisies (die sogenaamde gemeenskapsuniversiteite).

Alhoewel hierdie twee soorte universiteite mekaar nie noodwendig uitsluit nie (en die twee definisies dikwels op een kampus aanwesig kan wees), was die Universiteit van die Vrystaat in die verlede ‘n tipiese gemeenskapsuniversiteit. Die besluit van die raad om die leuse te verander, staan in die teken van ‘n verandering met betrekking tot laasgenoemde definisie. Sonder dat dit so aan die publiek verduidelik is, het die UV met dié stap besluit om homself voortaan nie meer as ‘n gemeenskapsuniversiteit nie, maar as ‘n tipiese globale universiteit te verstaan.

Alvorens enkele pertinente vrae aan die raad van die UV gestel word, moet eers kortliks by enkele eienskappe van elkeen van bogenoemde universiteite stil gestaan word.

1.1. Die globale universiteit

Eerstens, universiteite wat globale universiteite is, stel hulleself idee-gewys as neutraal voor. Voorkeure ten gunste van hierdie of daardie godsdienstige oortuiging, kultuur- of taalgemeenskap is daarvolgens nie iets wat op die kampusse van universiteite tuishoort nie. Dit is eerder dinge wat in die private wêreld van die individuele student gekultiveer moet word.

Die streng onderskeid wat hierdie universiteite tussen die ‘neutrale universiteit’ en ‘oortuiging’ huldig kan egter nie gehandhaaf word nie. In der waarheid word alle universiteite (ook die globale universiteit) deur ‘n duidelike visie op die werklikheid gekenmerk. Dit blyk veral uit die tweede punt.

Tweedens, die globale universiteit gaan uit van die ideologiese voorkeur wat hy aan die sogenaamde vryswewende, ongebonde of post-tradisionele individu heg. Hiervolgens is dinge soos godsdienstige tradisies, kulture en taalgemeenskappe oorblyfsels uit die verlede wat vanweë hulle argaïese en selfs gewelddadig aard agterweë gelaat moet word.

Laasgenoemde negatiewe oordeel is ‘n grondmotief in die verandering van die leuse van die Universiteit van die Vrystaat. Alhoewel dit nie in uitdruklike terme verwoord word nie, word in die semantiese spel met die ou leuse die indruk gelaat asof “God” eintlik met die argaïese gebruike en gewoontes van die pre-individualistiese verlede saamval. En dat dit daarom ook in naam van ‘n nuwe era van ‘ontwikkeling’, ‘progressiwiteit’ en ‘universele toeganklikheid’ agterweë gelaat moet word.

Derdens, die globale universiteit is – vanweë die verlies aan ‘n substantiewe opvatting oor die oogmerke van die universiteit – daartoe geneig om die aard en wese van die universiteit hoofsaaklik aan die maatstawwe van die besigheidswêreld te meet. Die beroep wat hulle daarom ook dikwels op begrippe soos ‘voortreflikheid’, ‘transformasie’ en ‘universele toeganklikheid’ doen, is meestal kodes vanuit die bemarkingswêreld (vergelyk die belangrikheid wat die UV aan branding in sy motivering heg) waaragter ekonomiese motiewe skuiling soek. In die agtergrond van hierdie begrippe lê gewoonlik dinge soos die kwessies van vraag en aanbod (die vraag van die studente, alias ‘kliënte’, en die aanbod, alias ‘produsente’). Die aansprake van tradisies moet voor die gewig van hierdie ekonomiese kragte wyk.

1.2. Die gemeenskapsuniversiteit

Eerstens, die gemeenskapsuniversiteit word gekenmerk deur dié benadering in gevolge waarvan universiteite hulself rig op wat deur ‘n veelheid van partikuliere godsdienstige, kulturele en taal-gemeenskappe as die ‘hoogste goed’ (God, die ware, die goeie, die skone, ensovoorts) beskou word.

Ingevolge hierdie uitgangspunt verstaan die gemeenskapsuniversiteite hulself nie as ‘neutrale’ instellings nie, maar as instellings wat deur die voorkeur vir ‘n spesifieke opvatting van die ‘hoogste goed’ beskou word. Hulle navorsing en dosering speel altyd in die lig hiervan af.

