Die nagmerrie word al groter vir die inwoners van Brits.
Toue en toue mense staan by winkels wat water verkoop. Teen Sondagoggend 10h00 was verskeie winkels reeds leeg getap. Die dorp wemel van mense wat met bottles, kruiwaens, en bakkies rondbeweeg op soek na drink- en badwater. Gemoedere by die toue het teen 13h00 hoog geloop. Van die inwoners dreig met protesaksies.
Oor ‘n radiostasie (Bosveld Stereo 107.5) bied mense skoon water aan.
Die hospitaal ontslaan mense want daar is geen water nie. Restaurante kan sekere geregte nie maak nie, agv die tekort.
Verkeie redes word deur die owerhede aangevoer vir hierdie krisis. Een van hulle is bv. ‘n kabel wat gesteel is. Die Brits Belastingbetalers, BBTF, betwyfel egter hierdie rede, en vermoed dat swak bestuur en tekort aan koolstof en filters in die suiweringsaanleg eerder die redes is.
Die BBTF vra dus mense om petisies te teken vir ons databasis. Sodra die basis gevestig is, sal daar met aksies begin kan word.
Intussen moet mense voortgaan om dispute teenoor Madibeng se munisipaliteit aan te teken, en nie afgesit word met verklarings soos:” Madibeng is reeds onder administrasie, en ‘n dispuut sal nie help nie”.
Die blatante laksheid, pure onkunde asook korrupsie is die hoofoorsake van die stadsraad se moeilikheid
