Doodsdreigemente teen GPF in Valhalla

Die CDP is bekommerd dat die arrestasie van mnr. Johan van der Schyff van die Valhalla Gemeenskapspolisiëringsforum en dreigemente om ander lede van die forum te arresteer besig is om in ‘n heksejag te ontaard, aldus mnr. Richard Botha, raadslid van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in die Tshwane Metroraad.

“Die afgelope Sondagaand het ‘n voorval plaasgevind waartydens verskeie werklose skollies ‘n maker in die oproepsentrum van die GPF in Valhalla ingedra het. Hulle het beweer dat hy deur lede van die plaaslike GPF aangerand is. Die persoon aan diens het dadelik die polisie en ‘n ambulans ontbied, maar aangesien die skollies ook oproerig en dreigend was, het hy GPF-lede wat op patrollie was, per radio ontbied. Mnr. Johan van der Schyff het dadelik gereageer, maar met sy aankoms by die oproepsentraum het die skollies hom dadelik as die persoon uitgewys wat hul makker sou aangerand het. Hulle het ook met hul selfoon ‘n foto van hom en sy voertuig geneem.

“Die beseerde is ondertussen na die Kalofong-hospitaal geneem, met ernstige beserings soos ‘n versplinterde been, gebreekte vingers en ‘n diep sny. Hy is daar oorlede. Mediese personeel het na bewering aangedui dat die beserings strook met ‘n tref- en trapvoorval.

“Op sterkte van die skollies se bewerings, het die polisie na Van der Schyff se huis gegaan, en hom gearresteer al was daar geen prima facie getuienis nie. Hulle het ook nie die voertuig geneem om DNA of ander forensiese toetse op te doen nie. Gegrond op die polisieverslag is Van der Schyff borgtog geweier toe hy in die hof verskyn het.

“Die polisie het sedertdien 12 lede van die GPF gebel en aangesê om polisiestasie toe te kom om verklarings af te lê. Hulle is na bewering meegedeel dat hulle gearresteer sou word wanneer hulle by die polisiestasie opdaag.

“Op regsadvies het hulle besluit om nie polisiestasie toe te gaan om die verklarings af te lê nie. Die ondersoekbeampte, AO Warren Mgong het hierna elke lid individueel begin bel en meegedeel dat hul versuim om op te daag, neerkom op skuldig wees deur assosiasie aan die aanranding, en dat hulle gearresteer gaan word. Die CDP is bekommerd dat hierdie in ‘n heksejag ontwikkel en dat sekere stappe gedoen word voor die oorsaak van sterfte nog bepaal is. Die CDP is van plan om die saak met die Openbare Beskermer op te neem.”

slot games with bonusлобановский александр игоревич харьков

Hoop vir Wendyhuisbewoners

Hoop het vir Wendyhuise inwoners van die Wesmoot opgevlam nadat vyf regters in die Appélhof oor ‘n soortgelyke saak waarin die Johannesburg-metroraad betrokke is, in die guns van die inwoners beslis het.

 

Die Streekleier van die Vryheidsfront Plus in Pretoria, mnr Philip van Staden, het op die uitspraak vroeër die week in die Appélhof gereageer deur te sê dat die Tshwane-metroraad hiervan kennis moet neem en die saak eerder teen Magda Stroebel moet laat vaar. Die Appélhof het beslis dat die Johannesburg-metroraad se besluit om inwoners op straat te laat sit onbuigsaam en irrasioneel is. Van Staden het die Tshwane-metroraad gewaarsku dat die saak teen die Wesmoot Wendyhuise inwoners dieselfde pad kan loop aangesien die grondwet dit baie duidelik stel dat die metroraad verplig is om aan hierdie inwoners alternatiewe behuising te verskaf. Van Staden het ook gesê dat die Tshwane-metroraad veronderstel is om ‘n noodbehuisingsplan in werking te hê om huislose inwoners te kan akkommodeer.

Van Staden het gewaarsku dat die dae dat die metroraad op arm inwoners getrap het, verby is en dat daar eerder gekyk moet word hoe om inwoners te help as om hulle hof toe te sleep en kosbare belastinggeld te vermors.

Die Wendyhuise-saak van die Wesmoot kom weer voor op 7 Junie 2011.

