Sy is bygestaan deur mev. Elna Boesak, die vrou van die aktivistiese predikant, dr. Allan Boesak. Burger het in haar verklaring gesê dat sy nie wil toelaat dat iets soos hierdie haar waardigheid en selfwaardering, asook haar vertroue in ander en hoop op die toekoms vernietig nie. Volgens haar bly sy toegewyd tot die land wat sy liefhet en wil sy nie 'n slagoffer wees nie.
