praag.co.za

Boere het eersdaags geen seggenskap oor hul grond

Written by

in

Boere sal eersdaags geen seggenskap oor hul eie plase meer hê nie, sê Vrystaat Landbou (VL).

Wysigings wat aan die einde van ver­lede jaar in die Staatskoerant afgekondig is, hou uiters nadelige gevolge vir boere in, en die regering wil met die nuwe wet eenvoudig grondbesetting wettig, sê hulle.

Daar is glo geen kennisgewings uitgedeel om boere bewus te maak van die openbare verhore nie.

‘n Openbare sitting oor voorgestelde wysigings is nietemin Saterdag deur die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en landelike ontwikkeling in die Protea-hotel in Bloemfontein gehou.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van VL, sê twee van die kwessies is die voorgestelde wysiging dat plaaswerkers kommersieel op die plaaseienaar se plaas mag boer en dat plaaswerkers beeste sonder die plaaseienaar se toestemming mag aanhou.

Die wysigings word op die departement van landelike ontwikkeling se webwerf, www. ruraldevelopment.gov.za, uiteengesit: “Die departement wil met die wysigings die probleem van plaasuitsettings aanpak, asook die onregverdighede wat teenoor die arm plaasgemeenskappe plaasvind, herstel.”

Volgens die VL is die voorstelle heeltemal ongrondwetlik.

Vermeulen sê die organisasie sal ten sterkste beswaar teen die wysigings aanteken.

Die sluitingsdatum vir kommrntaar is 24 Februarie by: LandTenureSecurityBill@ruraldevelopment.gov.za.коляски для кукол беби борнФильчаков прокурор отзывы

Comments

Leave a Reply