поверхностный вихревойФільчаков прокурор

Doodsklok vir Afrikaans by UNISA

Die VF Plus het met skok verneem dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 in slegs Engels aan te bied.  Na wat verneem word gaan hierdie aangeleentheid tydens ‘n vergadering van die taalkomitee van die Senaat op 4 April 2011 bespreek word.  UNISA se taalbeleid maak tans voorsiening vir Afrikaans en Engels as onderrigmedium.

“Indien die betrokke departement daarmee slaag om Afrikaans as onderrigmedium uit sy departement te verwyder, baan dit die weg vir totale verwydering van Afrikaans aan UNISA.  Dit is onaanvaarbaar dat daar teen Afrikaanse studente gediskrimineer word.  Hierdie studente onderneem hul kursusse weens bepaalde redes deur korrespondensie-onderrig aan UNISA en het geen alternatiewe universiteit nie,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die VF Plus sal dringende gesprekke met UNISA se bestuur rakende hierdie kwessie belê en sal nie skroom om die minister vir Hoër Onderwys te nader vir ingryping nie.

Die departement van Hoër Onderwys behoort die staatsfinansieringsmodel van universiteite aan te pas sodat ‘n tekort aan fondse nie tot die afskeep van meertaligheid aan tersiêre instellings lei nie.

“Die Afrikaanse studente aan die Departement van Kommunikasiewetenskappe is ‘n minderheidsgroep en het in gevolge artikel 29(2) van die Grondwet die reg om onderrig in Afrikaans te ontvang aangesien dit redelikerwys doenlik is.  Afrikaans se hoër funksies moet beskerm word.  Daar mag nie toegelaat word dat slegs Engels se status aandag geniet en dit ten koste van die ander amptelike tale van Suid-Afrika nie,” het Wessels gesê.

online pokerлобановский александр харьков

TAS wil Afrikaans by Tuks bevorder

Die VF+TAS het Dinsdagoggend, 15 Maart, ‘n Hoërskool in Pretoria Tuine besoek om met voornemende studente te gesels oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op tersiêre vlak.

Hierdie aksie was baie positief ontvang deur beide personeel en leerlinge. Hulle het gevoel dat sulke inisiatiewe meer gereeld moet plaasvind om aan die jeug die voordele van moedertaalonderrig op tersiêre vlak te laat besef.

VF+TAS het ook gesels oor die stand van Afrikaans as onderrigtaal op Tuks. Me. Nadine Greyling, van Tuks Afrikaanse Studente (TAS), is van mening dat dit van kardinale belang is dat Afrikaans op Tuks nie net behou moet word nie, maar weer uitgebrei moet word na al die kursusse wat aangebied word by UP. Die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit is ook volgens haar van uiterste belang vir die moontlike ontwikkeling van ander amptelike tale as onderrigtale by UP. “Indien Afrikaans as onderrigtaal sou agteruitgaan en afneem staan ons die gevaar dat slegs een taal gebruik sal word as onderrigtaal en dit sal die ontwikkeling van ander tale feitlik onmoontlik maak. Indien Afrikaans behou en uitgebrei kan word sal dit die meertaligheid van die universiteit bevorder en ook die weg baan vir die moontlike ontwikkeling van ander amptelike tale as tersiêre onderrigtale,” het Greyling aangevoer.

“VF+TAS voel Tuks kan homself in ‘n klas van sy eie plaas as universiteit indien hy bereid is om leiding te neem onder die Suid-Afrikaanse universiteite en ‘n Afrikataal, soos byvoorbeeld Sepedi, ook as onderrigtaal kan ontwikkel. Hulle sal egter eers die veiligheid van Afrikaans moet verseker. Afrikaans is tog die oorspronklike taal van die universiteit sedert sy ontstaan. Tuks moet onthou dat dit heel waarskynlik nie die instansie sou wees wat dit vandag is as dit nie vir Afrikaans as onderrigtaal was nie. Hy moet sy oorspronklike taal eer en beskerm – dit is deel van sy trotse geskiedenis,” het Greyling bygevoeg.

интернет магазин летней одежды для девочекФильчаков прокурор отзывы

SASCO benadeel Tuksstudente

Die VF Plus op Tuks is van mening dat die optrede van SASCO in die studente-parlement tot nadeel van studente strek. Die studente-parlement se termyn het reeds in Oktober 2010 begin maar SASCO het nog steeds nie portefeulje komitees vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aangewys nie. Hierdie proses moes reeds verlede jaar afgehandel gewees het.

