Politieke risiko is terug met mening nadat die eerste kosrevolusies van ons Malthusiaanse era dié twee lande geskud het. Albei was blootgestel aan die swak greep van ‘n outoritêre regime en die VSA se evangelie van demokrasie, ‘n nuttige instrument om die arm man te dien.
As jy dus belangstel in ontluikende markte op hierdie stadium, vermy lande met ‘n versnellende gaping tussen ryk en arm.
‘n Tunisiese vrugteverkoper wat homself aan die brand gesteek het ses weke gelede, het ook sodoende die lont aangesteek vir die onrus in Egipte wat dreig om die politieke orde van die Magreb, Jemen, en Sirië ook in puin te laat.
Die oproer in die kulturele en politieke hoofstad van die Arabiese wêreld, Kaïro, kan vinnig onheilspellend raak vir arm, digbevolkte dele van die planeet.
En dit is niks soos die val van die Berlynse Muur nie. Die uiteindelike triomf van die sekulêre demokrasie was skaars te betwyfel in Sentraal-Europa.
Voedselskaarste, daarenteen, ondersteun egter dié groepe wat in die leksikon as “voorhoede” Leninistiese partye bekendstaan.
In Egipte beteken dit die Moslem-broederskap, met die Nobelpryswenner Mohammed El Baradei as marionet. Die Broederskap is natuurlik allesbehalwe demokraties op die Westerse manier. Soos die Turkse premier Erdogan een keer laat glip het, is demokrasie ‘n trem “wat jy ry tot jy by jou bestemming kom, en dan kan jy uitklim.”
Dit neem nie ‘n koorsige verbeelding om te raai wat die Broederskap se opgang kan beteken vir Israel nie, laat staan vir strategiese stabiliteit in die Midde-Ooste. Asië het net so veel om te verloor as dinge verkeerd loop as die Weste. China se energie-intensiteit per eenheid van die BBP is dubbel VSA-vlakke, en drie keer dié van die Verenigde Koninkryk.
Die toename in internasionale voedselpryse is nie die onderliggende oorsaak van die Arabiese opstand nie, in elk geval nie meer as slegte oeste in 1788 die oorsaak van die Franse Rewolusie was nie.
Tog is dit die sneller. Kwesbare regerings is besig om voorrade van graan op te gaar terwyl hulle kan. Algerië het 800.000 ton koring verlede week aangekoop, en Indonesië het 800.000 ton rys, albei baie meer as hulle normale tempo van dié aankope. Saoedi-Arabië, Libië, en Bangladesj probeer ook ekstra graanvoorrade te bekom.
Die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie (FAO) het gesê sy wêreldwye voedsel-indeks staan op die hoogste ooit. Hulle het regeringspaniek afgeraai om te verhoed dat “die situasie vererger”.
Die onmiddellike oorsaak van hierdie kosskaarste was die ergste droogte in Rusland en die Swart See-streek in 130 jaar en duur reeds lank genoeg om skade aan winterplante sowel as die someroes aan te rig. Dit is vererger deur laat reëns in Kanada, Nina-onderbrekings in Argentinië, en ‘n reeks van oppervlakte afgraderings in die VSA. Die wêreld se voorraad-om-te-gebruik-verhouding vir mielies is byna op ‘n 30-jaar laagtepunt van 12.8, volgens Rabobank.
Die diepere oorsake is ook bekend: ‘n jaarlikse styging in die globale bevolking, die “uitputting” van die Groen Rewolusie as die winste in oesopbrengste vervaag, en om die Wêreldbank aan te haal: “Dieetverskuiwings in Asië” soos die opkomende middelklas oorskakel na ‘n diere-proteïen dieet, wat 3-5 kilo’s graanvoer vir elke kilo vleis geproduseer insluk, asook die biobrandstofaanplantings wat ‘n derde van die Amerikaanse koringoes in ethanol vir motors omskakel.
Voeg die verlies van landbougrond in Asië se stedelike uitbreiding in, en die uitputting van die nie-hernubare waterbronne vir die besproeiing van Noord-China se vlaktes, en die geopolitiek van wêreldwye voedselvoorsiening begin na ‘n terminale kwaal te lyk.
Kan die wêreld met massahongersnood voortgaan soos altyd? Dalk, maar dis baie gevra. Gebiede van die voormalige Sowjet-Unie kan dalk benut word, Brasilië of Afrika. Laasgenoemde kan dmv toegang tot lenings en titelaktes ‘n werklike groot sprong vorentoe neem.
Die beleggings wat nodig is sal egter nie gou genoeg inskop om ‘n dreigende verskuiwing tussen die stedelike armes se aansprake op grond en die huidige grondeienaars te vermy nie. In Suid-Afrika is die politieke wil om voedselprodusente te beskerm, vir alle doeleindes byna afwesig danksy dekades se verdagmakery.
Ons is op ‘n dunner marge van voedselsekuriteit, soos Noord-Afrika nou ontdek, en China maar al te goed begryp. Landboukundiges in Europa en Amerika glimlag reeds breed…