Tweedens, ‘n gemeenskapsuniversiteit ontken nie die belangrikheid van die individu nie. Inteendeel, ‘n hoë premie word aan die denkende, skeppende en ondernemende individu geheg. Gemeenskaplike tradisies word egter as die moontlikheidsvoorwaarde vir die skeppende individu ervaar. Dit blyk onder meer uit die hoë profiel wat sodanige universiteite met betrekking tot dinge soos navorsing en dosering handhaaf.

Derdens, die gemeenskapsuniversiteit ontken nie die noodsaak van goeie ekonomiese bestuur aan universiteite nie. Maar anders as die globale universiteit is die ekonomiese slegs een te midde van ander maatstawwe aan die hand waarvan die sukses van ‘n universiteit gemeet word. Die ‘goeie lewe’ soos moontlik gemaak deur die strewe na die hoogste goed is vir sodanige universiteite ‘n belangriker maatstaf.

Die FAK sluit by die idee van die gemeenskapsuniversiteit aan. Daarom staan hy ook die onverdraagsame gedagte teen wat die afgelope jare in die universitêre wêreld as norm uitgeroep is, naamlik dat universiteite in Suid-Afrika hulleself nie op partikuliere gemeenskappe mag rig nie.

Vanuit sy verbintenis tot die gemeenskapsuniversiteit rig die FAK enkele wesenlike vrae aan die raad van die Universiteit van die Vrystaat.

2. Vrae aan die Universiteit van die Vrystaat

2.1. Die Universiteit van die Vrystaat was in die verlede ‘n tipiese gemeenskapsuniversiteit. Met die besluit om die leuse te verander, neem die Universiteit van die Vrystaat belangrike stappe in die herdefiniëring van homself as ‘n globale universiteit.

Dit blyk uiteraard uit die feit dat die Universiteit homself voortaan nie meer op God as die hoogste goed vanuit die tradisie rig nie, maar dat hyself eerder as neutraal ten opsigte daarvan wil ervaar. As die UV hoegenaamd nog ‘n plek vir die idee van die hoogste goed bied, moet dit by monde van sy woordvoerders tot die wêreld van die private individu afgewentel word. In die private wêreld is studente vry om hulself daartoe te verbind, maar die UV as instelling is voortaan nie meer tot die hoogste goed in die tradisionele sin van die woord verbind nie.

Hierdie feit spreek duidelik uit die openbare uitlatings van prof. Jonathan Jansen, die rektor van die UV. In sy verduideliking van die leuse-besluit in Rapport van 16 Januarie 2011 voer Jansen aan dat dinge soos diepste (godsdienstige) oortuiginge nie op die universiteit tuishoort nie en dat dit liefs in die private wêreld van die gelowige individu gekultiveer moet word. “Christus” hoort volgens Jansen tot die wêreld van die private moraliteit (die wêreld van innerlike gesindheid, goeie bedoelinge, ensovoorts), maar Hy mag nie as rigtinggewend vir ‘n openbare instelling soos die Universiteit van die Vrystaat verstaan word nie.

Prof. Jansen se standpunt steun oënskynlik op ‘n strakke onderskeid tussen ‘universiteit’ en ‘oortuiging’. ‘Oënskynlik’, omdat Jansen self nie hierdie onderskeid enduit handhaaf nie. In dieselfde artikel verbind hy homself daarom ook tot oortuiginge soos inklusiwiteit, sosiale relevansie, ensovoorts! Die gevolg is dat Jansen maatstawwe op andere van toepassing maak wat hy nie op homself van toepassing maak nie. In naam van volledige inklusiwiteit hou hy vir homself die reg voor om nie erkenning te gee aan diegene wat ‘n ander opvatting van die universiteit as hy huldig nie.

Die FAK verneem graag van die raad of die Universiteit van die Vrystaat homself inderdaad voortaan – en in radikale spanning met sy ganse geskiedenis – tot die neutrale opvatting van die universiteitswese verbind.

Tegelyk wil die FAK van die raad weet of hy homself deeglik verantwoord het oor die probleem van institusionele skynheiligheid waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is en wat verband hou met die feit dat die UV homself nou vir alle praktiese doeleindes in die posisie bevind waar hy in naam van openheid en toeganklikheid juis teen diegene diskrimineer wat die gemeenskapsopvatting van die UV wil kontinueer.