Hierdie is een van die hooffunksies wat deur die Studentegrondwet aan die parlement opgelê word. Volgens mnr. Helgard Cronje, woordvoerder van die VF Plus op Tuks, is SASCO lede se optrede in die parlement ‘n direkte oorsaak van die probleem. Hulle tekort aan respek vir die Speaker, vergaderingreëls en -prosedures en hulle aaneenlopende geredekawel oor sake waaroor hulle nie voldoende ingelig is nie, lei tot ernstige vertragings.

Hierdie portefeuljekomitees is baie belangrik vir die VSR ten einde sy funksies suksesvol te kan verrig. Sekere portefeuljes soos die “Internal and External Enterprises” portefeulje is veronderstel om uit die aangewese VSR lid en ‘n kommissie van ondersoek te bestaan. Die doel van hierdie portefeulje is om die kospryse van die winkels op kampus, waar dagstudente hoofsaaklik kos koop, te ondersoek. Dit is bekend onder die studente dat sekere produkte buitensporig duur is in vergelyking met ander winkels buite kampus. Na die ondersoek moet die portefeulje aksie neem en voorstelle maak vir goedkoper alternatiewe. Dit kan egter nie gebeur nie want die parlement kon nog nie daarin slaag om ‘n kommissie van ondersoek saam te stel nie. Dit benadeel studente omdat goedkoper alternatiewe hierdeur nie vir hulle beskikbaar is nie. Indien die vertragings voortduur in die studente-parlement, sal hierdie take nie afgehandel kan word voor die verstryking van die huidige VSR se termyn nie.

SASCO is ook volgens mnr Cronjé besig om die ANC se nasionale beleid op studente af te dwing. SASCO maak die absurde eis dat die kampuskoerant, DIE PERDEBY, aan ‘n ombudsman of iets soortgelyk moet rapporteer. “Hoe kan dit tot die voordeel van studente wees as net gesensorde nuus gevoer word?” vra Cronjé.

‘n Lid van SASCO het ook in ‘n sitting verlede jaar ‘n parlementslid gedreig nadat sy nie met hom saamgestem het nie. Hy het vir haar gesê sy “moet haar mond hou” en dat hy na die sitting buite die lokaal “verder met haar sal afreken”. SASCO-lede het ook die Studente-dekaan by verskeie geleenthede in die studente-parlement uitgejou. Dit was uiters laakbare optrede en tekenend van SASCO se destruktiewe disrespek teenoor enige vorm van gesag of struktuur.

SASCO het volgens die VF Plus op Tuks nie die vaagste benul waarvoor hulle eintlik op die studente-parlement is nie. Hulle optrede maak dit duidelik dat hulle nie daar is in die beste belang van die studente nie.

Die VF Plus, of soos beter bekend op Tuks, JOU PA, sê hy sal aanhou baklei vir die studente en altyd hulle belange op die hart dra!

болезнь десен названиелобановский политик

Carel Boshoff is ‘n held

Carel Boshoff is ‘n held. Dit is hy wat woord by daad gevoeg het en vir die Afrikaner ‘n eie stukkie aarde in Afrika uitgekerf het. Hier op Orania het hy ‘n stuk etiek tot die beleid van afsonderlike vryhede toegevoeg. In die dae van sy skoonvader, dr. Hendrik Verwoerd, is die verskillende etniese groeperinge die kans gegun om in die wye Suid-Afrika eie hartlande te ontwikkel. Die kans is van die hand gewys en aanspraak is op die hele Suid-Afrika gemaak.
Te midde van die aanslag van swart imperialisme op die Afrikaner-identiteit bewys Carel Boshoff dat die beleid moreel regverdig was en voeg hy die daad by die woord om ‘n hartland, ‘n heimat, vir die Afrikaner as’t ware uit niks te skep.

Carel Boshoff se stoflike oorskot gaan in die rooigrond van Orania rus en die ontbinding van sy vlees sal die aarde voed en so ruimte vir ander Afrikaners skep om daarheen te verhuis – om daar ‘n tuiste te maak.

Soet is die stryd vir die stryder – al moet hy alles verloor, maar hy wat sy deelname weier, is ‘n man wat sy nasie vermoor.

Oom Carel, jou meriete lê daarin dat jy voorgeloop het en omring van ‘n ideaal gesterf.

Dr. Christo Landman is voorsitter van die Afrikaner Alliansie

gold wedding necklaceФильчаков прокурор харьков

Orania-stigter sterf

Prof. Carel Boshoff, die stigter van Orania, het Woensdag by sy huis gesterf.

