Die deelnemers het met trekkers, bakkies en hul voertuie ’n roete deur die dorp gery voordat hulle hulle griefskrifte aan die provinsiale regering oorhandig het. Die optog het saamgeval met die tweede hofverskyning van een van die vermeende moordenaars van At en Katrien Deysel wat op 21 April op hul plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop vermoor is.
Volgens mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus, “voed landbou die volk. Die regering weet dat sektorpolisiëring in landelike gebiede nie werk nie en ‘n vakuum in beveiliging bestaan. Dit is duidelik dat die regering nie gesteur is oor die boeregemeenskap en plaasmoorde nie. Dit wil voorkom asof die regering dink hy het sy plig teenoor plaasmoorde afgehandel met die ontvangs van die verslag oor plaasmoorde in Julie 2003.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.