2.2. In noue aansluiting by bogenoemde spreek die FAK sy kommer uit oor die feit dat sy besluit om God uit die leuse te verwyder ‘n ernstige implikasie het vir dié tradisies wat binne die ruimte van die Universiteit nog altyd ‘n hoogste premie op dié naam geplaas het.

Word die diepste oortuiginge van hierdie tradisies nou institusioneel die swye opgelê? En verteenwoordig dit nie ten diepste ‘n growwe vorm van institusionele diskriminasie nie?

2.3. Die FAK spreek ook sy kommer uit oor die feit dat die Universiteit van die Vrystaat homself klaarblyklik sonder enige diepgaande motivering tot die idee van die sogenaamde vryswewende individu verbind het, dit wil sê tot dié mens wat hom- of haarself van alle moontlike partikuliere gemeenskappe losgemaak het.

Die FAK is daarvan oortuig dat die Universiteit slegs ‘n sinvolle universitêre ruimte kan wees indien hy homself tot die veelheid van partikuliere tradisies, kulture en gemeenskappe binne die ruimte van die Universiteit self verbind. Om homself tot iets soos ‘n abstrakte en lewelose idee van mens-wees te verbind, beteken om – in weerwil van die beroep wat prof. Jansen telkens op die noodsaak van relevansie maak – die voorwaardes vir sy eie gebrek aan sin vir die spesifieke historiese konteks neer te lê.

2.4. Die FAK wil in hierdie verband die woord “veelheid” soos wat dit hierbo gebruik is, beklemtoon. Die FAK aanvaar dat die Universiteit van die Vrystaat nie slegs een gemeenskap nie, maar eerder ‘n veelheid van gemeenskappe dien.

Anders as wat die UV egter voorgee, is die veelheid van gemeenskappe nie ‘n argument teen die handhawing van die UV as ‘n gemeenskapsuniversiteit nie. Inteendeel, die erkenning van die veelheid kan juis beteken dat die UV as gemeenskapsuniversiteit tot sy reg kom.

Daarby is die FAK daarvan oortuig dat die stelling deur die Universiteit dat God verwyder moet word om die veelheid ter wille te wees, teen die grein van die veelheid van tradisionele gemeenskappe wat aan die UV studeer gaan.

2.5. In aansluiting hierby wil die FAK weet op grond van watter gesag die Universiteit van die Vrystaat so ‘n belangrike besluit kon geneem het. Die ou leuse van die UV bestaan nie maar net van gister nie, maar is reeds vanaf sy eerste oomblikke ‘n rigtingwyser. Juis daarom het dit ook ‘n gesag wat respek en bewondering afdwing.

Alhoewel die FAK aanvaar dat dinge waaraan ‘n tradisionele gesag geheg word kan verander, aanvaar die FAK tegelyk dat die onus van verantwoording by diegene rus wat die verandering wil aanbring. Solank as wat daar nie behoorlike argumente ten gunste van so ‘n verandering aangevoer word nie, moet die gesag van die tradisie as redelik beskou word.

Dit is egter vir die FAK duidelik dat die Universiteit van die Vrystaat, buiten ‘n beroep op goeie bemarking en politiek korrekte verwysings na ‘openheid’ en ‘universele toeganklikheid’, tot dusver in gebreke gebly het om op ‘n grondige wyse argumente ten gunste van sodanige verandering aan te voer. Daarom aanvaar die FAK ook dat die gesag van die tradisie steeds gehandhaaf moet word.

Die FAK doen op grond van die vrae wat hierbo geopper is ‘n beroep op die raad van die Universiteit van die Vrystaat om opnuut oor sy besluit te besin. Die FAK is daarvan oortuig dat die gesprek rondom die leuse heropen moet word. Slegs ‘n oop en demokratiese proses kan uiteindelik tot ‘n verantwoorde besluit oor so ‘n wesenlike kwessie lei.

Prof Danie Goosen

FAK

the game of thrones videoлобановский александр игоревич класс

Ernstige waterkrisis in Brits

Donderdagaand, 26 Jan 2011, het die tekort aan water in Brits reeds begin. Vrydag was daar vir ‘n kort rukkie water. En Saterdag weer, geen water!

Die nagmerrie word al groter vir die inwoners van Brits.