“Ons geliefde prof. Boshoff het vanoggend vreedsaam by sy huis gesterf,” het die Orania-beweging in ‘n verklaring bekend gemaak.

Die SABC het Woensdag berig dat Boshoff (83) kanker gehad het.

купить тамбов стенды развал-схождения hunterДанильченко Юрий Брониславович компромат

praagTV – Piet Leroux oor Afrikaans, Stellenbosch en anargisme

praagTV voer ‘n onderhoud met die voormalige Stellenbosse studenteleier Piet Leroux oor Afrikaans, die politieke bewussyn op die kampus, drankmisbruik, die Afrikaner se toekoms en anargisme as politieke filosofie.

майнкрафт конструкторФильчаков Александр Васильевич

Kondig ‘n noodtoestand af

“Die werklike oorsake van moorde in die Kameeldrift omgewing word-misgekyk,” was die reaksie van mnr. Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng, nadat dit bekend geword het dat die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind is.

“Die regering behoort ‘n noodtoestand af te kondig in ‘n gemeenskap soos Kameeldrift wat oor ‘n tydperk van jare deur ‘n buitengewone aantal inbrake en moorde geteister is,” het Mulder gesê. Dit het tyd geword dat die werklike oorsaak van misdaad en veral geweldsmisdaad aangespreek word. Menslike beweging moet gemonitor word veral omdat dit ‘n gegewe is dat misdadigers kapitaliseer en skuil in gemeenskappe waar werkloosheidsyfers hoog is.

Die polisie se onvermoë om sy misdaad intelligensie in veral landelike gebiede op te skerp, word deels aan bande gelê deur swak opleiding en onvoldoende begrotings, maar grootliks ook deur swak wetgewing.

Ongekontroleerde vestigingspatrone en die regering se verwronge vertolking van menseregte en bewegingsvryheid verlam die vermoë van die polisie om hul werk te doen.

Die Suid Afrikaanse Grondwet waarborg die veiligheid van sy burgers in Artikel 12 (1)(c) en (e) bepaal dat elke persoon die reg het om vry te wees van alle vorme van geweld.

Volgens die Handves van Regte moet die staat die regte van die burgery eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Dit gebeur nie in die Cullinan-Kameeldrift gebied nie.

Die afkondiging van ‘n noodtoestand is ‘n buitengewone maatreël in buitengewone omstandighede.

мед справки купитьФильчаков Александр Васильевич

Boer met mes aangeval

‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand gesê.

“John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans aangeval,” het ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het en het Steyn om hulp gevra.

“Terwyl hy hulle gehelp het, het die verdagtes hom oor die kop geslaan met ‘n klip. Hy het probeer vlug maar die mans het hom sewe keer met ‘n mes in die rug gesteek en een keer in die maag met ‘n gebreekte bottel,” het Tselanyane gesê.

Die verdagtes het met Steyn se Mazda-bakkie van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

купить игрушки украинаФильчаков прокурор отзывы

Ruk op na Randfontein!

Die VF Plus-jeug in Gauteng doen ‘n beroep op die publiek om deel te neem aan ‘n massa protesaksie by die Randfontein se Streekhof op Woensdag, 16 Maart 2011, wanneer twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op mnr. Koos van Rooyen, ‘n boer in die omgewing, in die hof sal verskyn.

Mnr. van Rooyen en sy vrou Marie-Louise is op 3 Maart 2011 by hul plaasopstal deur twee mans aangeval. Mev. Van Rooyen is vasgebind. Mnr. Van Rooyen het in ‘n struweling betrokke geraak met die booswigte waarna hy met sy eie vuurwapen noodlottig gewond is. Die twee verdagtes is kort daarna deur die Randfonteinse polisie vasgetrek.

Volgens Jean Kriek, VF Plus-jeugleier in Gauteng, moet die regering daadwerklike aksie neem om plaasmoorde hok te slaan. “Boere is ons land se lewensbloed – sonder hulle sal Suid-Afrika se landboubedryf en ekonomie ten gronde gaan. Die Malema-generasie moet besef dat boere nie net werk skep nie, maar ook sorg vir kos op die tafel,” het Kriek gesê.

