Genocide Watch: ‘Donker wolke pak saam oor reënboognasie’

Suid-Afrika staan op die vooraand van ‘n volksmoord teen Afrikaners en “voorbereidings daarvoor is onheilspellend”, volgens die internasionale organisasie Genocide Watch. Die organisasie het Suid-Afrika vroeër vandeesmaand van kategorie 5 na kategorie 6 opgegradeer wat die risiko van ‘n volksmoord teen Afrikaners betref. ‘n Kategorie-6-land is een waar ‘n volksmoord voorberei word. Dit is slegs een kategorie minder as nommer 7, ‘n land waar ‘n volskaalse volksmoord reeds plaasvind.

Volgens Genocide Watch sal Suid-Afrika as ‘n “kategorie 6, voorbereiding (tot volksmoord)” beskou word “totdat Julius Malema vanuit sy posisie van toenemende mag verwyder word”.

PRAAG het reeds ‘n klag van aanhitsing tot volksmoord teen Julius Malema by die Internasionale Geregshof in Den Haag gelê.

Die volledige verklaring op die webwerf van Genocide Watch in Engels lui soos volg:

Genocide Watch upgrades South Africa to Stage 6 ‘Preparation’ on Countries at Risk Chart by Genocide Watch

15 September 2011

Genocide Watch placed South Africa at stage 5 (polarization) from 2001 – 2011 because the country’s racial divisions continued, there was a high level of youth unemnployment in the black population, and the country had an appalling crime rate, including one of the world’s worst rape rates against all groups in the country. Genocide Watch has been particularly concerned for over ten years at the hate crimes perpetrated against Boer farmers and other whites – bodies of murder victims disemboweled and disfigured, old women raped in front of their husbands, and other strong evidence of racially targeted crimes. However, we had no evidence that these crimes were being encouraged by the South African government or that they were organized by and organized hate group.

Now we have evidence of organized incitement to violence against white people. It began with the rise of Julius Malema, President of the African National Congress Youth League, who began singing the old anti-Boer song: “Kill the Boer” at rallies of the Youth League, then called for expropriation of white-owned lands while he was in Zimbabwe visiting Robert Mugabe, and has most recently called Botswana’s racially harmonious society “neo-colonial” and has called for the overthrow of Botswana’s government. Malema is a racist Marxist-Leninist. The failure of the leadership of the ANC to discipline and remove him from the Presidency of he ANC Youth League, and his recent reelection to the Presidency of the ANC Youth League (despite his age of 30) have led Genocide Watch to conclude that violence against whites is now being planned and incited by one of the most important leaders of the new South Africa. Malema has considerable support among young black South Africans, and ANC leaders are afraid to discipline and remove him from his position. Genocide Watch will keep South Africa hat Stage 6, Preparation, until Julius Malema is removed from his position of growing power. South Africa has not yet reached actual genocide, which is Stage 7, but the preparations for it are ominous. Xenophobic riots and murders of foreign refugees as well as continuing hate crimes against Boer farmers and other whites have caused dark storm clouds to form over the “rainbow nation”.

лобановский александр компромат

UNPO oorweeg internasionale feitesending

Die internasionale organisasie UNPO is in Brussel, België deur dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gevra om ‘n feitesending na Suid-Afrika te oorweeg.

“Met ‘n feitesending kan die organisasie eerstehands menseregte, korrupsie, plaasmoorde, rasseverhoudinge, die posisie van minderhede en die algemene stand van die demokrasie in Suid-Afrika kom vasstel,” het dr. Mulder verduidelik.

UNPO oorweeg tans die voorstel. Die organisasie het onlangs so ‘n feitesending na Abkhazia onderneem en ‘n verslag oor die probleme wat die gebied ervaar, uitgebring.

Dr. Mulder het die voorstel gedoen tydens die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel waar hy die aanwesiges oor die huidige situasie in Suid-Afrika toegelig het.

“Anders as in die verlede was daar groot begrip vir die probleme in Suid-Afrika en is ek baie simpatiek ontvang. Mnr. Mandela is steeds ‘n onaantasbare internasionale ikoon met die gereelde vraag waarom hy nie iets aan die uitlatings van sy ‘naamgenoot’ Malema doen nie!” volgens dr. Mulder.