Toue en toue mense staan by winkels wat water verkoop. Teen Sondagoggend 10h00 was verskeie winkels reeds leeg getap. Die dorp wemel van mense wat met bottles, kruiwaens, en bakkies rondbeweeg op soek na drink- en badwater. Gemoedere by die toue het teen 13h00 hoog geloop. Van die inwoners dreig met protesaksies.

Oor ‘n radiostasie (Bosveld Stereo 107.5) bied mense skoon water aan.

Die hospitaal ontslaan mense want daar is geen water nie. Restaurante kan sekere geregte nie maak nie, agv die tekort.

Verkeie redes word deur die owerhede aangevoer vir hierdie krisis. Een van hulle is bv. ‘n kabel wat gesteel is. Die Brits Belastingbetalers, BBTF, betwyfel egter hierdie rede, en vermoed dat swak bestuur en tekort aan koolstof en filters in die suiweringsaanleg eerder die redes is.

Die BBTF vra dus mense om petisies te teken vir ons databasis. Sodra die basis gevestig is, sal daar met aksies begin kan word.

Intussen moet mense voortgaan om dispute teenoor Madibeng se munisipaliteit aan te teken, en nie afgesit word met verklarings soos:” Madibeng is reeds onder administrasie, en ‘n dispuut sal nie help nie”.

Die blatante laksheid, pure onkunde asook korrupsie is die hoofoorsake van die stadsraad se moeilikheid

интернет магазины игрушек харьковФильчаков Александр Васильевич

Malema moet VSA-skietery in ag neem

Mnr. Julius Malema toon duidelik geen begrip vir die Suid-Afrikaanse samelewing se ingewikkeldhede en sensitiwiteite met sy voortgesette geveg om sekere vryheidsliedere te mag sing nie.

Malema het gister (26/1/2011) ‘n beroep gedoen op alle ANC-veterane en aktiviste “om hulle stem dik te maak teen pogings om vryheidsliedere te verbied”.

Die Vryheidsfront Plus en ander organisasies se besware is nie teen die sing van vryheidsliedere soos Malema dit verkeerdelik probeer voorstel nie. Dit gaan oor die sing van frases, soos “Skiet die Boer (‘Ibhunu’)” wat in die lied “Ayesab’ amagwala” voorkom.

Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op alle redelike Suid-Afrikaners om onbevrees hulle afkeer van sulke frases wat groot spanning veroorsaak, te toon.

In die huidige tyd (2011), waar weekliks boere doodgemaak word en geweld en moord deel van die samelewing geword het, is frases soos “Skiet die Boer” totaal onaanvaarbaar. In die lig van die haatspraak-artikels in die grondwet behoort sulke frases deur die howe verbied te word.

In die verlede het die VF Plus daarin geslaag dat die frase “Kill the Boer” van Peter Mokaba as haatspraak geklassifiseer is. Ons sal voortgaan tot die “Ibhunu”-frase ook verbied is.

Laat ons ‘n les leer uit die onlangse gebeure in die VSA waar ‘n individu kongreslid Gabrielle Griffords geskiet het omdat hy die woedende woordestryd tussen die Republikeine en Demokrate letterlik opgeneem het. Waarom word net aanvaar dat die “Skiet die Boere” frase nie letterlik opgeneem word deur ‘n nuwe geslag jongmense wat nie deel van die ANC se “struggle” was nie en daarna gebore is?

влагоотделитель на компрессорФильчаков прокуратура харьков

Maas ontken dat daar volksmoord plaasvind

Deon Maas het ‘n bedekte aanval teen Afrikaners wat wil optree teen die voortslepende volksmoord geloods tydens ‘n onderhoud met die Daily Maverick.

Hy het die dagblad Beeld daarvan beskuldig dat hulle polarisasie aanwakker deur die lot van slegs wit slagoffers te belig. Hy het gesê die dood van swartes traak die koerant nie.

“Om die voorblad van Beeld te haal, moet jy dood en wit wees,” het hy gesê en bygevoeg “As jy dood en swart is, sal jy dit nie maak nie.”

Maas sê hy glo dat hierdie verskynsel te wyte is aan apartheid-denke en dat die media polarisasie wil skep.

Dit veroorsaak dat Beeld-lesers glo daar is ‘n volksmoord op witmense aan die gang, het hy gesê.

Maas het in die onderhoud met  Maverick gesê by die swart radiostasie MetroFM is daar weer geen poging om wit luisteraars te lok nie.

 

 

 

школа яхтингатопкарго кидалы