“Die tyd van praat is verby. Die VF Plus-jeug in Gauteng doen dus ‘n beroep op elkeen wat plaasmoorde en plaasaanvalle as ‘n prioriteit sien om saam met ons op Woensdag 16 Maart 2011 om 10:00 by die Randfontein se Streekhof te vergader om ons afsku met hierdie voorval te bewys,” het Kriek bygevoeg.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияДанильченео

Pas boere mooi op

“Suid-Afrikaanse kommersiële boere behoort deur die regering vertroetel te word en nie onder druk geplaas te word sodat hulle voel hulle word weggejaag nie,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier gesê. Dr. Mulder het die naweek die Outeniekwa-landbouskou op George geopen.

Dr. Mulder het spesifiek gereageer op die Georgiese regering se aanbiedinge om Suid-Afrikaanse kommersiële boere na daardie land te lok. Georgië is die nuutste land wat waardering het vir die Suid-Afrikaanse kommersiële boere se kundigheid en hulle probeer kry om daar te kom boer. Op hierdie tydstip het reeds 22 Afrika-lande soortgelyke uitnodigings gerig om Suid-Afrikaanse boere na hulle lande te lok. Dit gebeur terwyl die ANC met allerlei nuwe wette en maatreëls meer druk op die Suid-Afrikaanse kommersiële boere plaas. Dr. Mulder het spesifiek na die Groenskrif op grond, die nuwe arbeidswette en die nuwe wet op verblyfsekerheid verwys wat ingrypende gevolge vir die landbousektor kan hê.

Lande soos Kenia, Tanzanië en Zimbabwe het as gevolg van kortsigtige politieke besluite hulle kommersiële landbousektor vernietig. As ‘n land eenkeer daardie kundigheid verloor het, is dit baie moeilik om dit weer terug te kry.

Dr. Mulder beskou dit as sy taak om as tolk tussen hierdie kommersiële boere en die regering op te tree.

As hierdie kommersiële boere sekerheid oor hulle grond en toekoms kan kry, sal die regering verbaas wees oor die positiewe rol wat hulle kan speel om opkomende swart boere op te lei en voedselsekerheid in die toekoms vir Suid-Afrika te waarborg.

Die landbousektor het die potensiaal om meer werkgeleenthede te skep as die mynbousektor. As die huidige onsekerhede in die landbousektor nie opgelos word nie, gaan daar meer werkverliese in landbou wees in plaas van die skep van nuwe werkgeleenthede.

люстры хрустальныелобановский александр досье

Alberto Costa, nog een by

Die VF Plus ondersteun die eis wat gisteraand tydens ‘n landbouvereniging se vergadering in Doornbosch gestel is om ‘n referendum te hou sodat Suid-Afrikaners kan aandui of die doodstraf teruggebring moet word of nie. Die vergadering is gereël na die moord op mnr. Alberto Costa, ‘n boer van Stellenbosch.

“Misdadigers is veronderstel om die polisie, die tronke en hulle vonnisse te vrees in plaas daarvan dat die publiek in konstante vrees moet leef. Alhoewel die polisiemag tydens die afgelope paar jaar van 120 000 tot 190 000 lede gegroei het, het misdaad in Suid-Afrika steeds die oorhand omdat daar nie die politieke wil is om dit aan te spreek nie,” het dr. Corné Mulder, provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap gesê.

Ten spyte daarvan dat die ANC die moord op mnr. Costa veroordeel het, verdedig hulle steeds die sing van liedjies, soos “skiet die boere”. “Die sing van hierdie tipe liedjies is onverantwoordelik en skep die klimaat waarbinne hierdie wrede plaasmoorde plaasvind. Woorde het betekenis en gevolge,” het dr. Mulder bygevoeg.

Gedurende die vergadering het die teenwoordiges, meesal boere uit die wynlande Klapmuts, Somerset-Wes en so ver as van Malmesbury, dit duidelik gemaak dat hulle ontnugter en teleurgesteld is in die regering van die Wes-Kaap en die nasionale regering asook die polisie vir hulle onvermoë en bykans onwilligheid om iets te doen aan landelike beveiliging en misdaad in en om Stellenbosch, Cloetesville, Klapmuts, Kayamandi en Pniel.

“Die provinsiale en nasionale regering se oplossing is dat veiligheid elkeen se eie verantwoordelikheid is en daarom moet boere en die publiek hulle self beveilig. Dit is onaanvaarbaar dat die twee verdagtes in mnr. Costa se moord steeds op vrye voet is,” het Mulder gesê.

продвижениеФільчаков прокурор