Klag gel? oor “rassistiese moordenaar”-opmerking

Die burgerregte-organisasie Afriforum het Woensdag 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê teen Solly Phetoe van Cosatu.

Phetoe het na afloop van 'n skietvoorval in Driekant verklaar dat mnr. Jaco Swart, wat 'n rower deur 'n geslote deur doodgeskiet het, 'n "rassistiese moordenaar" is.

Volgens Nantes Kelder van Afriforum is dit onaanvaarbaar vir Phetoe om 'n rassekleur aan die insident te verleen, terwyl dit glad nie die geval is nie.

Kelder het gesê dat Phetoe se uitlatings rassespanning aanstook en dat hy persoonlik verantwoordelik sal wees indien plaasaanvalle of geweld weens sy uitlatings ontstaan.

play go free onlineАлександр Фильчаков прокурор

Besluit oor Reitz-kamers in Junie

Die besluit om die Reitz-kamerwonings op die kampus van die Vrystaatse universiteit te sluit, aldan nie, sal op 6 Junie geneem word, het die waarnemende rector professor Teuns Verschoor gister gesê.

Die besluit sal die voorleggings van persone op wie dit direkte gevolge het in ag neem, asook voorleggings van ander belanghebbendes.

Reitz het vroeër vanjaar 'n storm ontketen toe 'n studentevideo wat deur voormalige inwoners gemaak is, deur die media vertoon is.

Die video het veral die spot gedryf met die universiteit se koshuisintegrasiebeleid en het skoonmaaksters in die koshuis 'n ontgroeningsritueel laat ondergaan.

лубрикатор для пневмоинструмента как пользоватьсяалександр лобановский класс

Anti-misdaadbetoging op Lichtenburg

Sowat 1 000 boere en lede van die gemeenskap het 'n protesoptog deur die strate van Lichtenburg gehou om hulle “ongelukkigheid Imageen frustrasie oor misdaad” uit te spreek.
Die deelnemers het met trekkers, bakkies en hul voertuie ’n roete deur die dorp gery voordat hulle hulle griefskrifte aan die provinsiale regering oorhandig het. Die optog het saamgeval met die tweede hofverskyning van een van die vermeende moordenaars van At en Katrien Deysel  wat op 21 April op hul plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop vermoor is.

Volgens mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus, “voed landbou die volk. Die regering weet dat sektorpolisiëring in landelike gebiede nie werk nie en ‘n vakuum in beveiliging bestaan. Dit is duidelik dat die regering nie gesteur is oor die boeregemeenskap en plaasmoorde nie. Dit wil voorkom asof die regering dink hy het sy plig teenoor plaasmoorde afgehandel met die ontvangs van die verslag oor plaasmoorde in Julie 2003.”

 

permainan dj onlineлобановский александр досье

Weermag wil Boeremag-aangeklaagdes afdank

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wil drie van sy werknemers wat van hoogverraad in die Boeremagsaak beskuldig word, afdank.

Kol. Giel Burger, majoor Jacques Olivier en majoor Pieter van Deventer moes voor die bevoegdheidsraad verskyn weens sogenaamde terreurdade wat hulle gepleeg het.

Al drie mans ontken skuld op die aanklagte van hoogverraad teen hulle. Volgens mnr. Paul Kruger, die aangeklaagdes se regsverteenwoordiger, gaan sy kliënte hul komende ontslag uit die weermag teenstaan en 'n hofbevel daarteen probeer kry.

Een van die redes waarom hulle onstlaan word, is omdat hulle nie veiligheidsklarings het nie. Omdat hulle egter reeds vyf jaar lank met die hofsaak besig is en nie aktief in die weermag aangewend word nie, kon hulle nie veiligheidsklarings verkry nie.

комбинезоны осень для малышаалександр лобановский харьков класс

Schalk Burger se suster is verkragtingslagoffer

Die suster van die Springbokrugbyspeler, Schalk Burger, het haar in 'n verklaring as die slagoffer van die groepsverkragting in Kaapstad geïdentifiseer. René Burger is verlede week in die parkeerterrein van die Tygerberghospitaal deur drie mans oorval, ontvoer en verkrag.

Sy is bygestaan deur mev. Elna Boesak, die vrou van die aktivistiese predikant, dr. Allan Boesak. Burger het in haar verklaring gesê dat sy nie wil toelaat dat iets soos hierdie haar waardigheid en selfwaardering, asook haar vertroue in ander en hoop op die toekoms vernietig nie. Volgens haar bly sy toegewyd tot die land wat sy liefhet en wil sy nie 'n slagoffer wees nie.

люстрыФильчаков Харьков

Pretoria-staking afgelas

Ongeveer 500 Samwu-lede het buite Marabastad byeengekom om die staking deur munisipale werkers in Pretoria te beëindig. Hulle

Image

Marabastad

het ooreengekom om industriële aksie te laat vaar omdat hulle nou tevrede gestel is deur die voorstelle van Pretoria se Metroraad.

Die Raad het gehoor gegee aan hulle griewe om nie meer van arbeidsmakelaars gebruik te maak nie. Werkers het verlede week begin staak om te eis dat die stad sy herstruktureringsproses stopsit en arbeid uitkontrakteer.

Werkers sal eers Maandag weer terugkeer na hul poste.

комплектующие для насосов jemixДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Inwoners eis afslag oor vulliskrisis

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat alle inwoners van Pretoria wat gedwing word om private vullisverwydering te doen vanweë die huidige vullisverwyderingskrisis, hul kostes van die stadsraad moet terugeis. 

Die VF Plus het verder gesê dat die metroraad 'n meganisme in plek moet stel waarvolgens inwoners wat verkies om op 'n permanente basis private vullisverwyderingsdienste te gebruik, vrygestel sal word van daardie kostes op hul munisipale rekeninge.

Pretoria se woonbuurte is in 'n vulliskrisis gedompel vanweë die voortslepende staking deur Samwu, en die ANC se onvermoë om die probleem op te los.

Verskeie inwoners en besighede het die VF Plus se raadslede gekontak en gesê dat hulle hul ekstra koste aan private vullisverwydering van die stadsraad gaan terugeis, en indien die raad dit nie betaal nie, sal sommiges regsaksie oorweeg.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is dit die stadsraad se verantwoordelikheid om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref tydens die staking, maar hulle versuim om dit te doen.  Volgens Beyers is dit verstommend dat die ANC geen gebeurlikheidsplanne gereed het om die krisis te hanteer nie – veral in die lig daarvan dat presies dieselfde krisis verlede jaar plaasgevind het.

"Tans betaal inwoners en besighede dubbeld vir vullisverwydering – privaat asook op munisipale rekeninge – en daar is geen uitkoms vir hulle nie omdat die ANC die inwoners laat betaal, ongeag of die dienste gelewer word of nie.  Dit moet end kry en alle inwoners behoort hulle private vullisverwyderingsrekeninge amptelik van die raad terug te eis", het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat die party inwoners sal bystaan wat hieroor aksie, wat moontlike regsaksie kan insluit, teen die raad wil neem.

бензиновый генератор какой выбратьДанильченео

Hof hoor getuienis oor kindermoord

Image

Danielle

Die moeder van die vermoorde Danielle Esterhuizen het gister in die Randfonteinse streekhof getuig en vertel hoe haar 5-jarige dogtertjie op haar skoot doodgeskiet is. Danielle en haar pa, Diederick, was op 20 Desember 2006 langs 'n dam besig om vis te vang toe beskuldigdes David Nqomane, Tsakane Sithole en Thabang Jane goedsmoeds op die kind losgebrand het.

Die moord het die aandag van die media getrek toe openbare figure soos Steve Hofmeyr, Joost van der Westhuizen en Dan Roodt saam buite die Randfonteinse hof betoog het tydens die borgaansoek van die moordenaars.

Die vader van Danielle het gesê dat hy nooit weer aan 'n visstok sal vat nie omdat hy homself blameer dat sy dogtertjie dié dag net vir 'n halfuur lank by die dam kom kuier het.

сарафан для девочекФільчаков прокурор

Van Zyl Slabbert tot kanselier van Stellenbosch verkies

Image

Van Zyl Slabbert

Dr. Frederik van Zyl Slabbert, die liberale politikus en meningsvormer, is tot die nuwe kanselier van Stellenbosch-universiteit verkies.

Die ander kandidaat vir die pos was mnr. Ton Vosloo, die voorsitter van Naspers.

Die voorsitter van die kieskollege en huidige rektor van die US, prof. Russel Botman, het laat blyk dat daar geen debat gevoer is oor die ras van die kandidate nie. Daar was net een beswaar dat albei blanke mans was.

Die vorige kanselier van Stellenbosch was 'n vrou, prof. Elize Botha, wat op 16 November verlede jaar oorlede is.

hair accessories fortopcargo

VF+ kla oor swak dienslewering in Pretoria

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat drastiese stappe dringend geneem moet word om die Pretoriase stadsraad (tans bekend as Tshwane-metroraad) te dwing om die swak dienslewering by lisensiekantore te verbeter. Die party word oorval deur klagtes van ontstoke inwoners wat dikwels vir meer as sewe ure in toue moet staan en dan teen 15:00 weggewys word omdat die kantore sluit. Veral die lisensiekantore in Centurion en Silverton (Waltloo) se toestande is haglik.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is dit 'n skande dat wetsgehoorsame burgers op hierdie wyse gestraf word omdat hulle die wet nakom.

"Dit is tyd dat inwoners hulle stemme dik maak hieroor. Drastiese stappe, wat regsaksie kan insluit, is nodig om die ANC tot sy sinne te roep hieroor en die VF Plus sal hulle hierin bystaan.  'n Mens staan selfs langer tou by die metroraad se lisensiekantore as wat  Zimbabwiërs moet toustaan om brood te koop", het Beyers gesê.

Volgens die VF Plus behoort geen inwoner langer as 15 minute in 'n ry te staan nie. Om mense te dwing om meer as 7 ure in 'n ry te staan en hulle dan weg te wys, grens aan die kriminele.

Ander klagtes sluit die volgende in:

  • Dikwels is daar slegs een kassiere en slegs een oogtoetsstasie wat beman word.  Hierdie enkeling verlaat dan soms die toonbank vir teetyd terwyl almal wag.
  • Om jou lisensie te kry moet jy 'n dag verlof neem, asook 'n halwe dag verlof om dit te gaan afhaal.  Dit affekteer produktiwiteit.

"'n Swak stadsraad soos hierdie moet deur die kiesers verwerp word.  Daarom is dit moeilik om te verstaan waarom soveel inwoners telkens weer vir die ANC stem in verkiesings.  Dit lyk asof sommige burgers al hoe meer tuis voel hoe slegter dit gaan", het  Beyers bygevoeg.

Aliensалександр лобановский харьков класс