praag.co.za

Malema moet VSA-skietery in ag neem

Written by

in

Mnr. Julius Malema toon duidelik geen begrip vir die Suid-Afrikaanse samelewing se ingewikkeldhede en sensitiwiteite met sy voortgesette geveg om sekere vryheidsliedere te mag sing nie.

Malema het gister (26/1/2011) ‘n beroep gedoen op alle ANC-veterane en aktiviste “om hulle stem dik te maak teen pogings om vryheidsliedere te verbied”.

Die Vryheidsfront Plus en ander organisasies se besware is nie teen die sing van vryheidsliedere soos Malema dit verkeerdelik probeer voorstel nie. Dit gaan oor die sing van frases, soos “Skiet die Boer (‘Ibhunu’)” wat in die lied “Ayesab’ amagwala” voorkom.

Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op alle redelike Suid-Afrikaners om onbevrees hulle afkeer van sulke frases wat groot spanning veroorsaak, te toon.

In die huidige tyd (2011), waar weekliks boere doodgemaak word en geweld en moord deel van die samelewing geword het, is frases soos “Skiet die Boer” totaal onaanvaarbaar. In die lig van die haatspraak-artikels in die grondwet behoort sulke frases deur die howe verbied te word.

In die verlede het die VF Plus daarin geslaag dat die frase “Kill the Boer” van Peter Mokaba as haatspraak geklassifiseer is. Ons sal voortgaan tot die “Ibhunu”-frase ook verbied is.

Laat ons ‘n les leer uit die onlangse gebeure in die VSA waar ‘n individu kongreslid Gabrielle Griffords geskiet het omdat hy die woedende woordestryd tussen die Republikeine en Demokrate letterlik opgeneem het. Waarom word net aanvaar dat die “Skiet die Boere” frase nie letterlik opgeneem word deur ‘n nuwe geslag jongmense wat nie deel van die ANC se “struggle” was nie en daarna gebore is?

влагоотделитель на компрессорФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply