Schalk Burger se suster is verkragtingslagoffer

Die suster van die Springbokrugbyspeler, Schalk Burger, het haar in 'n verklaring as die slagoffer van die groepsverkragting in Kaapstad geïdentifiseer. René Burger is verlede week in die parkeerterrein van die Tygerberghospitaal deur drie mans oorval, ontvoer en verkrag.

Sy is bygestaan deur mev. Elna Boesak, die vrou van die aktivistiese predikant, dr. Allan Boesak. Burger het in haar verklaring gesê dat sy nie wil toelaat dat iets soos hierdie haar waardigheid en selfwaardering, asook haar vertroue in ander en hoop op die toekoms vernietig nie. Volgens haar bly sy toegewyd tot die land wat sy liefhet en wil sy nie 'n slagoffer wees nie.

люстрыФильчаков Харьков