“Die ANC se voorneme om teen die Malema ‘Skiet-die-Boer’-haatspraak hofuitspraak te appelleer, stuur ‘n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld in. Hoewel die boodskap ‘n oorvereenvoudiging van die ANC-standpunt en die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die wêreld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,” het dr. Mulder gesê.

Tydens die vergadering is daar onder andere ook verslag gedoen oor die situasie in Abkhazia en Tibet en van die teregstelling van sekere Uyghers in China.

“Die les wat ‘n mens uit so ‘n internasionale byeenkoms leer, is dat as jy reaksie en hulp van die internasionale gemeenskap tydens ‘n krisis verlang, dit te laat is om eers tydens die krisis hulle daaroor te probeer beïnvloed. Daarom moet die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika deurlopend onder die internasionale gemeenskap se aandag gehou word. Te veel buitelanders glo Suid-Afrika verkeer nog in die ‘wittebroodtyd’ van kort na 1994 met mnr. Mandela in beheer en is daarom verward met die Malema-uitsprake,” volgens dr. Mulder.

Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die Wêreldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde was deel van dr. Mulder se toeligting.

UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )

лобановский александр жена

Inligtingswet tas provinsies se wetgewende gesag aan

Die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty het vandag 123 wysigings aan die Konsepwet op die Beskerming van Staatsinligting, in die parlement ter tafel gelê. Die konsepwet is deur die komitee na die Nasionale Vergadering verwys en kan nie na die komitee terugverwys word vir verdere bespreking nie tensy daar voorgestelde wysigings aan die konsepwet is.

Die IVP en die VF Plus is oortuig daarvan dat die debat oor die kontroversiële konsepwet alles behalwe gefinaliseer is en moet voortduur totdat ‘n nasionale konsensus bereik is.

Die IVP het ook die Speaker meegedeel dat die konsepwet buite orde is aangesien dit ook oor provinsiale argiewe handel wat ‘n kwessie is waaroor provinsies eksklusiewe wetgewende gesag het en wat beteken dat die konsepwet verkeerdelik geklassifiseer is en buite die wetgewende bevoegdheid van die parlement val.

Александр Фильчаков Васильевич

UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, België by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika. 

“Die wêreld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As die ANC dreig om grondwethof toe te gaan oor regter Lamont se uitspraak dat “Skiet die boer” nie haatspraak is nie, stuur dit ‘n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld in. Hoewel die boodskap ‘n oorvereenvoudiging van die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die wêreld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,” het dr. Mulder, wat reeds in Europa is, gesê.

“Die wêreld moet op hoogte gehou word van die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel van die internasionalisering van Suid-Afrika se situasie. As daar ‘n krisis in Suid-Afrika sou kom, moet die internasionale wêreld ingelig wees ten einde die nodige besluite te kan neem. Dit is te laat om tydens ‘n krisis eers te begin met ‘n buitelandse inligtingspoging,” volgens Mulder.

Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die Wêreldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde gaan deel van dr. Mulder se bydrae wees.

Dr. Mulder is verlede jaar tot lid van UNPO se dagbestuur verkies. UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )

лобановский депутат

Boer oorleef plaasaanval, 3 dae lank opgesluit

‘n Bejaarde boer, Petrus Schrooder van die plaas Wolwekraal in die Richmond-omgewing, is Saterdag deur twee mans op sy plaas aangeval. Schrooder woon alleen op die plaas.

Hy is egter eers Dinsdagmiddag deur ‘n vriend gekry en dieselfde aand het speurders van De Aar die 68-jarige slagoffer se rewolwer in die bruin woonbuurt Waterdal opgespoor. Die polisie sê hulle verwag om binnekort nog arrestasies in verband met die voorval.

Schrooder het na die aanval besluit om homself in die plaashuis toe te sluit. Die plaas het nie ‘n telefoon nie, en die boer se selfoon is deur die aanvallers gebuit.Hy kon dus nie hulp ontbied nie.

Die beseerde boer se vriend het die polisie Dinsdagmiddag ontbied en hy is daarna behandel vir sy beserings. Sy bakkie is nie gesteel nie omdat die boosdoeners nie die plaashek oopgesluit kon kry nie.

 

Александр Фильчаков прокурор

Afrikanerhaat is die probleem, nie Malema

Terwyl PRAAG die bevinding van regter Lamont verwelkom dat Julius Malema se liedere wel haatspraak verteenwoordig, het die Pro-Afrikaanse Aksiegroep teen enige voortydige vreugde oor die uitspraak gewaarsku. “Suid-Afrika beskik oor ‘n lang tradisie van Afrikanerhaat wat op verskillende maniere manifesteer. Mnr. Malema se uitdagende oproepe tot Afrikanervolksmoord verteenwoordig bloot die simptoom van ‘n dieperliggende siekte binne die Afro-Saksiese identiteit wat daarmee saamval om ‘n sogenaamde ‘Suid-Afrikaner’ te wees,” het die leier van die Afrikanergroep, dr. Dan Roodt, gesê.

PRAAG beskou die sing van anti-Afrikaner- en anti-Boereliedere deur radikale ANC-jeugligalede “as bloot die jongste uitdrukking van ‘n lang tradisie van Afrikanerhaat wat na die vervloë dae van Britse kolonialisme terug te voer is. Die gedagte dat Afrikaners die letsels dra van uitgeworpe te wees vanuit sowel Europa as Afrika, is algemeen en word dikwels in Suid-Afrikaanse Engels uitgedruk. Trouens, mnr. Malema se vertoning van Afrikanerhaat word heimelik geniet deur diegene wat steeds die feit betreur dat Brittanje nie ‘die taak voltooi het’ in 1902 nie en Boerekinders en -vroue toegelaat het om te oorleef, in weerwil van ‘n gruwelike volksmoord wat destyds teen hulle gepleeg is. In ‘n sekere sin is mnr. Malema die produk van die toenemende verengelsing en ver-Afro-Saksering van Suid-Afrika, ‘n proses wat so ywerig deur die vorige ministe van opvoeding, Kader Asmal, voortgestu is. Asmal het insgelyks Afrikaners en Afrikaans verafsku.”

In weerwil van die positiewe uitkoms van die hofsaak, is PRAAG pessimisties oor die toekomstige moontlikhede van etniese saambestaan in Suid-Afrika. Volgens dr. Dan Roodt, “moet hierdie gebeurtenis as ‘n klein oorwinninkie op die pad van Afrikaner-emansipasie van die geweld, onrede, korrupsie en diskriminasie van die sogenaamde ‘nuwe Suid-Afrika’, wat slegs in naam demokraties is, gesien word. Suid-Afrika is ‘n land vol haat wat in die gruweldade van plaasmoorde manifesteer, maar ook in die onderdrukking van Afrikaans en die Afrikaneridentiteit deur die Afro-Saksiese staat.”

PRAAG het ‘n beroep op alle Afrikaners gedoen om deel van die stryd vir ‘n durende vryheid, veiligheid en vrede te word. “Mnr. Malema, soos vele ander, het ons waardigheid en menslikheid vertrap. In die woorde van regter Lamont, het hy ons verontmenslik, wat ‘n stap onderweg na volksmoord verteenwoordig,” het dr. Roodt gesê. “Soos die mense van Kosovo en vele ander wat aan etniese haat en onophoudelike propaganda onderwerp is, sal Afrikaners slegs veilig wees in ‘n land en ‘n republiek van hul eie.”

Roodt het ook teen “die masochistiese neigings van sommige Afrikaners”, soos die skrywer André P. Brink, te velde getrek. Brink het gister op SABC1 verklaar dat “hy aan ‘n volk behoort wat uitsterwing verdien” en dat hy “oor ‘n vreemde lus om gewelddadig te sterf” beskik. Vele Afrikaners ly reeds aan die Stockholm-sindroom, waardeur hulle met hul verdrukkers, hul folteraars en laksmanne identifiseer.

“Ons moet haatspraak en propaganda verwerp, maar ook hierdie tipe veragtelike en skuldbelaaide angs oor ‘n mens se eie identiteit. Brink en ander het die logika van Afrikanerhaat verinnerlik. Julius Malema is makliker om te hanteer en minder skadelik as André P. Brink se uitdrukkings van selfhaat,” het Roodt afgesluit.

Лобановский

Uitspraak in ‘Skiet die boer’-saak verwag

‘n Uitspraak in die ‘Skiet die Boer’-haatspraaksaak teen Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gelewer word.

Op die vraag of ‘n groot groep ondersteuners buite die hof verwag word, het Magdalene Moonsamy, woordvoerder, het Maandagoggend gesê die jeugliga “gaan oor niks kommentaar lewer nie”.

Talle ondersteuners van Malema en nuuskieringe omstanders het die verhoor in April bygewoon.

AfriForum en TLU SA het Malema voor die hof gedaag nadat hy op verskeie geleenthede die woorde “Dubula iBhunu” (“Skiet die Boer”) gesing het.

Dié woorde hou ‘n bedreiging in vir minderheidsgemeenskappe asook die veiligheid van Afrikaners en boere.

депутат лобановский

Mulder kritiseer VSA se landbougesindheid

“Die geskiedenis gaan ‘n harde oordeel vel oor die lande van die Wêreld Handelsorganisasie wat ‘n wag en sien houding inneem oor die belangrike Doha-voorstelle terwyl duisende mense in die landbousektor hulle werk verloor en miljoene honger moet gaan slaap,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou gesê.

Dr. Mulder het as hoof van die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Cairns-groep se 36ste ministeriële vergadering in Saskatoon, Kanada aan die bespreking rakende die Doha-onderhandelinge deelgeneem.

Die Cairns-groep bestaan uit 19 voedseluitvoerlande wat hulle beywer vir billike en vrye internasionale handel van landbouprodukte. Tans is dit veral lande soos die VSA en die Europese Unie wat met groot landbousubsidies die internasionale mark verwring en dit baie moeilik maak vir onder andere Suid-Afrikaanse landbouers om internasionaal op gelyke vlak te kan meeding.

Suid-Afrika is die enigste Afrikaland wat lid van die Cairns-groep is.

“Landbou is steeds een van die sektore in die wêreld wat die meeste verwringing van markte ervaar. Dit moet reggestel word. Daarom is voorstelle van lande soos die VSA dat daar van die Doha-mandaat afgestap moet word, onaanvaarbaar,” het dr. Mulder gesê.

Volgens dr. Mulder ondersteun Suid-Afrika die G20-standpunt dat al die beperkinge wat tans deur lande op die uit- en invoer van voedsel geplaas word, net daartoe lei dat dié mense wat voedsel die nodigste het, die swaarste onder hierdie onbillike reëls ly.

Die vergadering van ministers vind oor twee dae plaas en duur nog tot Vrydag 9 September 2011.

лобановский александр досье

Minister ontken plaasmoorde

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê alle plattelanders word deur misdadigers as sagte teikens beskou, want plase is moeilik bekombaar weens slegte paaie en groot afstande. Plattelandse polisiekantore bedien ‘n uitgestrekte gebied, het hy gesê. 

Die minister het gesê die moordkoers is die laagste sedert die einde van apartheid. In dié tyd het die ANC ‘n veldtog in Natal geloods om Zoeloe-ondersteuners wat nie by die party wou inval nie, by die honderde te vermoor.

Mthethwa het Donderdagoggend tydens ‘n mediakonferendie in Pretoria oor misdaadstatistiek gepraat. Moord is moord en plaasmoorde verskil nie van enige ander moorde nie, het hy gesê.

Mthethwa het gesê die hele platteland is kwesbaar vir misdaad, en wou nie moorde op wit boere uitsonder nie. Die moordsyfer op plase is in die orde van 85 per 100 000 inwoners, wat reeds dui op etniese vervolging.

Genocide Watch, ‘n internasionale organisasie wat volksmoorde ontleed, het reeds aangedui dat ‘n gevorderde stadium van etniese vervolging in Suid-Afrika bereik is.

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Mthethwa ondersteun en gesê veediefstal is die werklike probleem alhoewel dit die afgelope jaar met 8,2% afgeneem het. Die minister het die hoop uitgespreek dat boere nie uit radeloosheid moet ophou om veediefstal aan te meld nie.

Ten spyte van sy weiering om plaasmoorde uit te sonder, het die minister aangedui dat verkragting vir die eerste keer sedert die Wet op Seksuele Oortredings in 2007 in werking gestel is, as ‘n aparte misdryf gelys word.

Nie net is die aantal verkragtings nog te hoog nie, maar daar moet ook seker gemaak word slagoffers die misdaad aanmeld, het Mthethwa gesê. Wêreldwyd is dit ‘n tendens dat verkragtingsslagoffers uit skaamte nie na die polisie gaan nie.

Volgens nie-amptelike statistieke van TLU SA is meer as 2 600 plaasaanvalle die afgelope 20 jaar aangemeld. Volgens Solidariteit is dit nie bekend hoeveel mense daar in sulke aanvalle gesterf het nie.

‘n Nuwe misdaadtendens is waargeneem met die yslike toename van 61% in klein bomaanvalle om OTM’s mee oop te breek om kontant te steel. Die meerderheid van sulke aanvalle vind in Gauteng plaas, veral Johannesburg en Pretoria.

Александр Фильчаков

Minister wil kleinboere help

Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat.

Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal  beskik om werk te skep.

Patel het gesê dat die wetgewing plaaswerkers se salarisse tot “net” oor die R1000 vasgestel het, maar ten minste die helfte van die arbeidsmag word minder as R100 ‘n maand betaal.

Baie van hulle werk is gekoppel aan akkommodasie, en dit maak van hulle ‘n kwesbare sektor, het Patel gesê. Klein grondeienaars kan skaars hul lappies grond bestuur om genoeg te groei vir hulself.

Patel het gesê dat grondhervorming nie langer kan bly stilstaan by die uitdeel van grond nie.

Die landbou-sektor se persentasie van die BBP het van vier persent in 1994 tot sowat twee persent gedaal. Kleiner boere moet hulp met die bemarking, vaardighede, toegang tot finansiering vir toerusting, brandstof en kunsmis ontvang, volgens Patel.

Hy het ‘n beroep op die Food and Allied Workers Union (Fawu) se lede gedoen om hierdie sektor te organiseer om te help met die regering se planne om koöperasies te bou en om meer mense te kry om kommersieel te produseer.

Hy was die spreker by Fawu se nasionale kongres, wat in Braamfontein gehou word.

Олександр Васильович Фільчаков

VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet

Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting in terme van artikel 32 van die grondwet na behore te eerbiedig.

“Die beginsel is juis soveel meer van belang om korrupsie in die regering aan die kaak te stel gegewe die korrupsieplaag wat endemies aan die ANC-regering geword het. Dit blyk egter nou dat die konsepwet aanvaar gaan word sonder om die verweer in te sluit en daarom sal die VF Plus gebruik maak van artikel 80 sodat die Konstitusionele Hof kan besluit of die weglating van die verweer grondwetlik is, al dan nie. Ons glo egter dat die weglating van die verweer te veel mag aan die regering gee om inligting as vertroulik te klassifiseer en sal daarom nie die konstitusionele toets deurstaan nie. Die Konstitusionele Hof sal moontlik ook kan help om die verweer van ‘openbare belang’, wat ook te vinde is in die Mediakode, verder te omskryf sodat dit nie sonder meer misbruik kan word nie. Dis belangrik dat ‘n goeie balans daargestel word tussen wat die publiek mag weet en wat in hulle belang is en wanneer die staat en individue se regte wesenlik aangetas word. Hierin kan die Konstitusionele Hof ‘n groot rol speel,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor kommunikasie gesê.

topcargo отзывы

Afrikanereenheid mag volg ná historiese vergadering

Die vergadering wat Saterdag 3 September deur mnr. Jaap Kelder se NBU en PRAAG gereël is, het ‘n kantonale oplossing vir Suid-Afrika bespreek, maar ook die gedagte van ‘n strategiese toekomsplan vir die Afrikaner. Uiteindelik is twee komitees aangewys om albei prosesse voort te sit.

PRAAG het gesorg dat die vergadering direk op die internet uitgesaai word en ongeveer 55 mense het dit interaktief gevolg, benewens die 80 mense wat die fisieke vergadering in die Centurion- munisipale raadsaal gevolg het. PRAAG sal voortaan gereeld politieke en filosofiese webinare aanbied waaraan mense regoor die wêreld kan deelneem om sodoende ‘n ideologiese en politieke basis aan die Afrikanervryheidstryd te verleen.

Organisasies en politieke partye waarvan verteenwoordigers die vergadering bygewoon het, is: Die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), PRAAG, die Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus, die African Christian Democratic Party en Boerevryheidstigting. Die voorsitter van die Afrikanerfront, mnr. Andries Breytenbach, wat ‘n vorige vergadering bygewoon het, was afwesig.

Hoewel alle Afrikaanse organisasies nie teenwoordig was nie, het die vergadering op ‘n sterk noot van onderlinge samewerking afgesluit. By die volgende geleentheid oor ongeveer ‘n maand, sal daar gepoog word om elke moontlike Afrikaanse organisasie te betrek.

Die momentum na groter Afrikanereenheid wat Saterdag opgebou is, kom reeds vanaf die einde van die negentigerjare toe allerlei samesprekings tussen Afrikanerorganisasies plaasgevind het, onder andere in Mei 2000 te Hammanskraal toe die Groep van 63 gestig is. Vanaf 31 Mei 2003 het PRAAG deur middel van vergaderings in die Ou Raadzaal op Kerkplein verdere stimulus aan die proses verleen. Binne die FAK- en Solidariteitgroepering is die Afrikaanse Burgerlike Netwerk opgerig wat insgelyks gepoog het om Afrikaanse organisasies nouer saam te snoer.

Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op ‘n Afrikanergrondslag uitsluit.

Intussen sal die verteenwoordigers op die strategiese toekomskomitee, waaronder mnr. Pierre Hough, dr. Dan Roodt en mnr. Werner Weber voortgaan om ander organisasies te nader met die oog op globale Afrikanersamewerking. Mnr. Botha Laubscher sal as die sameroeper optree.

Van die sprekers, soos mnr. Christo Kotze en dr. Johann Wingard, het die dringendheid van optrede om Afrikaners in een beweging saam te snoer, beklemtoon. Die vele bedreigings wat daar tans sigbaar en voelbaar is, soos radikale grondhervorming en nasionalisering, maak dit gebiedend noodsaaklik.

‘n Volledige video-opname van die verdadering sal ook binnekort op YouTube beskikbaar wees.

Фільчаков прокурор

Grondvoorstelle plaas druk op voedselsekerheid

“Daar is verbeteringe in die groenskrif op grond wat verwelkom moet word. Deurdat die groenskrif op grond egter steeds ‘n plafon voorstel op die hoeveelheid privaatgrond wat ‘n individu mag besit, skep dit ‘n resep vir voedseltekorte in Suid-Afrika. Ongeveer 15% van Suid-Afrika se kommersiële boere produseer tans 80% van die kos wat gebruik word. Deur grondbeperkings op hierdie groot boere te plaas, gaan die hele landbou-ekonomie verwring sonder om die grondhervormingsprobleme van die regering op te los,” volgens dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dr. Mulder was ‘n spreker by die TLU se jaarlikse kongres in Pretoria.

“In Suid-Afrika het die hoeveelheid grond wat onder landbouproduksie is, met 30% afgeneem van 1994 tot 2009,” volgens dr. Mulder. “Dit plaas baie groter druk op landbouers om steeds genoeg voedsel vir die Suid-Afrikaanse bevolking van 50 miljoen te produseer op minder grond. Grondhervorming, klimaatsverandering en die wisselkoers is van die belangrikste redes wat daartoe gelei het dat hierdie grond nie meer onder produksie is nie. Dit terwyl Suid-Afrika maar 13% grond het wat geskik is vir volhoubare intensiewe boerdery,” het Mulder bygevoeg.

“Suid-Afrika se kommersiële boere het van 60 000 in 1996 afgeneem na minder as 40 000 vandag. Ongeveer 40 miljoen mense van Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen kan nie in hulle eie voedselbehoeftes voorsien nie. Dit beteken dat elke kommersiële boer vir ongeveer 1100 mense kos moet produseer. Suid-Afrika behoort in die lig van hierdie syfers baie meer te doen om te verseker dat die kommersiële landbousektor nie tot niet gaan nie. As ‘n land een keer sy kommersiële landbousektor verloor het, soos in Zimbabwe gebeur het, is dit amper onmoontlik om dit weer op te bou,” het dr. Mulder gesê.

Александр Фильчаков