praag.co.za

Bono, die boerehater, se musiek kan maar asblik toe

Written by

in

Daardie bemoeisieke, selfaangestelde Ierse heilige wie se formidabele intellek (al dan nie) hom genoop het om homself na ‘n hondekos-maak te vernoem, Bono, meen dat dit aanvaarbaar is om onder sekere omstandighede Kill the Boer te sing. Einstein Bono meen dat dit van die konteks afhang waarbinne dit gesing word.

Wel, ja, nes dit ook kwansuis aanvaarbaar was om in Rwanda oor die radio te verkondig dat dit, gegewe die destydse omstandighede en konteks in die Groot Mere-streek, aanvaarbaar sou wees om die “kokkerotte” wat nie aan dieselfde stam as die luisteraars behoort het nie, uit te wis. Kennelik strek Bono se intellek nie veel verder as om te wonder waar sy volgende Ecstasy-dosis vandaan gaan kom nie, en natuurlik sou hy nie die sprong kan maak om homself in die Boere se skoene te plaas nie, maar ek wonder hoe sou Bono dit hanteer as ‘n Engelsman vandag in Dublin opstaan en liedjies ter ere van Oliver Cromwell sing? Cromwell het Ierland in 1649 binnegeval en wild en wakker volksmoord teen die Iere gepleeg, baie soos die Boere en boere vandag ook deur ander volke uitgemoor word. Sou Bono ook die sogenaamde konteks raaksien as die denkbeeldige Engelsman sou sing: “Kill the Paddy, eradicate the Mick”, maar dan later aanspraak maak daarop dat die liedjie in die korrekte historiese konteks gesien moet word?

Ek was helaas by die 1998-konsert van hierdie einste U2 in Johannesburg, wat ‘n vermorsing van tyd en geld was, besef ek vandag. Nie net sukkel Bono om die noot te hou tydens lewendige vertonings nie, en het hulle die einde van die konsert uit ‘n musikale oogpunt totaal opgeneuk nie, maar het sy prekerige en uiters irriterende politieke korrektheid my selfs tydens daardie konsert wild verveel.

Dit is nietemin snaaks hoe Bonobo (askies, Bono) se beginsels en politieke oortuigings net tot op ‘n punt strek. Net die punte van sy tone steek uit, so diep is hy in die ANC se gatte opgekruip, maar dit keer hom nie om gewetenloos geld te maak uit die ANC se gehate Boere nie. Bykans helfte van U2 se gehoor vanaand (ek skryf hier op ‘n Sondagmiddag), gaan stellig uit daardie einste Boere, wat die teiken van die Kill the Boer-liedjie is, se afstammelinge bestaan. Bono stem enersyds saam dat dit aanvaarbaar is om te sing dat hierdie mense uitgewis moet word, maar skroom andersyds nie in die minste om homself te verryk met die buitensporige koste van kaartjies wat die einste Boere moet betaal om na sy twaalfderangse gekerm in die mikrofoon te moet luister nie.

Wys jou maar net weer hoe uiters skynheilig die dom en demoniese linkse soos hierdie onwelkome Paddy is.

to promoteФильчаков прокурор отзывы

Comments

Leave a Reply